Hierdie Orde word aan buitelandse burgers (staatshoofde en regeringshoofde) en ander buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs toegeken. Dit word toegeken vir vriendskap wat aan Suid-Afrika betoon is. Om hierdie rede is dit 'n orde vir vrede, samewerking en die daadwerklike uitspreek van solidariteit en ondersteuning. Die Orde verteenwoordig 'n noodsaaklike pilaar op die terrein van internasionale en multilaterale betrekkinge.
Organisasie
Hierdie Orde word in drie klasse toegeken:
Al die toekennings sluit vier elemente in: 'n staf, 'n nekwapen, 'n miniatuur en 'n lapelroset. Die laaste Orde bestaan uit drie elemente: 'n nekwapen, 'n miniatuur en 'n lapelroset.
OR Tambo: OR Tambo het 'n belangrike rol in die uitbouing en ontwikkeling van die internasionale solidariteitsbeweging teen rassisme en apartheid gespeel. Hy het onder andere die eerste Missies van die vryheidsbeweging in Egipte, Marokko, Ghana en Londen gevestig. Dit was 'n beskeie begin om die vriende van Suid-Afrika wêreldwyd saam te snoer in 'n voortdurende en volgehoue mobilisering van die internasionale gemeenskap ten gunste van 'n vrye en demokratiese Suid-Afrika en teen die euwels van rassisme, onderdrukking en apartheid.
Majola (molslang): Die slang wat pasgebore babas besoek. Die slang berokken nóg die baba, nóg die gesinslede enige skade, en daar is net een vriendelike manier om van die slang ontslae te raak: die moeder moet van haar eie borsmelk op die slang spuit. Die slang besoek die baba om hom of haar op 'n suksesvolle en veilige volwasse lewe voor te berei. Dit kom as 'n vriend en berskermer. Die vriendskap wat die slang uitdruk is nie in 'n goedaardige demonstrasie van welwillendheid veranker nie, maar is veel eerder 'n daadwerklike uitdrukking van solidariteit en strewe ter ondersteuning en aannmoediging van die langtermynsukses van die jong en groeiende lede van die menslike ras. Die slang leef in die Afrika-mitologie voort danksy 'n klassieke vertelling van AC Jordan, getiteld The wrath of the ancestors. Hierdie vertelling ondermyn die konvensionele opvatting van 'n slang as iets wat net giftig is, en bring 'n breër Afrika-interpretasie na vore wat die slang as 'n vriend en lid van 'n dinamiese ekologie beskou.
Elemente
Staf - dit is uit donker, inheemse hout gesny; 'n teken van waardering vir die steun en solidariteit wat betoon is, en 'n ewe sterk verbintenis om, in ruil daarvoor, die ontvanger daarvan te ondersteun en by te staan.
Staf
Majola - die waaksame ook met hake aan die bokant en onderkant versinnebeeld erkenning vir die daadwerklike betuiging van solidariteit en steun aan Suid-Afrika.
Miniatuur
Lapelroset
