DENNIS:
Ook?
BEULAH:
Ek praat van Jerome.
DENNIS:
Het hy met sy vet salaris al vir jou n enkele blom-
metjie gegee?
BEULAH:
Twee. (Stout): n Jakobregop en n delicious mon-
ster.
DENNIS:
Silly, clich joke! (Probeer gesprek in n ander rig-
ting stuur. Kyk na die tientalle ruikers.) They seem
so fresh. All of them.
BEULAH drink haar glas vinnig leeg. DENNIS merk dit op. Sy skink weer vir haar.
BEULAH:	Mreaand is die photo session.
DENNIS:	Milan  Mirror  se  fotografiespan  het  reeds  vanog-
gend gearriveer.
BEULAH	(stil): Yes. (Drink.)
DENNIS	(versigtig): Is jou antidepressante still effective?
BEULAH:	Wie sal weet? (Pouse.) Vra die mirakelmakers van
die sielkunde. (Driftig): Loop vra hulle. As ek na
hul rekeninge kyk, wonder ek of hul nie dalk my
erfgename is nie! (Sy spring op, kry pille uit haar
bedkassielaaitjie en sluk dit met wyn.) Mens mors
nie geld nie.
DENNIS	(wys na haar wynglas): Its not a good combina-
tion, dear.
BEULAH	(ontplof weer): S jy? Net nog n erfgenaam! (Sluk
nog n pil.) As julle wil erf, dan moet julle maar
erf.
BEULAH wil weer n pil neem. DENNIS staan op en neem die pille by haar. Hy gaan sit op haar stoelleuning.
DENNIS:	Relax, Beulah, ontspan net. Asseblief.
BEULAH kyk na die silweremmer en die handstokkies van die mas-kers wat bo die rand uitsteek.
BEULAH: Vat weg. Vullisblik toe met die goed. Real beauty is eternal! (DENNIS plaas die botteltjie pille in sy baadjiesak, neem die emmer en stap by JEROME se deur in. BEULAH roep agterna): Prikkelpoppies vir kunsvrate en toeriste. Ek sal julle wys. Ek, Beulah Jasmine.
BEULAH bars uit in trane. DENNIS verskyn vinnig en plaas sy arms om haar skouers. Hy help haar uit die stoel op.
DENNIS:	Kom. Kom relax hier op jou bed. (Hy ondersteun
haar tot sy op haar rug l.) Wag net, twee kussings
agter jou rug, and well have a ball.
BEULAH sit-l gerieflik.
BEULAH	(wys met vinger na skildery): Carlos loer vir ons.
DENNIS:	Approvingly. (Pouse.) Die wreld sal hom onthou
as skoonheidsikoon. Maar ek  en dalk ook jy  as
koning van mental make-up.
BEULAH:	Spoel die pille in my toilet af. (Pouse.) Asseblief.
Nou.
DENNIS:	Graag. (Stap weg.)
BEULAH:	n  Klein  espressotjie  sal  nou  hemels  wees.  (Die
geluid  van  n  toilet  wat  spoel.  Sy  wys  met  haar
voorvinger  na  die  skildery  sonder  om  daarna  te
kyk.) Of hoe s jy, ou leeu? Jy stem saam, ja. En
daarna die beste sigaar uit Havana.
BEULAH gee n opgewekte laggie. DENNIS kom sit weer op die bed langs haar.
DENNIS:	En as jy so lag?
BEULAH:	Hartsake.
