DENNIS
(sy  lojaliteit  kry  die  oorhand):  Nou  sal  hulle  jou
onthou.  n  Nuwe  geslag  sal  jou  leer  ken.  Milan
Mirror  se  logo  vir  Beulah  Jasmine  is  absolutely
stunning  a revolution in marketing design. Vyf-
tig  billboards  are  under  construction  at  the  most
important  international  airports.  Beulah  will  en-
shrine them  the full twenty by eight metres and
within 
BEULAH:
Genoeg, darling. Genoeg. Tussen Milan Mirror en
die Baron Carlos Foundation  weet ek  sal alles
professioneel  hanteer  word.  (Kyk  op  haar  horlo-
sie.) Ek verwag Jerome nou enige oomblik.
DENNIS
(oorbluf): En?
BEULAH:
Is jy jaloers? (Begin lag.) Jy sal jou plek moet ken:
n  piepklein  ratjie  in  die  magtige  masjien  van
Milan Mirror en die Baron Carlos Foundation. Jy
slyt weg. Dag na dag. Alleen.
DENNIS
(sinies): A bachelor dies like a dog. Alone.
BEULAH
(swaai  arms  na  al  die  ruikers):  Ek  blom  tussen
vriende, bewonderaars en minnaars! (Pouse.) Ek is
herbore. (Streel stralend oor haar nuwe gesig.) Ek
sal  ruik  na  die  jasmyn  van  manne!  Wanneer  ek
klaar is met Jerome, kan jy die krummels kry. Die
viriele room van Rome, Parys, Barcelona wag op
my.  Viva  Lorca!  Ek  sal  my  in  Barcelona  vestig.
Daar waar Carlos se tong my naeltjie die eerste nag
sou  penetreer.  Net  buite  die  stad  ook  n  klein-
hoewe.  Ek  sal  n  vyfstervarkhok-woonkompleks,
met  marmer  uit  Carrara,  laat  bou  en  n  klein  wit
varkie op die Ramblas koop. Sy sal groen leef: or-
ganies  verboude  pampoen,  wortels  ...  (verskrik):
Nee! Nee, nie wortels nie! Aartappels, beet en ra-
dyse. Sy sal ewig bronstig wees. Haar beertjie  ja,
n bontbroekie  sal sy ook kry. (Lag behaaglik.)
Die tweetjies sal konyne na selibate laat lyk! (DEN-
Carlos. Carlos! My kop spring oor Kalaharisand, see en kameras. (Glimlag nadenkend): My herge-boorte is onsterflik. (Kyk na die skildery van Car-los.) Carlos! Sonder jou hormoonmanipulasie sou
JASMYN
NIS luister verbysterd.) Net die beste voorbehoed-middel sal haar voorland wees. n Veearts sal haar weekliks monitor. Sy sal eindelose plesier vir n leeftyd ervaar. Ek sal haar gereeld besoek. En  so tussen vroue  sal ons ons geheime deel. Haar naam? Natuurlik Miss Piggy. (Pouse.) En rondom haar villatjie sal ek die bes versorgde pergola en heining van jasmyn vestig  bemes deur hul eie welriekende poefies. (Pouse.) Dis nie nuwe geld wat vingers laat brand nie. Dis ou geld  al stink dit  wat hulself skoon was.
(met deernis): My poor Beulah. Gryp die lewe vas. Alles is daar vir jou.
Ek weet. Ek het die hemel ingebars met sodomie. Jou kliere is nie jou alles nie. Nog minder jou ego.
Dit is! Sedes verlam die lewe. My instink en ver-stand sal my dryf. Whats moral perfection if a for-tune and physical perfection is bestowed on you? Gaan vra vir Paris Hilton. (Begin lag.) Skok my! Bieg jy was ook pedofiel!
Jys siek, Beulah.
Ek is enig! Ek is ewig! Jy verloor jou kop.
Carlos, kyk. Jou seiljag, Jasmine  die kompas-naald dobber!
(soen BEULAH op die voorkop): Goeienag, Beulah.
