melman  se  hormoonmanipulasie  is  eintlik  oorbo-
dig. Ek sal ruik na jasmyn. (Lang pouse.) Lorca het
ges: Jasmine bears the fragrance of semen.
JEROME
(verskyn in kamerjapon): Madame Beulah.
BEULAH:
Monsieur Jerome. (Sy wys vir hom om in die stoel
teenoor haar te kom sit.) Stunning! Dennis se keu-
se was nie butch genoeg nie.
JEROME:
Dankie, Madame.
Deurklokkie lui.
BEULAH:
Binne.
MATRONE verskyn met n eksklusiewe ruiker in n kristalhouer.
MATRONE: Madame Beulah, n ruiker vir u. BEULAH: Marvellous, die suite is so klinies dood.
JEROME wil opstaan, maar BEULAH wys vir hom om te bly sit.
MATRONE:      Mag ek?
BEULAH:	But of course, darling.
BEULAH wys vir MATRONE om die ruiker op die koffietafel te plaas. MATRONE doen dit en stap tot by die deur.
MATRONE	(buig  hoflik): Madame, Monsieur. (Sy  stap  uit  en
maak die deur toe.)
BEULAH	(maak  koevertjie  by  rangskikking  oop  en  lees):
Good luck. We know you will make it. Board of
Directors, Baron Carlos Foundation. (Pouse.) Die
suite is nie meer so leeg nie.
JEROME:	Madame?
BEULAH:	Eers jy. En nou die blomme.
JEROME:	Natuurlik.
