JEROME:
Madame?
BEULAH:
Goeienag, Jerome. En onthou: Ek duld nie kak van
kabouters nie.
JEROME knik sy kop galant en stap sy kamer binne.
DENNIS:	Hou tog net jou tong in toom.
BEULAH:	Niks en niemand kniehalter my nie.
DENNIS:	Die ou Beulah. Van meet af aan druk jy jou stem-
pel af.
BEULAH	(stout):  Buig  die  boompie  se  loot  terwyl  hy  nog
jonk is.
DENNIS	(stout): En pluk daarna die vrugte van die tak.
BEULAH	(sag en vertroulik): Joan Collins het by geleentheid
vir my ges: As n jong hondjie dan sy tande mt
slyp, is dit beter dat hy dit op harde bene doen.
(Albei lag hartlik. DENNIS tel die bottel op en kyk na
die etiket.)
DENNIS:	Chateau  Lafite.  (Pouse.)  Bloedoortapping  vir  ko-
nings.
BEULAH:	Dit was Carlos se instruksie.
DENNIS:	Hyt nooit jou rasper gin-stem van die laaste jare
gehoor nie. Jy s jy is klaar met alle spirits  no
John Daniels, no brandy, no vodka  nothing?
BEULAH:	Twee weke al.
DENNIS:	Admirable.
BEULAH:	Nou kraai osbloed koning.
DENNIS:	Make-up  kan  die  pienk  spiderweb  oor  jou  neus-
brug cover, maar n breinsel wat dood is, is dood.
BEULAH	(lui silwerklokkie en tik teen haar kop): Daar l n
paar terminales in die siekeboeg wat wag op n ge-
nadedood. Daarna bly ek droog.
