n blerrie slim ding, n ysterkop! En dan sal die voor-mense wr n skoot kon sien (marsjeer na links) hoelat n ysterkop stywebeen teen sy ysterrieme langs loop (draai om, marsjeer in stoel se rigting) en vir die wildegoed aan die buitekant beduie (hy kom agter die stoel tot stilstand) Hiers k nou die baas! Lat hier nou n inkelte wilde tweebeen of vierbeen tussen my mak goeters kom neuk, (hy neem dooie-rus met die gooistok oor die stoel se rugleuning) en ek maak vir hom net daar vrek met my lang yster-pyle! (Hy swyg n oomblik, sy elmbo op die rug-leuning gestut.) n Man moet darem wrgtag n dom donnerse houtkop h as jy nie toe kon sien hoelat jou kinders se mre gat lyk nie! (Hy kom stadig regop en gaan hurk by die vuur.) En so, wat die ou voormen-sies op n dag die sand uit hulle ou kinderogies uit vee,sal hulle oopbek sien hoelat hulle soos klein,geel kroeskopmuggietjies sit, tgespin in die ysterspin-kop se silwer rieme! Algar hulle ou, ou lope, iedere watergat en voormensgraf, en iedere jinningnes  t agter die yster. (Hy swyg n oomblik.) Dis agter di tyd wat n man gn niemand meer gehoor praat het oor die binneklop nie. (Hy hou die gooistok horison-taal in albei hande, elmbo op sy knie gestut.) Wonderlike ding, di yster, hy wat nie weet van buig nie.Vaal kom hy in die wreld in,maar soos hy sy lope loop, slaat die rooi vlekke oralster op sy lyf uit,van die bloed van die houtkoppe wat hulle brk teen hom geloop het! (Hy laat sak die gooistok en sug diep.) Nee wat, ons het maar net kom kry wat die yster-koppe vir ons ges het ons sal kry as ons nie vir hulle luister en mak word nie. (Hy staan stadig op.) En daar l ons nou, onse houtkoppies flinters gestamp. Al wat oor is,is n handjie vol geel ou houtpoeiertjies, (hy wys met die gooistok na n denkbeeldige pot op die vuur) doer onder in die ysterpot,soos dooie stuif-meel, wat gn blaar of bymens wil h nie. (Hy draai na die sinkheining toe.) En hoe sou jy nou in my spore gemaak het, h, ou Louistjie? Terug Kalahari
toe,of sal jy ook maar hier in die dorp langs hou,waar dit maar net ou Gauna se paar gangster-hanslammers is wat tussen my en die afvalkossies in julle se yster-sakke staan?
n Kind lag uitbundig.
MANSTEM 4: Maar sal jy nou om godsnaam daai kind van jou stil-maak!
VROUESTEM 4:  Sjuut nou!
VROUESTEM 4:  Asseblief,my kind,voor jou pa jou weer halfdood slaan
vandag!
sawwe ou vleishartjies,ons wat nie eens weet van slaat
aan n kind nie.Hoe sal Eloib dan nou die eerste mense
so sonder yster gemaak het? (Hy loop tot regs langs
die   stoel.  Glimlaggend,   verwonderd.)   Die   eerste
mense! Wat die wit mense in die voortyd by die swart
mense  en  die  Khoikhoinmense  wou  hoor  waar  lat
onse Boesmans se eerste huis was, het hulle maar net
hulle koppe geskud en ges:Ons het hulle maar hier
gekom kry; hulle is mos die eerste mense. (Hy frons.)
Sal dit dan nou ons Boesmans wees wat die ou sinde-
lingman gebeduie het, lat di wat eerste is, sal laaste
wees? Oorlat ons nie yster ken nie? (Hy gaan sit op die
stoel.) Ou meester De Wildt het mos n storie gevertel,
lat die wit mense met die groot koppe wil h lat ons
voormense hier bo uitkom,uit n lap veld wat hulle glo
Egipte roep. Glo oorlat mense wat op ons voormense
lyk in di Egiptemense se prentjies staan  klein man-
mensies met pyl en boog en skuins regop peestertjies,
en klein vroumensies met groot boude en lang oortjies
wat uit die jinningnes uit hang. Sien ek nou hier agter my o ou meester se boek met die prentjies wat die wit mense van die voormense gemaak het. (Hy staan op, draai dwars, sy gesig na die gehoor.) Daar staan die manmense se peesters en die vroumense se jin-ningneste dan hiller in die daglig! (Hy draai om, gesig na die gehoor.) Kaal soos kinders staat hulle daar! Sou die prentjiemaker hulle dan nou met die lang ysterpyle gebeduie het om die toeplekke se velle af te gooi? (Hy draai vorentoe.) Om te wat? En wat vir n prentjie-maker ken van n peester en n jinningnes hiller teken, maar die mense se gesigte di teken hy algar so dof? (Hy gaan sit en haal sy pyp en twaksak uit.) Ou meester se boeke! In die een boek het die ou vir ons n storie gelees van die eerste mense in die wreld wat glo algar soos ons Boesmans vlak bo die sand staan. Soos die Pigmiete, en die Abriedjies, en die Sjinees-mense, hulle wat die vel en die o glo op ons Boes-mans lyk. En wie dan nou anderster? Ja, die Eskies, hulle wat glo iewerster in n lap ysveld hou. Algar klein mensies. Soos die voormense gebeduie het, is dit oor-lat n groot hart nie n groot huis nodig het nie.Dis wat die hart kleiner word lat die lyf uitsit,vir die baklei teen die banggeit! Spul strontstories! Selwers die domste blerrie Boesman met o in sy houtkop in kan mos van-dag sien lat die voormense skoon kak om die vure gesit en praat het! Sien ek nou hier agter my o hoelat die oumense sit stories maak om die vuur oor die yster-koppe. (Hy gaan sit pyp in die hand by die vuur en sit sy gooistok langs die vuur neer. Spottend.) Dis Klein God Gauna se ysterkoppe di,sal hulle s.Hulle wat nie weet om vir hulle hart te luister nie. En hoe minderder hulle luister, hoe bangerder word hulle, en hoe bangerder hulle word, hoe minderder weet hulle van lag en blygeit se dinge.
Skreeuende motorremme word gehoor, gevolg deur n getoet. 
MANSTEM 9:
Kan jy nie kyk waar jy loop nie, ou sukkelgat! Blerrie
ou geriatric!
n Trein wat intrek, word gehoor. n Menigte voetstappe word van links na regs gehoor. 
oorloopkrop? (Hy loop na regs en teken n piramide in die lug.) En die vroumense, di wat soos n stuk yswater lyk wat stadig in die wintersonnetjie van bo af na onder smelt. So of hulle algar hulle ou poephol-letjies styf toegetrek het  soos n twaksak  en nou beur die spul mis en oorskietkos hier na vorentoe, daar waar die vel nog kan rek! (Hy kekkellag. n Nuwe gedagte skiet hom te binne. Vraend.) Sal di sakke en sakke vol kosgoed dan nou beduie lat hulle bang is lat hulle Groot Wit God van mre se kos sal vergeet? (Hy dink n oomblik na, kyk dan na sy maag en trek met sy hand sy maagvel op n plooi.) Sakke vol kosgoed, en kyk hoe skommel my dro bene in my ou le velsak rond! (Hy loop na die gaatjie in die sinkheining.) Hoe kom dit lat die an-der tweebene so baie kosgoeters uit hulle Groot Wit God se hande sal vat, maar gn nooit sal gedagte om n inkelte koutjie in n honger mens se hande te vou nie? (Hy kyk deur die gaatjie.) Hulle sal eerderder die kosse wat nie in hulle keelgate kan af nie, iewer-ster in n ystersak loop gooi.Ystersak  (Hy kyk om na die vullisdrom. Sugtend.) Lat ek tog maar kyk of daar n ou afvalkossie in hierdie ystersak is.
nie, het ek emenier nog gedink jys n vleistweebeen! Toe my ou twee kykers ander dag nog so oor jou lang, dun lyf loop, toe loop di ou ronde vroumens  met so n klein bekkie en sulke dun lippies soos n streepmuis  toe loop sy so fyn agter my verby lat ek my sommer reg gehou het vir n betrekklap. Maar syt skoon deur my gekyk, en jou net een kyk gegee met haar langsmekaarogies, soos n bjaanwyfie. Toet sy die lap s, styf om haar ou twee grote miershoop-boude getrek en haar ou slap kieste tot hier by haar tweede ken opgeblaas, en toe s sy vir die ander muisbekvrou langs haar: Skaam Solly Levin nie vir hom oor di kaal poppe nie? Hoe kan die hotnots en die kaffers nou anders as om vieslike gedagtes in hulle koppe te kry! Ag nee wat, wat te erg is, is te erg! (n Nuwe gedagte verdryf sy glimlag. Fron-send.) Was dit nou die ou ronde vroumens se bjaan-ogies of wat sal my gedagte het lat sy bang was vir iets? (Hy gaan sit n wyle vooroor op die stoel. Sug.) Di ou wit vrou se mooie miershoopboude  Het my so na my oorle vrou Steentjie lat verlang.
Boesmanmusiek en warm, geel beligting.
Is  nou  agter steenbokkie aan, pop. (Hy  draai  sy
stoel in die rigting van die winkelpop.) Wonderlike
mensie, n steenbokkie, pop! Haar hiller hart l mos
haar hele binnekant toe, di lat sy gn niks ken van
skrik of banggeite nie.Wat jy vir haar kyk, is haar lyke
en haar make so hillermooi, lat dit iedere skoot voel
lat n steenbokmens hier agter jou staan en vir jou s
lat jou lyke en jou make ook s moet wees. En sal jy
nou gedagte om haar te skiet,dan stamp hierdie steen-
bokmens hier agter jou aan jou arm lat jy skoon mis
skiet! Dan en wan sal Eloib nou wel enetjie lat dood,
lat hulle darem nouie naand te opmekaar raak nie.
Maar jy kan maar kyk,pop,met al die ander tweebene
se  gevermoordery  van  die  bokmense  saam, sal  man
altoos nog n klompie steenbokspoortjies iewerster kry l. Is sy groot, hiller hart wat hom so skerm!
Boesmanmusiek eindig. Beligting word weer helder by die aanvang van die volgende spreekbeurt.
n Luide, vinnig bewegende sirene word gehoor. 
neer.) Dis Steentjie-liefde wat maak lat n man se hart wil breek as n ander man net skuins na haar kant toe kyk. (Hy haal nog n vel kledingstuk uit, ruik daar-aan, sit dit langs sy regtervoet neer.) Hy maak jou op n ho bergmens met haar wil loop sit om te luister na die wind en vir haar mooi stories te vertel! (Hy sit die sak links langs die stoel en kniel voor die stoel.) Wat jy haar spoortjies in die sand kry l, gaat staan jy op jou knie en dan waai jy so met jou hand oor die ou spoortjie en jy blaas die wind so deur jou tande (hy maak n sisgeluid)  soos ons jagters by n bokmens se warm spoor maak. Maar by die Steentjie-spoor,daar kom dit lat n man sommer ook (hy demonstreer) jou voorkop op die ou spoortjie druk en dan jou wang! (Hy sit op sy hurke terug.) Ag, pop, jy wil vir jou Steentjie-liefde n groot bed van rooi suringblomme-tjies maak (hy staan op) en dan staan jy daar vir haar en kyk met jou hart in al twee jou hande,daar waar sy met toe ogies l slaap! En dans jy bang om jou eige o toe te maak want netnoumaar is sy weg as jy jou o weer oopmaak. Van al die hongertes van n Boesman se hart, pop, is die hongerte vir liefde gee vir een van ons eige soort mense die heel meerderste. En sal dit nou kom lat ons nie vir een van ons eige soort mense kan liefde gee nie,sal ons bly soek en soek en soek vir n ander soort mens  wil dit nou n vierbeenmens of n vlerkmens of n blaarmens wees. (Hy kyk skaam op na die winkelpop.) Of n pop! (Hy glimlag n oomblik verle, sy o neergeslaan, kyk dan vraend na die winkelpop.) En die ander tweebene, pop? Het hulle Groot Wit God hulle dan anders gemaak?
Voetstappe word van links na regs gehoor. Boesmanmusiek en warm, geel beligting doof uit. 
MANSTEM 10:    Nou wanneer trou jy en Petro dan?
