inkelte: enkele.
jinning: heuning.
klimmeiddruppeltjies:
kleinmeiddruppeltjies,
dogtertjiedruppeltjies
(wanneer renbui begin).
kloofskermpie: deurtrekker. koolgoed: houtskool. kosgoed: bessies.
krimtart: kremetart. ligvinger: weerlig. limbo: elmbo.
mak kos: verboude kos, winkelkos.
mak name: sogenaamde moderne mense met Europese name, wat mak geword het, dit wil s die Europese kultuur aangeneem het. In teenstelling met die wilde Boesmans wie se gevoel van eenheid met die natuur hul genoop het om hulle na die dier- en plantmense of geografiese kenmerke te vernoem.
mak veldkosse: landbougewasse. makveld: plaas.
mbira: duimklavier. mmie: ma. mersyne: medisyne.
mersynedans: genesingsdans. mersynemense: sjamaans.
mittelnag: middelnag, verwys na middernag. mittelpyl: penis.
mitteltwee: middeldeur. mrebul: dagbreek.
musiekbogie: boog, kleiner as jagboog. Een punt van die boog word in die mond gedruk, die voorvinger van die linkerhand manipuleer die snaarspanning terwyl die regterhand met n dikkerige riet op die snaar tokkel.
naand: naderhand.
naelstringgoed: Ontspring uit die eenheidsgedagte. n Naelstring ver-bind alle skepsels en die Groot God het opdrag gegee dat di naelstring opgepas moet word. Versierings word van dier- en plantmateriaal gemaak om eenwees met ander skepsels te demonstreer.
nooslike: onnosele. omvalsiek: epilepsie. oolfant: olifant. oortjies: labia. opmekaar: te veel. oubie: baas.
Oummie Sand: die aarde. Pigmiete: Pigme.
Putboesman: Mak boesmans wat tradisionele bestaan laat vaar het. Hulle weet nie meer waar of hoe om water in die veld te kry nie, en is nou genoodsaak om naby boorgate te bly.
renbul
rekent: reken.
riemspring: touspring met n riem. selwers: self.
sindeling: sendeling. skarewee: skaduwee.
skerm: verkorte vorm van beskerming,beskerm. slaat: slaan.
sonman: son. struiseiers: volstruiseiers.
struiseierkraletjies: volstruiseierkraletjies.
strykystervoetjies: voete wat soos strykysters lyk. In die literatuur word Boesmanvoete met n outydse strykyster vergelyk, op ander plekke weer met hul spore.
suffel: soveel.
suigwatergat: standhoudende, ondergrondse water wat met lang flui-tjiesriet uitgesuig word.
suintoe: soontoe. Tjirrimtjesis: Here Jesus. toeplekke: geslagsdele. tramtraalmens: tarentaalmens.
tsamma-tsamma speel: waterryke vrug wat soos spanspek aan n rank groei. Was vir Boesmans (en is steeds vir diere) n belang-rike bron van water. Spel: Kinders en vroue van enige ouder-dom skuifel-loop agter mekaar in n kring. Die een met die tsam-ma gooi dit onverwags, en op onbepaalde hoogte, vir die een reg agter haar
en water volop is. Simbolies van fisiese, sosiale en spirituele ge-sondheid.
vierbene: diere met vier bene.Mak vierbene verwys na beeste, skape en bokke.
vleistweebeen: mens. vliemis: vliemis.
voormense: Boesmanvoorsate. vroutjies: vuurhoutjies.
vuurgif: moordende effek van die son se strale. vuursweep: weerligblits.
witmenssiek: siektes wat saam met Europers gekom het, onder an-dere pokke, witseerkeel, tuberkulose.
witwarm ysters: merkyster vir gebruik op plaasdiere. !Xoei !Xe: plek waar die mens lewenddood is. ysterbye: koels.
ysterhuis: liefdelose wreld geskep deur die ysterkoppe en hul yster. ysterklip: rotsgesteente wat in Steentydperk gebruik is om werktuie te
maak. ysterkoppe: setlaars. ysterkrale: boereplase. ystermure: tralies.
ysterpeester: boorgatpyp.
ysterputstaning: Boesmankamp naby n boorgat. ysterpyle: koels.
ysterrieme: kettings asook lyndrade. ystersakke: vullisblikke. ysterstories: voorwaardelike liefde. ystertande: ploeg.
ysterwoestyn: Yster word deurgaans as metafoor vir n ongenaakbare, liefdelose manier van wees of gedrag gebruik. Die ysterwoestyn is die eindresultaat van liefdeloosheid.
