en vra vir hoekom jou mense afgeslag en hulle velle saam met die ander diermense se velle geverkoop word nie! (Hy vee met die agterkant van sy hand oor sy o.) Of vir hoekom hulle jou mense se koppe afsny (hy wys na die vuur) en in n seeppot kook, en die wit beenkoppe dan langs die ander diermens-koppe op n stuk hout staangemaak word! (Hy staan stadig op, vee weer oor sy o, sug, en tel die water-bottel op.) Altoos n ding oor die kop,di ander twee-bene, en gn niks oor die hart nie! (Hy beweeg na regs. Driftig.) Ag, onse ou strontstorie oor hart wat algar se kaptein moet wees, en kyk hoe lyk ons nou! Ons spore ht al minderder en minderder geword, soos hulle ges het dit sou kom! (Verslae.) Nog net n paar ou skaam spoortjies wat dof in die stukkies oor-skietsandveld wys, soos vliemis in gister se vleisbak. (Met ingehoue emosie.) Skaam oorlat onse houtkop-geite gemaak het lat ons nie onse vroue en kinders kon skerm nie, en onse kos en water van ons af weg-gevat is. (Sy stem breek.) En onse jinning! O, jirre, onse jinning! Skaam oorlat ons nou bakhand by die agterdeur moet staan vir n bietjie niks dro brood. En skaam oorlat algar die ander weet van ons skaam en aldag sre lat ons wt hulle weet!
Een paar voetstappe van links en n ander paar van regs kruis in die middel tydens die volgende gesprek.
MANSTEM 3 (sing): Jesus loves me, this  I know  Gee daar n two bob vir die Krismis, oubie!
MANSTEM 5: Fokkof, dronkgat! Moenie by my kom bedel as jy te lui is om te werk nie!
Die voetstappe word stil.
vee sweet af, kyk vlugtig op na die son en loop na die stoel toe.) Ja, ou sonman, pleks jy die vloekselse geel uit my vel uit brand, nou brand jy die ysterkoppe warm! Voel of jy nou se nou gat oopbars van die moerigheid oor jou ou lyf wat weg is! (Hy gaan sit.) Bly maar vir my n mooi ou storietjie, al sal dit nou ook n kinderstorietjie wees! (Hy vat n slukkie water, trek weer n vies gesig vir die smaak van die water, sit die bottel langs die stoel neer en skuif hom reg.) Doer in die voortyd in het jy, ou sonman, mos nog ewe stywebeen hier rondgeloop oor dit net jy was met n kop wat lig kon maak, en algar die mense hier agter jou moes hou om te kon sien waar hulle loop. En nous jy moerig, oorlat die mense daai een dag so opgeraak het vir jou diknekgeite, lat hulle jou kop afgesny en hoog in die lig in op gegooi het, solat algar kon sien waar hulle loop sonder om in jou ou hol in op te kruip! En nou loop en soek jy nog emenier na jou ou lyf wat hier agtergebly het, dag in en dag uit, van doer by Eloib se huis aan die ooskant, tot daar by Klein God Gauna se lplek aan die wes-kant.Wil jy maar luister wat ons vir jou s, lat jou ou lyf al vergeet al n krap geword het,solat hy onder die water en die nat sand kan wegkruip vir jou ou brand-pyle!
Twee paar voetstappe kom van links na regs verby gestap en kom agter die stegie tot stilstand. 
MANSTEM 6: Het jy gehoor iemand het glo vanoggend n regte wilde Boesman hier in die stad gesien?
MEISIESTEM 2:   Nee!
MANSTEM 6: Oorbel, krale-choker, riempies om die arms en bene, die works! Kan glo nie n woord Afrikaans of Engels praat nie.
MEISIESTEM 2:
Nou wat sal hy hier kom maak, Louis?
MANSTEM 6:
Nee, ek weet nie. Kom spoorsny op die internet?
MEISIESTEM 2 en MANSTEM 6 lag.Voetstappe begin verder stap.
MANSTEM 6: Hy beter vinnig teruggaan Kalahari toe, of waar hy ook al vandaan kom, waar hy nog van wildsvleis en veldkos kan leef!
Voetstappe sterf weg. Stilte. 
my  Boesmangeit  nie, dit  was  die  spul  naelstringgoed
aan  my  lyf!  Dom  blerrie  houtkop!  Die  goed  kon  jou
gedood het, man! (Hy sit die versierings op die stoel
neer. Selfvoldaan.)  So, ja, nou sal n ysterkop nie kan
weet van my Boesmangeit nie! Hulle weet mos net van
aan die buitekant langs kyk. (Sy glimlag verdwyn. Hy
vat aan sy lyf waar die versierings was.Onseker.)Voel
dan nouie soos ek nie  skoon kaal. En wat van die
naelstring?! Sal onse ander familiemense my dan nou
nog ken? (Hy dink n oomblik na. Driftig.) Ag, hulle
ken my so by so al lankal nie meer nie! Wanneer laas
het een van hulle kos in my maag in gesit? En wie van
hulle gaat my teen die ysterkoppe skerm? Nie een nie!
Dis net ek, ek alleen wat moet skerm, en hierdie nael-
stringgoed gaat my so wragtag nie help nie! (Hy tel die
versiersels op en steek dit in sy regterbroeksak.Hy kyk
oor sy skouer na die sinkheining asof iets hom by-
val.) Maar wie s vir jou lat ek nie Afferkaans kan praat
nie, huh  Louis? (Hy gaan sit op die stoel.) Ek was
dan altoos heel voor in die ou sindelingskooltjie met
die Afferkaans saam! Dit was met die Ingels saam wat
my  ou  tong  so  dik  en  dom  geraak  het. (Met  n  bre
glimlag.) Soos ou meester De Wildt die dag vir my ges
het wat die ou rooi in die gesig in gestoei was met my
en die Ingels saam, lat my Ingelspratery nes ons Boes-
mantaal op sy oor kom l het: Soos bekpoep!
Een paar voetstappe gevolg deur n ander paar haastige voetstappe is agter die sinkheining hoorbaar. 
VROUESTEM 3:  Hey you, Sean!
VROUESTEM 3:  Wheres my maintenance, you bastard!
MANSTEM 7:      Money! Money! Money! Thats all you ever want!
VROUESTEM 3:  You pay me today, you rubbish!
Stilte. 
