BEULAH:
En Kirk Douglas met sy bre skouers, smal heupe
en ronde, spoelklipboudjies.
JEROME
(skuif  effens  ongemaklik  op  sy  stoel):  Eerlik  Ma-
dame, ek het vanaf die dag van my aanstelling in
die gym geboer.
BEULAH:
The proof of the pudding lies in the eating.
JEROME staan op en maak die band van sy japon los terwyl hy na haar kyk.
JEROME:	Wel 
BEULAH:	Wag,  wag!  (JEROME   is  onkant  gevang.)  Not  the
main lights, just the tail lights, darling.
JEROME:	Jammer, Madame, ek sal nooit weer nie.
BEULAH	(skalks): Moet dit nooit weer s nie. (JEROME glim-
lag.) Nooit weer nie, Jerome.
JEROME:	Ek beloof, Madame.
JEROME draai met sy rug na haar en dus ook na die gehoor. Hy laat sy japon tot om sy enkels val.
BEULAH:	Geen silikoon nie?
JEROME:	Net harde werk, Madame.
BEULAH	(staan  op  en  voel  oor  sy  boude):  Die  liggaams-
reserwes van die jeug is verstommend. (Sy tik hom
speels op die boud.) Dankie.
JEROME trek sy japon aan. BEULAH doen oefening vir haar borste.
BEULAH: Ek I must, I must, I must improve my bust van die mre tot die aand, maar al wat improve is my armspiere. (Pouse.) Kom sit. Kom ontspan. (Hy doen dit gedwe.) Vir n vrou is die vlees n onge-kende beskermengel in haar jonger jare, maar dan ondergaan di engel n metamorfose na n vernieti-gende, verwaande, vernederende woestaard.
BEULAH verberg haar gesig met albei hande. JEROME haal n sne-sie uit sy japonsak en gee dit aan haar.
JEROME:	n Tissue, Madame.
BEULAH neem dit en droog haar trane af.
BEULAH:	Dankie.  (Pouse.)   Ek  wil  ons  kontrak  opskort,
Jerome.
JEROME:	Asseblief, Madame, ek sal harder probeer 
BEULAH	(simpatiek): Jy verstaan my verkeerd. Nie kansel-
leer nie, net n paar uur opskort.
JEROME	(duidelik verlig): Dankie, madame Beulah.
BEULAH:	Danie.
JEROME:	Madame?
BEULAH	(kyk  op  haar  horlosie):  Die  opskorting  het  sopas
begin. Sonder benadeling van jou regte.
JEROME:	Goed, Madame.
BEULAH:	Madame is n kontraktuele skepping en taboe ty-
dens die opskorting.
JEROME	(onseker): Goed  me  mejuffrou?
BEULAH:	Beulah, asseblief.
JEROME:	Dankie, Beulah.
Hulle drink hul glase leeg. Die telefoon langs haar bed lui.
BEULAH:	Danie, sal jy asseblief antwoord?
JEROME: Natuurlik. (Hy stap na die koordlose foon.) Ma-dame Beulahs suite. (Luister.) Net n oomblik, as-seblief.
JEROME oorhandig die foon aan BEULAH.
