EERSTE BEDRYF
Die gordyn gaan op met die aankoms van n trein en voetstappe van links na regs.Jingle Bells is oor die radio van n verbygaande motor hoorbaar. n Kerkklok slaan twaalf slae. Drie hardlopers se voetval kom agter die stegie tot stilstand.
MANSTEM 1: Waars daai geel klong heen, Jason? Jy was dan reg agter hom gewees!
MANSTEM 2: Nee, ek weet nie man! Wat ek weer kyk, is daai man weg, ou Leonard!
MEISIESTEM 1: Ek het julle mos ges dis n wilde Boesman! Oupa Alie s hulle verdwyn sommer so voor jou o in die grond in!
MANSTEM 2: Weet ook nie wat ons met die ou flentergat sukkel nie. Seker net n spul vrot velle en kak in daai ou sak.
MANSTEM 1: Ja, fok hom, kom ons loep. (Hard.) Hei, jou Chinese hotnot! Die gangster boys maak vir jou vrek as ons weer jou geel hol hier in ons territory in sien, het jy gehoor?
Voetstappe wat wegsterf, is hoorbaar. 
de uit! Een van hulle het dan glad n skietding in die
hand in! (Hy maak die stoel regop staan.) Seker by n witte geloop steel; so-by-so by sy eige wit pa. Kan maar net wit bloed wees wat daai klong se vel so ge-bleik het. (Hy gaan sit op die stoel en haal n liter-koeldrankbottel halfvol water uit die sak.) Die an-der tweebeenmense kon hoeka van die voortyd af nie hulle hande van onse vroumense afhou nie. Ons Boes-manmanmense is mos laerder dan slangstront, maar onse vroumense, dies glads hoog genoeg om hulle se kinders te maak! (Hy kyk vraend op.) Of sal dit nou wees soos daai boerman vir die voormense ges het: As julle Boesmans dan nie wil mak word nie, sal ons julle maar moet mak teel?
die sand, onder die sand, en in die water in? En die mense in die lig in  ou sonman, en die maanvrou, en die stermense? (Hy gaan sit op die stoel.) Mense met bly o en n warm hart vir my, en ek vir hulle.
baklei langs ons vure kos gegee het nie. Soos die voor-
mense  ges  het: Oorlog  en  baklei,  dis  Klein  God
Gauna se gifpyle daai (hy beduie na regs voor); gif-
pyle wat die lag en die blygeit van die hart lat omval,
en dan maak kop vir hom kaptein van die lyf. En kop,
hy ken nie van lag en blygeit nie!
MANSTEM 3	(sing): Jesus loves me, this I know, vanaand wen Kie-
pie die Lotto!
MANSTEM 4:      Vrou!
MANSTEM 4: Loop s vir daai donnerse kind om nou haar donner-se lawaai te stop! Moenie laat ek hier opstaan nie!
Wanneer dit weer stil is, stap 
voormensies nou ook geweet het van yster? Dit was maar net daai een skoot, s die oumense  doer in die voortyd in, wat die Kalahari (hy wys na regs agter) nog heeljaar onder water was  dat ons Boesmans met Gauna se gifpyle oorkant mekaar gestaan het. Maar toe die eerste man omgeval het en nie weer opgestaan het nie, het iedere man se boog net daar in die sand in geval, van die seer in die dooie Boesman wat hulle op dieselfde plek in hulle eige lywe kon voel. En so,soos die binnedou hulle swart harte skoon-gewas het,en die laaste van die vuil water by hulle o uit oor hulle wange in die sand in geloop het, het hulle saam om n vuur gaat sit en n storie gemaak wat s:Lat ons Boesmans gn nooit weer blygeit se lag uit mekaar se lywe uit sal slaat met Gauna se dood-maakgoed nie! (Hy staan op.) Agter daai tyd, wil dit nou kom lat n paar Boesmans hulle se lywe wil staan en leeu hou, is hulle sommer nou van die staning af weggewys, lat hulle doer, anderkant die duine, maar net hulle eige lag uit hulle lywe uit sal slaat! (Hy loop peinsend na die stoel en gaan sit.) Tot wat die ander tweebene gekom het, met n ander storie, die Groot Wit God (hy beduie die lug in) se storie. Ai, hoe bly was die ou voormensies nie daar in die begin in ge-wees toe hulle hoor lat die Groot Wit God nes onse eige Groot God Eloib s lat onse harte net so warm vir algar die ander mense moet wees soos vir onssel-wers! Tot hulle gesien het lat hulle nie mooi geluister het nie, oorlat die wit mense se make gewys het lat hulle net n warm hart het vir mense wat soos hulle maak en dink. (Hy haal weer sy pyp uit.) Yster-stories, wat onse ou stories plt gemaak het. Onse ou kinderstorietjies, gemaak deur mensies met die lyf en die gedagte van kinders, dis mos hoelat die ander tweebene se gedagte oor ons geloop het. Kaal, stink, vuil kinders, het hulle ges, so gou soos hulle mage vol rou vleis en bloed is, wil hulle net lag en speel en dans, nes die wilde diermense! (Fronsend, verwon-derd.) Kinders, het hulle ges,wat nie weet die Groot
Wit God wil h lat ons tweebeenmense kaptein oor algar die ander mense moet wees nie  n kaptein wat die dier- en die plantmense se wil sal breek, totlat hulle soos hanslammers agter jou eige wil aanloop  Kinders, het hulle ges, waarvan die spore al min-derder en minderder sal word, oorlat die groot yster-lywe van die swartes wat van bo af kom, en die groot ysterkoppe van die wittes wat van onder af kom, vir ons hier in die mittel sal fynstamp  soos mielies in n ysterpot  as ons nie onse houtkopgeite lat los en mak word nie.
Voetstappe van links en regs agter die stegie is hoorbaar, dit word in die middel agter die stegie stil.
VROUESTEM 1: My magtie, Emma, ek het nou eers van jou en die baba se hijack gehoor! Dank Vader julle het niks oor-gekom nie!
VROUESTEM 2: Ja, Kotie, ons moet seker dankbaar wees. En die vol-gende keer? Gaan ons dan weer so gelukkig wees? (Voetstappe, stem begin wegsterf.) Ons beter uit hier-die vervloekte land padgee voor dit te laat is.
bietjie mooi vir die voormense gebeduie het nie! Soos daai een ou sindelingman vir die voormense ge-s het:As julle maar net wil mak word. Kom bly nou hier, of daar, en ons sal vir julle mak diere gee, en ons sal vir julle wys hoelat n man mak veldkosse staan-maak wat vir julle en al julle mak diere heeljaar sal kos gee. Dan hoef julle mos nou nooit weer hot en haar oor die vlaktes te swerwe agter kos en water aan nie. Maar dan sal julle moet mak word! (Hy gaan weer kruisbeen op die stoel sit.) En dan sal die boer-manne glo ook nog bygesit het:En di van julle wat nou nie self wil boer nie, kan by ons kom bly. Ons sal sre dat julle genoeg meel en vleis het, al die twak wat julle kan rook en n ordentlike dak oor julle se koppe! En al wat julle vir ons moet doen, is om onse bees en skaap en boerbokke te skerm teen die wilde diere. S sal al die mak mense en diere aan die deus-kant saamstaan teen al die wildegoed aan die ander-kant, soos onse Groot God dit mos nou gewil het! (Hy stut sy voorarms op sy bene.) St hulle alte mooi vir die voormense gebeduie.As die voormense maar geluister het  (Neerhalend.) Maar ons wou mos nie op een plek geloop bly het nie, oor die nael-string! Die ou voormensies het mos geglo, as ons nie rondloop en doplet lat die naelstring tussen ons en onse ander familiemense heel bly nie, sal algar die mense se harte omval! En met di geite van ons, het ons toe mos bly ons ore vol sand gooi  (oorbluf) nes kinders! (Hy haal n sny dro brood uit sy broeksak en byt n stukkie af.) En toe moes ons maar voel hoe dit voel as n ysterkop jou houtkop vir jou flinters skawe! Voel hoe dit voel as die ander tweebene  wit mense, swart mense n die Khoikhoinmense  gebe-taal word om jou mense op hope dood te skiet! (Hy loop stadig na regs, brood steeds in die hand. Ver-slae, droewig.) Sommer op een dag vyfhonderd van ons mense doodgeskiet en oorkant tweehonderd ge-vang,s die voormense. (Hy loop stadig na die vuur-maakplek toe.) Maar, nee, luister wil die nooslike
houtkoppe nie geluister het nie! Aanhou bly skaap en bees vang, en bly glo lat die bnneklop hulle sou skerm teen die ysterkoppe. Tot wat die ysterkoppe ophou mooipraat het,en die een trop ysterbye op die ander agter hulle bloed aan gestuur het! (Hy stop agter die vuurmaakplek. Intens.) En binnekant tien winters twee en n half duisend van onse manmense en ouer vroumense teruggestuur het na Eloib se huis toe,en by n sewehonderd seunskinders en jongmeisie-goed gevang het! (Gefrustreer, neerhalend.) n Boes-manmanmens sal hom mos eerderder vrek baklei as wat hy hom lat vang! Soos die ou wat die boermanne dood kry l het met flinterarms en n bloedbek. Wat die lang ysterpyle sy arms gedood het (hy gaan sit plat op die grond), het die ou sy boog so met sy ou strykystervoetjies vasgetrap, en toe die boogsnaar met sy tande getrek, (hy gaan l op sy rug) totlat hy iedere voortand in sy bek morsaf gebreek het! (Hy sit weer regop, sy lippe ingetrek in die vorm van n tandlose mond.) Dom blerrie houtkop! (Hy kom weer op sy hurke. Leweloos.) Van die lotte wat met ysterrieme weggesleep is, s die voormense, is onse seunskinders altoos as slawe lat werk, wyl die ander manmense vroue van ons jongmeisiegoed gemaak het. (Glimlaggend, effe trots.) Was glo aljimmer n gebak-leiery onder die manmense oor onse meisiegoed, oor hulle mooie gevreetjies en die gladde ou jinningvel-letjies om die klein ou lyfietjies! (Hy sit die gedagte n oomblik en vertroetel.Fronsend.) En die boerman-ne het glo weer gedood oor onse seunskinders, (glim-laggend) met die lat hulle so vinnig hulle werke kon leer, en altoos so vrindelik en getrou was soos die base se beterste honde nie kon wees nie! (Hy vat nog n happie van die brood en sit n wyle ingedag-te voor hy opstaan en stadig, kouende na die stoel loop.) Jak, wat jy saam met die wilde diermense wil loop, moet jy nie met binnedou in jou o voor n ysterkop kom staan en vra  (Hy gaan sit en sluk die brood swaar af en vervolg ingehoue.) Kom staan
