BEULAH:
Vanwaar die sagte skeltaal? Is jou vlymskerp tong
dan uitgesny?
DENNIS:
As bloed dunner word, word woorde sagter. Soos
jou hare, spiere en vel.
BEULAH:
Nie  myne  nie!  (Gryp  handspieltjie  en  kyk  na
haarself.) Ek sien die voorblad van Vogue maga-
zine! (Druk spieltjie voor DENNIS  se gesig.) Kyk
na   die   erosiekontoere.  Voorblad   vir   Farmers
Weekly.
DENNIS
(gryp spieltjie en slinger dit weg): Ek loop. Nag,
Beulah.
BEULAH:
Nee! Bly, asseblief. Ek moes die donkerte keer.
DENNIS:
Donkerte? Waar?
BEULAH:
Buite die kollig, darling. Buite die televisieskerms.
Buite  die  fotograwe  se  ateljees.  Uit  onder  die  o
van  die  paparazzi  se  kameras,  ontneem  van  die
seksuele sensasie van hongeroogbewonderaars, be-
spot deur die sakkies onder my o wat jaar na jaar
verder uitswel: die onafwendbare etter van ouder-
dom. Verraai deur n leeftyd se velrome wanneer
die plooie my nek, my voorkop, my gesig dag na
dag verder besmet. En elke oggend kyk ek daarteen
vas in die spiel: walglike, dro slymsleepsels van
n  slak.  (Pouse.)  Dr  l  die  donkerte,  darling
Dennis. En binne die donkerte krioel vernedering,
vrees en selfbejammering! (Wys met albei arms uit-
gestrek  na  die  ruikers.)  Dis  nie  ego  nie.  Dis  nie
ydelheid nie. Dis nie bisar of pervers nie! (Stil): Dis
alleenwees.  Net  dit.  (Pouse.)  Nee.  Ook  vrees.
(Pouse.) Ek was bang niemand sou my onthou nie.
(Stil): Toe onthou ek hulle.
BEULAH snik.
DENNIS:
Die een van die Foundation? Was dit eg?
BEULAH:
Ja. Net hy.
