BEULAH:
Madame Beulah speaking. (Luister.) U is welkom,
Matrone.  (Plaas  telefoon  op  koffietafel.)  Weer  n
ruiker! (Pouse.) Baron Carlos het altyd ges: Be-
tyds is alreeds te laat vir n ruiker.
JEROME:
Hy moet baie spesiaal gewees het.
BEULAH:
n Veteraankampioen in die driekuns.
JEROME:
Boonop n atleet!
BEULAH:
Nie atletiek nie, n besonderse styl in die gimnas-
tiek van erotiek. (Verskuif haar japonkraag.)
JEROME
(verward): Ek moet nog leer.
BEULAH:
Jy sal nog, Danie.
JEROME:
Ek beter  (versigtig): Beulah.
BEULAH:
Jy  sal,  Danie.  (Pouse.)  Is  daar  nog  n  Chateau
Lafite van Bordeaux?
JEROME:
Jy moet my nooit onderskat nie, Beulah.
BEULAH:
Hoe  kan  ek,  Danie?  Ek  het  berekend  die  head
lights geweier en die tail lights versoek. (BEULAH
kruis  haar  bene  sensueel  terwyl  JEROME   uit  die
suite  stap.  Sy  verskuif  haar  boude.)  My  parking
lights maak die batterye pap!
MATRONE verskyn met nog n ruiker.
MATRONE:      Madame.
BEULAH: Asemrowend! (MATRONE stap nader.) Versigtig tog. (MATRONE gaan staan.) n Antieke blou Chinese Mingvaas met spierwit bloeisels.
MATRONE:      Dit moet van iemand baie spesiaal wees.
BEULAH (neem vaas by MATRONE): There was never a dull moment, or man, in my life.
