JEROME
(verskyn): Madame Beulah?
BEULAH:
Maak maar oop. (JEROME  neem bottel en begin dit
ontkurk.)  Remember,  red  wine  loves  breathing.
(Hy wil skink.) Nee, nee, my skattie. Eers vyftien
sekondes asemhaal in die bottel. (JEROME kyk op sy
horlosie.) Thereafter into the glass, waar die druif
se  longe  met  volle  oorgawe  die  suurstof  kan  in-
adem. Jy weet, Jerome, een van ons groot digters
het oor daardie storie in die Bybel van die bruilof,
waar  daar  net  water  was  en  Jesus  dit  toe  in  wyn
verander  het,  ges:  Dit  mt  rooiwyn  gewees
het.
JEROME:
Waarom?
DENNIS:
Hyt  bygevoeg:  Want  enige  fool  kan  witwyn
maak.
JEROME glimlag hoflik. Hy kyk op sy horlosie en skink vir hulle.
BEULAH	(aan  DENNIS):  n  Close  friend  of  mine,  reverend
Arthur Oxley  hel, daar was nou vir jou n heilige
 het di anekdote vreeslik geniet maar dit ge-top
met  sy  version:  Jesus  gave  that  water  a  certain
look, and the water blushed!
DENNIS:	Dan is dit gospel, daai wyn was osbloed.
JEROME:	Sal dit al wees, madame Beulah?
BEULAH:	For the moment.
JEROME maak n klein buiginkie. Toe hy omdraai om te stap, knyp BEULAH sy boud. Hy stap na sy kamer.
DENNIS:	Is die boudjies al ferm genoeg?
BEULAH: Nog steeds n effense herinnering aan n marsh-mallow. (Albei giggel.)
DENNIS en BEULAH kyk na die wyn in hul glase. Hul tel die glase op en geniet die neus van die wyn.
JASMYN
