KENNISGEWING INGEVOLGE ARTIKEL 78 VAN DIE WET OP PLAASLIKE REGERING: MUNISIPALE STELSELS, 2000 (WET 32 VAN 2000), SOOS GEWYSIG
Die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit het 'n hersiening van elektrisiteitsdienslewerings-meganismes in sy jurisdiksiegebied onderneem soos bepaal in Deel 2 van Hoofstuk 8 van bogenoemde Wet.
n Munisipale diens kan deur 'n interne of 'n eksterne meganisme voorsien word. Die elektrisiteitsdiens word tans deur 'n munisipale departement, wat as 'n interne meganisme geklassifiseer word, voorsien. Alvorens daar oor die geskikste meganisme besluit word, hetsy ekstern of intern, moet die Munisipaliteit die interne meganisme evalueer. Hierdie evaluering is reeds gedoen, en die Raad het besluit dat die moontlikheid van eksterne elektrisiteitsdiensvoorsiening, soos in die Wet voorsien, ook ondersoek word. 'n Eksterne meganisme sluit in 'n munisipale entiteit, 'n ander munisipaliteit, 'n staatsorgaan, 'n gemeenskapsgebaseerde organisasie of 'n ander nie-regeringsorganisasie wat wetlik bevoeg is om 'n ooreenkoms vir die voorsiening van elektrisiteit aan te gaan, of enige ander instansie, entiteit of persoon wat wetlik bevoeg is om 'n sake-aktiwiteit te bedryf.
Die doel van hierdie kennisgewing is dus om die plaaslike gemeenskap in kennis te stel van die Munisipaliteit se voorneme om die moontlikheid te ondersoek dat die elektrisiteitsdiens deur 'n eksterne meganisme voorsien word, soos vereis by artikel 78 (a) van die Wet, en om die standpunte van die plaaslike gemeenskap te verkry soos vereis by artikel 78 (b)(iii) van die Wet.
Lede van die publiek, besighede, gemeenskapsgebaseerde organisasies, nie-regeringsorganisasies en alle belanghebbende en geaffekteerde partye word dringend versoek om hul standpunte in te dien oor die lewering van 'n elektrisiteitsdiens in die Tshwane munisipale gebied deur middel van 'n eksterne meganisme.
Alle evaluering- en uitvoerbaarheidstudies en ander vereiste dokumente, soos by artikel 78 (b) en (c) van die Wet bepaal, lê tydens gewone werksure van 07:30 tot 15:45 op gewone werksdae ter insae by die kantoor van-
Kamer 460, 4de Verdieping
PRETORIA Posadres: Posbus 423
PRETORIA
Kopieë van bogenoemde dokumente kan, teen die voorgeskrewe R0,70c per A4-bladsy, tydens gewone werksure by bogenoemde persoon of die volgende kantore verkry word:
Saambou-gebou, 11de Verdieping, Andriesstraat 227, Pretoria - Tel: 012 358 7436
Tel: 012 358 9330/9320/9327/9331/9295 Waltloo-kliëntedienssentrum, Petroleumstraat, Waltloo - Tel: 012 803 3334/2944/2941/2802 Winterveld-kliëntedienssentrum, Standplaas 1864, Beirut-kantoor, Winterveld - Tel: 012 358 9603 Die tariefskedule is beskikbaar by: www.tshwane.gov.za. Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie kan vir Sarel Brill om bystand nader om die inhoud en implikasies van hierdie kennisgewing te verduidelik en, indien nodig, sal die beampte ook behulpsaam te wees met die transkribering van die persoon se kommentaar of vertoë. Openbare verhore sal deur die Munisipaliteit gehou word op die datums en tye en by die plekke hierna aangetoon om die standpunte van die plaaslike gemeenskap en ander rolspelers te verkry oor die Munisipaliteit se gemelde voorneme. Enige persoon, liggaam of instansie wat insette by 'n openbare verhoor wil lewer, mag enigeen van die vergaderings in die tabel hierna aangetoon, bywoon. Skakel die skakelbeamptes vir nadere inligting oor die vergadering.
SKEDULE VIR OPENBARE KONSULTASIE: STAD TSHWANE METROPOLITAANSE MUNISIPALITEIT
DATUM TYD PLEK SKAKELBEAMPTE SEL
