(wys na die twee le glase): Twee vars glase, asse-
blief. (JEROME  neem die twee glase en staan op.)
Vars blomme het net een versoek: vars glase. (Sy
tik teen die kristalhouer.) Kristal by kristal. Dit bly
die beste kombinasie.
JEROME:
Natuurlik, Madame. (Hy stap uit met die glase.)
BEULAH:
A thing of beauty is a joy forever. (Raak saggies
aan n blom.) Sou dit net die Foundation wees, of
het Carlos, die leeu, reeds vooraf gebrul?
BEULAH kyk na die rangskikking, haal n langwerpige voorwerp in n waterdigte verpakking uit en maak dit versigtig oop.
BEULAH:	Waterdig verpak. (Sy haal n knewel van n sigaar
uit die metaalhouer in die verpakking.) Die beste
uit  Havana!  (Ruik  daaraan.)  Vir  die  skoonheids-
magnaat  van  die  wreld  was  die  reuksintuig  die
sleutel tot al sy genot en sukses.
JEROME verskyn met twee glase.
BEULAH:	Laat ek vir ons skink. (Sy skink twee glase wyn.)
Eers ruik. (Hulle ruik daaraan.) Baron Carlos het
in sy toespraak aan sy Foundation voor die lood-
sing van sy huidige vlagskipproduk ges: Frailty,
thy cure is fragrance. (Ruik weer aan wyn.) Di
Bordeaux het n eksotiese neus. (JEROME  ruik on-
beholpe.) Carlos het ook ges: As jy n goeie wyn
nie  eers  optimaal  geruik  het  nie,  het  jy  dit  nooit
werklik  gedrink  nie!  (Sy  lig  haar  glas  en  sy  en
JEROME  klink n heildronk.) Op die laaste nag van
die Godgeskape Beulah! En op jou: Miss Piggy!
JEROME:	Madame?
BEULAH:	Van mre af is alles uit God se hande. Dan klim die
messe, die silikoon, die naalde vol Botox, die laser-
strale, die steel en herrangskikking van kraakbeen
in. (Pouse.) En net die Here weet wat nog alles.
