gooi die vuurhoutjie tussen sy bene in die drom in.) Van brand gepraat, wil ou sonman jou die dag moer toe skiet met sy brandpyle, (hy hurk voor die drom) dan gaat kruip jy onder die witgat se groen karos in, en dan l lag jy daar vir ou sonman, totwat die koudgeit blou kolle op jou vel slaat! (Hy suig n oomblik peinsend aan sy pyp.) En die krimtartmense ! Ook die ene kos en water! Onthou jy die oumense se storie, Steentjie, van ou Hina en die eerste krim-tartmens? (Hy gaan sit weer met n laggie op die drom.) Ja, man, wat Eloib die dag vir iedere diermens n mater onder die boommense uitgesoek het, en ou Gauna se hinakind toe mos weer doer heel agter gaan staan het, oor die ou se skaamgeite. En daar gee Eloib toe vir die ou die laaste boommens: n krimtart. Blaas ou Hina hom mos toe so op van die kwaadgeit, lat die ou die krimtartmens net daar onderstebo in die sand in steek! (Spottend.) Ou Gauna se kind! Wat sal n hinamens nou ook van al die vars kosse aan die krimtartmense weet, hy wat net vars kos sal eet as hy gn niks meer dooie kos oor het nie. (Hy sit n oom-blik en rook, staan op en loop vuur toe.) Hei, Steentjie, waar sal n man nou n lap makveld kry wie se lyke en make sulke tye soos onse Kalahariveld is! (Hy krap in die vuur en blaas dit aan.) Ou sonman loop soek nog sy bodraai, dan sit ons hoeka al boepens in die staning in. Hier in die mittel van die staning sal n spannetjie sit en lag en stories maak om die vuur. Diekant sal n paar vroumense sit en struis-eierkraletjies werk op n klip. Doer sal die kinders riemspring of tsamma-tsamma speel, en daar onder n boommens sal die jagters n vars bokmensvel sit en werk. Iewerster sal n vroumens haar musiekbogie optel en n manmens sy duimpiehout en soos die skarewees al langer word, sal die boog en die duimpiehout die staning al stywerder en stywerder toedraai in Eloib se n
te wil sing en dans. (Hy staan langsaam op en begin
stadig, halfhartig, met n skuifelpassie voor die win-
kelpop verbydans. Nostalgies.) Wat die nuwe kinder-
tjies in die staning aankom, sal ons sing en dans om
vir  hulle  te  wys  van  onse  blygeite  oor  hulle  tussen
ons wil kom bly. (Hy sit n denkbeeldige baba in die
winkelpop se arms.) Wat die bokmense een-een be-
gin te loop, sal ons sing en dans vir die groot jagters
in die lug in  die stermense  lat hulle vir ons van
hulle  jagkrag  sal  gee. En  hoe  sal  ons  nou  beterder
warm harte vir onse kos en watermense kan wys, as
wat ons vir hulle sing en dans?
se ou kinderstorietjies! Wys my n Boesman wat nou
sal sing en dans en ek wys jou n Putboesman met n
lyf  vol  vuurwater!  Maar  wat  jy  fyn  kyk, sal  jy  die
binnedou in die ou se hangogies in sien sit, want wat
Eloib  se  n
blygeit kan lat sing en dans nie! Nie vuurwater nie,
nie daggatwak, nie geld nie en nie goeters nie! (Met
n  snik  in  sy  stem.)  Net  die  n
weg! Aan onse binnekant, en aan onse buitekant, oral-
ster is dit weg! (Driftig.) Oor die yster!
Eloib se kind! (Hy kom stadig regop, kyk met traan-
bedekte o na die winkelpop.) En wat die binnedou
in onse o kom sit, sal ons die mersynedans dans. (Hy
kyk voor hom en maak n paar gepynigde skuifel-
passies. Diep bewo.) Het ek maar nou die mersyne-
dans kon dans, Steentjie 
van  onse  mersynemense. En  wat  daar  gn  niemand
meer  was  om  die  siek  uit  onse  mense  se  harte  en
lywe te hou nie,is iedere dag al meerderder van hulle
terug na Eloib se huis toe. Net vir n bietjie se rus en
vet word,het die oumense ges,voorlat Eloib weer n
klompie  terugstuur  met  boodskappe  vir  ons  algar.
Di wat weer gebore word, kom glo met lang bood-
skappe vir klompe mense, maar di wat net vir een
mens n boodskap kom bring, kan sommer as enige
soort mens voor jou kom staan  selwers n klipmens.
(Hy gaan sit plat op die grond en kyk na links voor. Gebroke, smekend.) Maar Eloib, gaat jy ooit weer onse renmakers en onse mersynemense terugstuur?
n Orrel wat inleiding tot Jesus min my salig lot speel, is hoorbaar. 
o, harder, smekender.) Gaat my nie meer verby, lat
my by jou kom bly.
Drie sekondes stilte. n Leeu se gegrom word dofweg gehoor. 
met n kreet wakker skrik, regop sit en verward rondkyk. Hy staan haastig op, haal twee stompies uit die vuur en pak n tweede vuur op die vullisdrom se deksel.
droomvrou  met  haar  eige  vuur  uit  die  donker  uit
bring.Wat sy in haar eige vuur in sit,sal sy vir my haar
lig op die droom gooi! (Hy haal die vuurhoutjies uit
sy  agtersak  en  steek  die  vuur  aan.)  Ek  mag  niks
vergeet nie! Ek moet als onthou wat die droomvrou
geteken het! Dit het begin waar ek loop op n eland-
mens se spoor. My kop is net so groot, my borsekas
voel so swaar, en my o bly aan toeval, lat ek naand
in die skarewee gaat l slaap.
Die vuur brand. 
groot kop (hy gee op sy tone twee tre agteruit) tot
bo in n krimtartmens se mik in! Doer anderkant op
n  duin  (hy  wys  na  agter  in  die  teater)  staan  die
elandmens vir my en kyk. (n Leeugrom word gehoor.
man se keel is droog en hy loop na n watergat toe. n
Skerp tak steek my hier agter in my groot kop in lat
die  binnedou  oor  my  wange  loop. (Vreesbevange.)
Halfkant water toe, daar draai die leeuman terug om
te kyk of l ek nog in die mik in! (Verwonderd.) En
daar,  wat  die  ou  my  binnedou  sien,  lek  hy  stadig
iedere druppeltjie van my wange af, voorlat hy weer
omdraai  en  gaat  water  drink!  (n  Leeugrom  word
gehoor. 
sien of hoor nie.) Wat die ou wegraak oor die eerste
duin, vlie ek uit die krimtartmens uit en ek hol so vin-
nig wat ek kan met my groot kop en my swaar borse-
kas na onse ysterputstaning by !Xoei !Xe! (Hy beduie
na regs voor.) Maar ek hol sulke djakkalasdraaie om
die leeuman van my spoor af te gooi, oorlat ek iewer-
ster weet, nou wat hy my binnedou geproe het, gaat hy my nie uitlos nie! (Hy gee twee tree agteruit, val op sy knie.) Val ek by die staning in, soebat ek my mense om my in al hulle dik hartebeesvelle toe te maak lat die leeuman my nie kan ruik en seermaak nie. Ook net wat hulle my toe het onder die velle, daar kom die leeuman aan! Die manmense skiet die een pyl op die ander in die ou in, en hulle gooi hom met die spiese saam lat hy naand soos n ystervark-mens lyk. Maar dood kry hulle hom nie! Die leeuman raas net al harderder lat hy die jagter wil h wat hy die binnedou van geproe het. Die mense soebat en hulle dra ander vleise aan (hy bedek sy kop met sy arms) maar dis vir my wat hy wil h! (n Leeugrom word gehoor. 
n Leeugrom word gehoor. 
n Leeugrom word gehoor. Boesmanmusiek net-net hoorbaar. 
ek verstaan! Dankie,droomvrou! (Hy kom stadig reg-
op.) My groot kop is Klein God Gauna se bang yster-
kop wat my hart verlam met sy bangmensgif! Dis my
lam hart wat so swaar in my borsekas voel. (Hy wys
na  links  voor.) Die elandmens, Eloib se eerste dier-
mens, beduie van die goeters wat hart se lag en bly-
geit kos gee! Gauna se ysterkop is baie bang vir hart
se elandkos, di wat hy my op die elandspoor maak
slaap! Die leeuman is Groot God Eloib se wind wat
my wakker skud en my bo in die krimtartmens in vat,
lat ek kan sien waar lat my hart se elandkos vir my
staan wag! Die djakkalasdraaie is die geld en die goe-
ters  en  die  vuurwater  wat  kop  vir  hart  aandra  om
hom te maak vergeet van sy elandkos. Die binnedou
is hart se seer oor die elandkos wat kop van hom af
weghou. Maar wat die leeuman die binnedou lek, s
hy vir kop lat hy gn nooit vir hart kan maak vergeet
van sy elandkos nie  Eloib se wind sal vir hart altoos
en  emenier  maak  onthou!  Die  hartebeesvelle  is  my
mense  se  ysterkopgeite, wat  my  wil  hou  soos  hulle
my ken, en soos hulle algar is: Gauna se ysterkop, en
n lam hart. Dis nie net oor my wat hulle die leeuman
soebat om my te los soos ek is nie, dis ook oor hulle
algar  bang  is  vir  die  elandkos  wat  hulle  eige  harte
soek!
Boesmanmusiek doof uit. 
sie?!  Kom, droomvrou, praat  met  my!  (Hy  kyk  drie
sekondes lank stip in die vuur. Sy o rek.) Die wit-
gatmensie  s    die  grootste    en  die  mooiste  
witgatboommens groei uit die hardste ysterklip? (Hy
staar  onbegrypend  in  die  vuur.)  Maar, wat  s  dit,
droomvrou? Wat?
n Magiese lig begin oor en om die winkelpop pols.
