JEROME:
Op u toekoms, Madame.
BEULAH
(versigtig verleidelik): Voorlopig op vannag. (Hul-
le  neem  elkeen  n  slukkie  wyn.)  Tevrede  met  jou
kontrak, Jerome?
JEROME:
Sjoe! Nommer een uit honderd en drie aspirante.
BEULAH:
En, Danie, jou nuwe naam Jerome?
JEROME:
Klink mooi, Madame.
BEULAH:
Die  bedoeling  was  kontinentaal.  (Pouse.)  Europa
wink vir jou.
JEROME:
Dankie, Madame.
BEULAH:
Eintlik het ek bedoel die detail in jou kontrak.
JEROME:
Tevrede, madame Beulah. Dis n eer. U was w-
reldberoemd.
BEULAH:
En sal weer wees.
JEROME
(lig sy glas): Geluk, madame Beulah.
BEULAH:
Geniet jy die Rolls-Royce?
JEROME:
n Belewenis soos min, Madame.
BEULAH:
Jy lyk chic met jou uniform so agter die stuur.
JEROME:
Dankie, Madame.
BEULAH:
Jou skouers waterpas hier skuins voor my.
JEROME:
Dan is Madame nou tevrede?
BEULAH:
Lieflik. (Lig haar glas.) Daar was net een man op
aarde  onweerstaanbaar  met  sy  een  effense  hang-
skouer. (Pouse.) Gary Grant.
JEROME:
U bedoel nie dalk Hugh Grant nie?
BEULAH:
Asseblief! Ek praat van n era toe filmsterre nog
murg in hul pype gehad het.
JEROME:
Jammer, Madame.
