YSTERSPOOR
Christiaan Botha
PROTEA  BOEKHUIS
PRETORIA
2005
Protea Boekhuis
Posbus 35110, Menlopark, 0102
Burnettstraat 1067, Hatfield, 0083
protea@intekom.co.za
Tipografie en ontwerp deur Etienne van Duyker
Buitebladontwerp deur Tracey Fraser, na n ontwerp van Carel de Beer Gedruk en gebind deur die Paarlse Drukpersmaatskappy
ISBN 1-86919-063-7
2005 C.L. Botha 
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer word nie. 
AKTEUR
STEL
n Sinkplaatstegie naby n stasie in n Suid-Afrikaanse stad. Agter, in die middel van die stegie teen die sinkheining, l n gehawende houtstoel. Dun boomtakke en enkele papiere l langs die heining gestrooi. Links voor l n vullisdrom met die boom na die gehoor se kant toe, parallel met die voorkant van die verhoog. Rondom die drom l nog dun tak-kies en stukkies afvalhout. Binne-in die drom is opgefrommelde pa-piere en n verflenterde lap. n Vroulike winkelpop l versteek onder swart plastiekvullissakke, die drom se voorkant oor haar bene. Langs die drom l n le heuningbotteltjie (van die boepenssoort) en n le drankbottel. Voor, net regs van die verhoog se middellyn, is n vuur-maakplek op die grond. n Armlengte regs van die vuurmaakplek l die vullisdrom se deksel.
REKWISIETE
Ou skouersak van leer met: literbottel Coke halfvol water; tradisionele gooistok; twee tradisionele vuurstokke; volledige stel tradisionele Boesmanvrouevelklere (agterskort, voorskort, deurtrekker, karos); leer-sakkie met kopband, string krale, oorkrabbetjies en armband; mbira.
Deurtrekker van vel wat akteur onder klere dra.
Bondeltjie hout en ander hulpmiddels om n regte vuur te maak of een na te boots.
Dosie vuurhoutjies wat akteur in agtersak dra. Drie oopgeskeurde swart sakke om pop te bedek. Leertwaksak en n beenpyp.
TYD
Saterdag
AANWYSINGS
n Klankbaan met 45 klanksnitte (kyk in teks) word benodig. Helder, koue beligting beeld handelinge in en verwysings na die moderne wreld uit. Die beligting word subtiel en onopgemerk sagter en warmer wanneer die fokus na die Kalahari en
STEMME
1 Dogtertjiestem
Vrouestem 1,Vrouestem 2: Standaardafrikaans
Manstem 1, Manstem 2, Manstem 3, Meisiestem 1: Kaapse Afrikaans Manstem 7,Vrouestem 3: Afrika-Engels
Manstem 4,Vrouestem 4: Standaardafrikaans
Vrouestem 5,Manstem 5,Manstem 8,Manstem 10: Standaardafrikaans Manstem 6, Meisiestem 2, Manstem 9, Manstem 11: sleng
Vrouestem 6, Vrouestem 7: Engels (Kaapse vlakte
Vrouestem 8: Noord-Kaaps Namakwalands
KLANKE
! Sagte tongklap, teen bokant van die verhemelte, amper n sisgeluid. Klink soos sommige n kat of hoenders sal roep.
