BEULAH:
Gee. (Hy gee die handdoek vir haar.) J sal, Carlos.
Jy sal. (Sy hang die handdoek oor Carlos se gesig.
Dan aan JEROME): Is jy jaloers?
JEROME:
Op wie?
BEULAH:
Jy sal weet. (Pouse.) Of is Dennis dalk?
JEROME:
Op wie?
BEULAH
(stout): Op my. (Sy sit die Grace Kelly-masker op.)
Kan jy verstaan waarom prins Rainier lam was in
die knie?
JEROME:
Natuurlik.
BEULAH:
Monaco is belastingvry. Bel gerus!
JEROME spring op die bed langs BEULAH. Lig doof uit op hulle en in op DENNIS.
DENNIS: Kindertyd, in Ouma se voorhuis, het muurprente met teksverse uit die Bybel baldadig gepronk. Tussenin  verdwaald  een met die woorde: My seun, gee my u hart. As kunsstudent het ek gedink dis die toppunt van kitch. (Begin lag.) Die woorde so matriargaal! (Pouse.) En vandag? (Lakonies): Jerome, jy is so besonders.
Lig doof uit op DENNIS en n ander lig in op MATRONE se gesig.
MATRONE: n Merkwaardige mens. Vra my. Ek sien hulle kom en gaan. Dag na dag. Week na week. Maand na maand. Jaar na jaar. (Pouse.) Vra my. (Pouse.) Ek sien hulle. Maar waarom? Waarom kom hulle?
Lig doof uit op MATRONE en in op BEULAH en JEROME op die bed.
BEULAH: Wag, wag! (Sy kry die Nefertiti-masker.) Vir elke posisie n ander godin.
Lig doof uit op hulle en in op MATRONE.
