man gebeduie het nie, van die vlerkmense wat nie ge-dagte oor mre se kos nie, oorlat mre se kos die Groot Wit God se besigheid is? (Hy skud sy kop.) My ou houtkop het maar weer nie mooi geverstaan nie, anderster vir hoekom sal die slim ysterkoppe dan nou emenier aan die tel wees oor hoeveel daar nou gister en vandag weg is, en hoeveel daar nou vandag en mre weer gaat terugkom? En altoos tel hulle ver anderkant tien! Soos die skoot wat ek die boerman se skaapmense loop skerm het. Nou vat dit mos nie lank nie,dan ken man mos darem iedereen soos jy jou eige kinners sal ken. Raak daar mos die dag n klompie weg, met die wat my kop op die Kalahari se paadjies loop.Waar sal die boerman nie vir my skoon donker-kwaad raak nie.Oorlat ek net kan s wie van die skaap-mense is weg, maar nie hoeveel nie! (Hy skud sy kop terwyl hy vooroor sit.) Jak, het my ou houtkop maar die geldtaal kon vat,het ek,wie weet,ook nou soos n ysterkop my eige mak diermense en blaarmense op my eige lap veld in die Kalahari gestaan tel 
n Kind lag uitbundig. 
VROUESTEM 4: Bly nou om hemelsnaam stil,my kind! Jy weet wat sal gebeur as jou pa daar opstaan!
Of n meerkatmensie, maar dan moet n man n goeie
spannetjie maters bymekaar wees wat algar weet van
stadig, (hy gaan l op sy maag regs langs die stoel)
baie  stadig  penslangs  loop, oorlat  n  meerkatmens
weet van doplet vir n ander een wat sy vleiskrag wil
h! Maar wat dit nouie dag kom lat jy en die maters
naderder  as  die  meerkatmense  aan  hulle  se  gate  is,
dan vlie jy op die gate af en stop algar met fyn bossie-
mense toe! Maar een gat,di los jy mos nou oop,sien.
Tjirrimtjesis,  foeitog,  dan  moet  jy  nou  sien  hoelat
twee hande vol meerkaters nou by di een gat wil in!
En dan s man maar:Dankie,Eloib,en Dankie,meer-
katmensies,en jy soek n paar groot manne uit en los
die ander vir mre se kos!
Die ligte word weer helder, Boesmanmusiek doof. 
Louistjie. Gister, voorlat  jou  voormense  soos  sprin-
kane oor die veld getrek het en Eloib se koskas kom
flinters breek het! En hulle mak diermense onse veld-
kosse gevermoor het, en onse water in geel strale in
die sand in weggepis het! En voorlat onse diermense
hulle stukkenddood teen jou voormense se ysterrieme
gehol het (hy wys na regs agter) oorlat hulle water
aan die anderkant was! (Hy loop na die stoel toe.) En
nou rekent jy dis beterder lat ek terug Kalahari toe,
waar daar nog wildevleis en veldkos is! (Hy gaan sit
op sy hurke, tel die waterbottel op, beduie daarmee
in die een hand en met die gooistok in die ander.)
S jy, wie se kykers nie soos nou oor die Kalahari se
dro keel geloop het nie. Loop kyk hoe staan die paar
blaarmense  wat  nog  uithou, algar  met  sulke  krom
skouertjies en slap ou nekkies,van die sonman se vuur-
gif. In  iedere  ou  blertsie  skarewee  sit  die  vlerkmen-
sies met oop ou bekkies en holletjies,vir die glo lat n
trek tussen die ou twee gaatjies n koeligheidjie oor
hulle se lyfies sal bring. (Hy staan op.) En onder hulle
op die sand, daar waar hulle in die selfde ou blertsies
skarewee staan hyg, sal jy sien hoelat die maer ribbes-
bene van die diermense soos klein sandduintjies van
binne af teen hulle dro velle druk. (Hy tel sy sak op
en beduie met die sak in die een hand en die water
en gooistok in die ander hand.) En kyk hoe lyk die
paar Boesmans wat nog die aasvols in die lug in kan
hou. (Hy  laat  val  die  sak  langs  die  stoel.)  Opge-
frummel l hulle daar in hulle ou dro grasskermpies,
hulle velle soos afgesuigde tsammaskille. En nie eens
n vingernael bokmensvet om in die droogste plooie
in te l nie! (Hy sak in sy hurke langs die stoel.) En
onse ou mensies, kyk hoe grawe hulle met hulle lam
hande tot by hulle limbo onder die warm bosand vir
n bietjie koel sand om oor die ou pruimtwaklyfies en
die ou rolboskoppies te smeer. (Hy kyk stil voor hom
op die grond en vee met die rugkant van sy hande
oor sy o.Verlate.) Maar waar sal n paar hande sand
nou die sonman se brandpyle kan stop?
Voetstappe word van links na regs gehoor. 
VROUESTEM 5:  Kyk hoe opgekrul is di ou eikebome se blare. Ek het
iewerster gehoor hulle is glo almal aan die vrek van
suurren of iets; wat dit nou ook al mag wees.
MANSTEM 8:      Ja, ek het iewers iets daarvan gehoor. O, ek pes hier-
die verdomde gesoek na Kersgeskenke!
VROUESTEM 5:  Ja, ek stel dit ook elke jaar tot op die laaste uit en dan
is daar net mooi niks in die winkels oor nie!
nie!  Loop  kyk  in  die  Kalahari  as  julle  wil  weet  van
niks in die winkels oor nie! Vra my, ek weet, dis waar
ek twee winters terug nog geloop het, en dis waar ek nou nog sou geloop het as julle poelieste my nie hier in julle tronkding (hy krap hard met die gooistok teen die sinkheining) agter die ystermure kom gooi het nie, oorlat daar gn niks meer kos aan die buite-kant van die wildtuin (hy wys na agter in die teater) se ysterrieme was nie! (Hy loop tot agter die stoel. Driftig.) As die voormense maar die sand uit hulle o en hulle ore uit gehou het, sou hulle hiller hulle kin-ders se mre oor die duine kon gesien staan het! Dan sou hulle kon gesien het hoelat die ander tweebene vir hulle leegtes in die veld in oopskiet met hulle lang ysterpyle, en dan hulle ysterrieme om die leegtes gooi. En dan sou hulle kon gehoor het hoelat hulle s: Nous dit myne!(Hy tel sy sak op.) Maar wat sal die ou voormensies nou ook geweet het van myne, ons wat maar net die ou goetertjies wat ons met ons kan saamdra myne sal roep? (Hy laat val die sak op die grond en beweeg agterom die stoel na regs.) Maar dan sal hulle darem nog n skoot kon gesien het hoe-lat die ander tweebene hope en hope mak vierbene agter hulle ysterrieme inja, en dan hulle name met witwarm ysters in die diermense se velle in skryf! En dan sou hulle weer n skoot kon gehoor het hoelat hulle s:Nous dit myne! Maar die ou voormensies het mos geglo lat wat die water klaar raak, sal die boermense hulle mak goed vat en weer terugloop na hulle lap veld anderkant die groot water. Dom blerrie houtkoppe, waar sal die droog nou n ysterkop onder druk! (Geanimeer.) Nou se nou, dan steek hulle n lang, skerp ysterpeester tot doer onder die sand in die renkoei se uier in. En wat jy weer kyk, dan skiet die water met n boog bo by die ysterpeester uit, en dan skeur hulle die dro roof van Oummie Sand oop met hulle ystertande, (hy na-aap n handploeg met sy gooistok en n dun takkie wat hy langs die vuur optel) en dan maak hulle hope en hope en hope mak veldkosse staan! (Hy eindig agter die vuurmaak-plek en bly gebukkend staan.) Darem n slim ding,
