Wies  ek  om  te  praat  van  marshmallows?  (Ruik
weer aan wyn.)
DENNIS
(ruik  nog  steeds  aan  sy  wyn):  Die  beste  uit  Bor-
deaux.
DENNIS lui die silwerklokkie en JEROME verskyn byna onmiddellik.
DENNIS:
n Kraffie water, asseblief.
JEROME af.
BEULAH:
Di Bordeaux met water? Dis hoogverraad.
DENNIS:
Teen die wingerd. But obedience to Carlos en die
ses maande hergeboorte.
BEULAH
(stil): Natuurlik.
DENNIS:
Good girl.
JEROME kom in en plaas die kraffie water en twee glase op die koffietafel. Hy maak n hoflike buiginkie en stap weer uit. DENNIS skink water in n glas en plaas dit langs BEULAH se wynglas.
DENNIS:	Die dokter en dietician was akkoord. Fifty-fifty vir
die eerste twee weke. Daarna die tedious teetotal-
ler.
BEULAH	(neem slukkie wyn): Skuldig. (Neem slukkie water.)
Met versagtende omstandighede!
DENNIS	(lig sy glas): Ses maande hardepad.
BEULAH:	Sadis! (Dan stil): Die plek is so leeg ... klinies.
DENNIS:	After all, it is the best clinic, my darling. (Lig glas.)
Op jou sukses met die rook.
BEULAH:	As ek weer begin, sal dit n pyp wees.
DENNIS:	n Pyp?!
BEULAH:	Carlos het af en toe van sy pyp gehou.
Im just a social drinker, en hier sit ek en suffer ter wille van n koekie seep.
