DENNIS
(kyk na die skildery): Naturally.
BEULAH:
n  Klein  espressotjie  sal  nou   hemels  smaak.
(Pouse.) Vergeet dit. Skink vir jou n Lafite. Ek bly
drobek.
DENNIS skink vir hom en kom sit weer by haar. BEULAH wys weer met haar voorvinger na die skildery sonder om te kyk.
BEULAH:	Spanish passion and imagination.
DENNIS:	Wat?
BEULAH:	Die blomme! Die vars ruikers  drie maande lank.
DENNIS	(oorbluf): Hy? Hy was n eccentric op n manier.
Maar dit? (Hy  wys  met  albei  arms  na  al  die  rui-
kers.) Never! If so  it is madness. Its sick.
BEULAH	(stil):  Dis  nie  malligheid  nie.  Nog  minder  is  dit
siek. (Sy kyk na die blomme en begin huil.) Dis ek.
Elke een van hulle is n stukkie ek.
DENNIS	(steeds verstom): Maar 
BEULAH:	Dis ek  ek het hulle gestuur. Vir myself.
DENNIS:	Dis jou siek ego! Dis ydelheid wat enige regskape
mens sal laat kots. Christ, Beulah, it is  to say the
least  bizarre and perverse. Vars blommegrafte vir
vergange glitterati.
BEULAH	(ontspoor,  emosioneel):  Dis  my  vriende,  my  be-
wonderaars, my minnaars! Dis my eerbetoon aan
hulle.
DENNIS:	En n praalgraf vir jouself.
BEULAH:	En jy? Jou toupee, jou korset en die vals bult onder
jou gulp  is dit jou praalgraf?
DENNIS:	Tyd is n bloedhond. Altyd op jou spoor. Niemand
ontsnap hom nie.
