T.O. Honiball se Essie kom kuier
Die Onderskepper
Rikie Postma laat steeds die lig uit die Ooste helder brand - sewentig jaar later!
Skenkings
Spesiale besoekers n Nuwe boek oor S.J. du Toit quot;Mense van faam 
Briewebus
Polfyntjie-goed
NALN nou ook ondergronds n Groeiende familie van letterkundige museums?
Gestel, oor ?n aantal jare, bestaan daar in Suid(er)-Afrika ?n reeks, ?n konstellasie, ?n ?familie? van letterkundige museums/sentrums/instellings wat deur hulle holistiese netwerk-interaksie die gesamentlike letterkundige erfenis van Suid(er)-Afrika sal versamel, bewaar, ontsluit, navors, toeganklik maak en bekend stel?
Die konsep van ?n "letter-kundige" museum is internasionaal goed gevestig, dog steeds in sy kinderskoene. Hoewel museums, veral huismuseums, vir individuele skrywers oral in die wêreld bekend is, is museums vir ?n hele land of ?n hele taalgemeenskap se letterkun-dige erfenis nog baie beperk.
Letterkundige museums
Selfs die wêreld se oudste en rykste letterkundes beskik dus nie oor die fasiliteit van ?n inklusiewe "letterkundige museum" nie. Duitse, Franse en ander Europese besoekers aan NALN het byvoor-beeld al by geleentheid met ?n onmiskenbare klank van afguns van dié feit melding gemaak. En dit onderstreep waarom NALN en NELM gesamentlik en afsonderlik ?n onverhandelbare nasionale kul-turele bate vorm.
Retrospektiewe versamelings
Te midde van enersyds ander verwante tipe instellings soos argiewe, biblioteke, dokumentasie-sentrums, navorsingsinstitute, ens., en andersyds die baie soorte en tipes museums, skets die vooraf-gaande die institusionele konteks waarbinne die letterkundige mu-seum sy eiesoortigheid handhaaf.
Van die sigbaarste onder-skeidende kenmerke is dat ?n letterkundige museum:
in wese ?n retrospektiewe instel-ling is wat feite en wetenskaplike insigte binne verband van die historiese dimensie ervaar en interpreteer; en vir wie die kwe-king van ?n historiese sin en oriëntasie t.o.v. die literêre erfenis primêr staan;
n versameling-gebaseerde instel-ling is, waarin hierdie tasbare, outentieke voorwerpe en voor-beelde om hulle intrinsieke en kontekstuele kulturele en weten-skaplike belang versamel, bewaar en gedokumenteer word;
n instelling is wat in die eerste plek versameling-gebaseerde na-vorsing doen;
n opvoedkundige instelling is waarin versameling-gebaseerde uitstallings ?n primêre wyse van kommunikasie vorm; en n instelling is wat vanuit die aktualiteit van die historiese vertrekpunt as kultuurpromotor binne sy temaveld optree.
In Suid-Afrika moet daar met ?n páár realiteite in hierdie verband rekening gehou word.
Meertaligheid is ?n feit, ?n bate en ?n grondwetlike reg en opdrag. En elkeen van hierdie tale dra ?n unieke ryk literêre erfenis - elk ?n bydraende deel tot die gesa-mentlike nasionale erfenis.
Dekades gelede was daar die visie om vir die literêre erfenisse in Afrikaans en Engels letterkundige museums tot stand te bring. Die ander tale is egter geregtig op dieselfde fasiliteite.
Hoe gemaak? ?n Superstruk-tuur êrens in die land skep, die bestaandes daarin oplos, die bykomendes ondervang, en alles van bo af op die gemeenskap afdwing? Of net die bestaandes se missies verruim en sê: doen nou alles?
Sulke modelle is onses insiens té simplisties.
Verskeie van die tale ter sprake word hoofsaaklik net in sekere streke van die land gebruik, en hulle literêre erfenis bestaan oorweldigend nog in die monde-linge vorm: in die herinneringe van die taalgebruikers, daar waar hulle elke dag leef.
n Letterkundige museum wat dáárdie erfenis wil bedien, sal dus met ?n intieme taalrapport binne-in die betrokke taalgemeenskap moet funksioneer om téén die tyd op rekord te plaas en te dokumenteer voordat die draers van die stories wegsterf. Veel meer as die twee gevestigde museums, sal so ?n museum op oudio-visuele vasleg-ging moet steun, wat eiesoortige infrastruktuur en kundigheid ter plaatse sal verg.
Enige model wat ?n enkele gesentraliseerde instelling - waar ookal geografies geleë - voorsien, is derhalwe ?n teoretiese abstrak-sie: dit sal onprakties en koste-ondoeltreffend wees - en ontoe-ganklik vir die oorgrote deel van die gemeenskap wie se "stories" dit wil dokumenteer, bewaar en kommuni-keer. Binne ?n staatsdiens wat moet verklein om te oorleef, is so ?n megastruktuur tans ?n onbe-kostigbare luukse.
n "Familie" van instellings
Die visie wat NALN wil voorhou, voldoen daarenteen aan die eise van deursigtige demokratiese ge-meenskapsgedrewe aksies, wat vanuit die onderskeie gemeenskap-pe opwerk tot die uiteindelike ideaal om die land se totale saamgestelde literêre erfenis gebalanseerd te bedien. Op die kort termyn is dit minder groots en flambojant, maar op die langer termyn kan dit van Suid-Afrika ?n wêreldleier op hierdie gebied maak.
Volgens hierdie voorstel word die verskillende taalliterêre ge-meenskappe genooi en aange-moedig om intern die behoefte te kommunikeer en ryp te maak om hierdie fasiliteit te wil hê, en om dit te artikuleer. Daarmee saam word enige owerheid (bv. ?n provinsie) of instelling (bv. ?n universiteit) of kultuurliggaam (bv. ?n taal- of skrywersvereniging) wat die ini-siatief wil neem om so ?n fasiliteit te inisieer en te huisves, genooi om na vore te tree.
Die minimum voorskriftelikheid behoort te geld: die maksimum fokus op resultate, bekostigbare volhoubaarheid en die bemagtiging van alle betrokkenes. Van die kant van die twee bestaande letter-kundige museums - en hier is NALN en NELM geesdrigtig eens in hulle bereidwilligheid - word alle moontlike hulp ten opsigte van inligting, voorligting, opleiding van personeel, ens. aangebied.
Ofskoon die reeks instellings wat op spontane wyse hieruit gaan ontspring nie homogeen in voor-koms, bedryfsmodel, e.d.m. gaan wees nie, gaan hulle missies min of meer dieselfde wees - en ook hulle geesdrif, probleme en resultate. En dít, saam met die ervaring en kundigheid van NALN en NELM, gaan die basis lê vir ?n unieke konstellasie: ?n reeks instellings, geografies geplaas binne die swaartepunte van die onderskeie spraakgemeenskappe, maar deur middel van versoenbare program-matuur en tegnologie besig om te "network" en gesamentlik te bou aan ?n komprehensiewe databasis oor die kollektiewe Suid(er)-Afrikaanse letterkunde.
Mettertyd sal hierdie instellings waarskynlik nader aan mekaar groei. En as die behoefte uitein-delik gemeenskaplik ontwikkel om in een oorkoepelende struktuur oor te gaan, sal dit ?n natuurlike demokratiese proses wees. ?n Bonus, maar nie noodsaaklik vir die lewering van resultate nie. Die beperkte beskikbare geld en mannekrag sal aangewend word om die werk te doen - nie om die struktuur te bou nie.
n Unieke konsep
Hierdie netwerk van letter-kundige museums/instellings in Suid-Afrika sal tot ?n unieke fenomeen en fasiliteit kan ont-wikkel, tipies van en gerat vir die "global village"-era. Nie net sal die onderskeie literature in die inheemse tale binne hierdie "intranet" vryelik in interaksie wees nie, maar die netwerk as ?n geheel sal:
via die instellings vir die Afrika-tale se literêre erfenisse en hulle gesamentlike databasis met die letterkundes van die res van Afrika kan skakel - o.m. om die ideaal van ?n Afrika-renaissance ook binne die letterkunde te stimuleer, te ontgin en te reflekteer;
Indien hierdie visie kan materia-liseer, sal Suid-Afrika dus ?n wêreldleier op die gebied van letterkundige museums word. Dit is byvoorbeeld nie so vergesog om te dink dat die lande en tale wat tans in die nuwe Europese eenheid opgeneem word, eendag ?n soort-gelyke behoefte kan ontwikkel om hulle gesamentlike en afsonderlike literêre erfenisse by wyse van ?n genetwerkte konstellasie van mu-seums en verwante instellings te dokumenteer nie. Dan het ons in Suid-Afrika al ?n betekenisvolle loodsprojek deurgevoer.
Weens ?n sameloop van omstandighede het dit so gebeur dat NALN, ofskoon ?n nasionale fasiliteit, histories binne die destyd-se Vrystaatse Provinsiale Admini-strasie gevestig en ontwikkel is. En dat die kundigheid t.o.v. die vestiging en bedryf van ?n letter-kundige museum dus hier beskik-baar is.
Terselfdertyd lê die swaarte-punt van die Sesotho-sprekende gemeenskap ook binne die grense van die Vrystaat. Dit is ?n taal met ?n baie ryk literêre tradisie, wat nog gedokumenteer, bewaar en nage-vors moet word. Dit het duidelik geblyk uit ?n informele behoefte-bepaling en wenslikheidstudie wat NALN verlede jaar as een van sy NALN 25-projekte onderneem het.
Dít vorm die agtergrond vir die Vrystaatse Minister van Sport, Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, mnr. Webster Mfebe, se aankondiging in Februarie vanjaar in die Vrystaatse Wetgewer dat sy departement ?n museum vir die Sesotho letterkunde gaan ontwikkel. Dit sal met die hulp van en naas NALN ontwikkel word.
Die besonderhede t.o.v. ligging, inkleding, ens. sal nog in kon-sultasie met die Sesotho-gemeen-skap bepaal word, maar sekere kundigheid en infrastruktuur sal waarskynlik met NALN gedeel kan word. Verder is die Provinsie se Biblioteek- en Inligtingsdiens, veral deur sy infrastruktuur van streek- en gemeenskapsbiblioteke, goed geplaas om ?n ondersteunende funksie te verrig, en is waardevolle insette reeds gelewer.
Opwindende moontlikhede be-staan reeds vir die uitbou van hierdie nuwe museum se versame-lings, byvoorbeeld in die vorm van beloftes van uitgewers, biblioteke, akademici, private versamelaars en veral Sesotho-skrywers en individuele lede van Lesiba, die vereniging van Sesotho-skrywers. Steun is ook vanuit Lesotho beloof, want soos NALN, sal hierdie mu-seum se missie ook oor staatkun-dige grense heen sny. ?n Oproep word derhalwe gedoen aan alle instansies, organisasies en indivi-due om mee te werk.
Terwyl NALN sy bydrae lewer om die grondwerk vir die Sesotho Letterkundige Museum te doen, is die verwagting dat dié museum in die loop van volgende jaar in bedryf gestel sal kan word.
n Voorbeeld om na te volg
Na verwagting sal die ontwik-keling van die Sesotho Letterkun-dige Museum ander taal- en kul-tuurgroepe aanspoor om dergelike inisiatiewe te neem. Dit sal beteke-nisvolle stappe in die rigting van die ideaal van ?n konstellasie van letterkundige museum/instellings wees. NALN - en ons kollegas by NELM, weet ons - sal graag aanmoediging, advies en onder-steuning verleen, sover enigsins moontlik.
T.O. HONIBALL SE ESSIE KOM KUIER
Laat verlede jaar kry ons besoek van mev. Essie Honiball, weduwee van die geliefde spot-prenttekenaar, T.O. Honiball.
By die Langenhoven-uitstalling vertel sy dat haar man destyds gevra is om die illustrasies te doen vir die heruitgawe van Langenhoven se kinderboeke, waar-onder die verhaal van Brolloks en Bittergal. Hy het ?n tekening gemaak van Soetlief wat deur Brolloks gejaag word. Mej. Sarah Goldblatt, die "bewaarderes" van Langenhoven se nalatenskap, was egter glad nie tevrede met die tekening nie, want die vlugtende klein heldin is al te onverfynd uitgebeeld. A nee a! Sy is dan soos ?n feetjie: sy moet baie mooier en waardiger lyk as dit! - sy mag nie lyk soos Pluimfina wat vir ?n leeu geskrik het nie! Die onbeïnvloedbare, ervare Ochse Honiball kon hom egter nie laat voorskryf oor hoe Soetlief in die oomblik van haar grootste vrees moes lyk nie. Dus moes Saartjie maar ?n ander illustreerder kry.
In die gang, net vóór die deurgang na die stoep waaruit die Honiball-uitstalling bereik word, staan mev. Honiball stil by die groot geraamde kleurprent van die Adoons-familie wat na ?n TV-uitsending kyk. Op die skerm kom ?n jong bobbejaan-meisie, in ?n bikini geklee, in volle vaart uit die branders gehardloop op ?n vakansiestrand, met ?n keffende nat brak langs haar voete - laasgenoemde duidelik die attraksie wat ook die Adoons-gesin se huisbrak laat saamkyk en stertswaai. Adoons se tong hang ook uit van die lus, maar dis nie die skerm se hond wat hom so laat kwyl nie! Want kyk hoe gluur Keesje hom aan .. . Haar oë vonkel as sy met die hand na al die geliefde, bekende karakters beduie. Dié prent het haar man destyds geskep vir Die Huisgenoot, in opdrag van die SAUK - dit was in die vroeë sewentigs, om die koms van televisie na Suid-Afrika te vier.
In die Honiball-kamer aangekom, kyk ons weer eens na die reeks oorspronklike tekeninge van die drie tydskrifreekse wat T.O. Honiball geskep het vir Die Huisgenoot (Adoons-hulle), Die Landbouweekblad (Oom Kaspaas) en Die Jongspan, die kindertydskrif (Jakkals en Wolf).
In swart ink is hulle geteken, die één bykomende kleur op elke bladsy het die koerantmense self ingesit. Hy het egter nie ?n pen gebruik soos ons aangeneem het nie - nee, as ons mooi kyk na die foto van sy hand wat besig is met ?n skets, dan is die dun kwassie in die hand duidelik sigbaar! Hierdie kwassie het slegs twee hare gehad; daarmee het hy ook die teks by elke tekening geskryf - wat byna ongelooflike vaardigheid moes geverg het!
DIE SEëLMOTIEF IN DIE ONDERSKEPPER
Inleiding
Ek is nie ?n filatelis nie, maar my oudste dogter, Melita, wel. Sy is lid van Junior Seëlklub De Kuilen (o.l.v. Dennis Horn) en sy neem sedert haar 12de jaar deel aan die Junior Nasionale Seëlskou (JUNASS).
Die meeste beoefenaars van hier-die stokperdjie openbaar ?n paar bewonderenswaardige eienskappe: ?n nougesette wetenskaplikheid en presisie, volgehoue nuuskierigheid, ?n intense belangstelling in die geskiedenis (hetsy van ?n land, tydperk of filateliese periode), ?n kreatiewe gees, gesonde mede-dinging en ?n respek vir feite.
Al hierdie positiewe eienskappe (maar ook hul teëhangers, soos bv. hebsug, materialisme, verenging of selfs manipulasie van die geskie-denis, ens.) kom in die storie van Die onderskepper, of, Die dorp wat op ?n posseël pas, tereg.
Agtergrond
Die boek het grootliks ontstaan tydens my en my dogter se reis na Bloemfontein in 1996, en uit ons bywoning van Junass ?96. Ons het vanaf Kaapstad deur talle dorpies gereis (ook omdat ek haar ?n onbekende deel van die land wou wys) en dit, tesame met my eie dorpservaringe as kind en later onderwyser, het gekulmineer in die behoefte om ?n "dorpsroman" te skryf. Baie van die dorpies is so klein dat ?n mens maklik kan oordryf en vertel dat hulle op ?n posseël sou pas - vandaar, ten dele, die ondertitel. Wat my van jongs af interesseer, is hoe sulke dorpies "inmekaarsit", m.a.w.: die dorpspolitiek, die aard van die dorpe en die soort verhoudinge waarin mense hulle bevind.
Die posmeester, die dorpsdokter en die skoolmeester is gewoonlik die mense wat die meeste van die dorp af weet. Daarom speel hierdie drie - asook ouma Ragie - dan ook ?n belangrike rol in Die onder-skepper - met posmeester Arend Visser wat dan as verteller/ hoofkarakter optree. Hy vertel die storie, en hy doen dit onder meer met behulp van seëls en ander filateliese materiaal - ook aanha-lings uit briewe, o.a. briewe wat die filatelis dr. Dennis aan hom skryf en waarin feite of beskouinge oor seëlversameling na vore kom. (Die inligting kom uit ?n rits boeke oor die filatelie, wat ek in die bronnelys agterin Die onderskepper vermeld. Dis veral die interessante werk van Otto Hornung, The illustrated encyclopedia of stamp collec-ting, wat my gedagtes geprikkel het.)...
Die meeste van die seëls word ironies aangewend. Op hierdie manier vorm hulle nie net ?n parallel met wat in hoofstukkonteks (of binne die verband van die boek as geheel) gebeur nie; dit bring ?n dimensie van bevraagtekening by en wil graag ander vlakke van "betekenis" oproep. Of dit altyd slaag, is ?n vraag wat die gewone leser en u as filateliste beter sal uitmaak. Uiteraard kan ek, binne die toegelate tyd, nie op al die seëls ingaan nie. Ek wys hier op ?n paar sentrale voorbeelde:
Die Lundy-gedenkseël hfst. 1: Saam met die hoofstuktitel "Care of the postmaster" moet dit die ironie na vore bring wanneer ons agterkom dat dié gerespekteerde man briewe oopstoom. Hy "rasio-naliseer" natuurlik daaroor ons lees later dat hy homself soms as "bewaarder" of "beskermer" van dorpsgeheime sien - en dit gee nou ?n ander betekenis aan die woord "care" "caritas". Die seël roep die vroeër? werklik gerespekteerde uiters verantwoordelike werk van die briewebesteller na vore - maar Arend is ook briewebesteler.
Hoofstuk 2 begin met ?n seël die land het my ontgaan waarop ?n hardlopende perdemerrie uitge-beeld word. Wat van belang is, is dat hierdie soort seëls nou nie juis ernstige filateliste opgewonde sal maak nie. As ek dit reg het, is dit ?n tipiese sg. "swartlys"-seël - m.a.w. kwessis soos "egtheid" en "onegt-heid" duik hier op. Nou moet ?n mens onthou dat die dorp veel van hul "dorpsikoon", Sybokkie, verwag het - maar die "verhaal" openbaar ?n ander sy: sy het voete van klei; sy is per slot van sake soos ook Lady Diana - vgl. die Diana- hfst. 10 en Groenlandse meermin-seëls hfst. 18 - volgens my bronne wél ?n "waardevolle" stuk!.
Aan die een kant is sy die dorpsgodin, aan die ander kant is Sybokkie vir party mense dalk niks meer as ?n "merrie" nie! Let in hierdie verband veral op die motief van "etniese suiwering", rassebe-wustheid en apartheid, soos wat dit ook in seëls rondom die Nazi-tyd na vore kom; insluitende die Hitler-seël hfst. 9 en "weermagstempel" hfst. 17.
Die Switserse sprokieseël (hfst. 3), wat uit Melita se eerste tematiese uitstalling (Junass ?96: "Vertel my ?n storie") kom, is natuur-lik Aspoestertjie en haar "prins" - wat uiteraard Helena (Sybokkie) Sybrandse se "drome" of "illusies" op menslike vlak verteenwoordig. In die storie het Sybokkie die aand van haar dood die hoofrol in die opvoering van dieselfde sprokie gespeel - en toe buitentoe gegaan om haar "prins" te ontmoet. In werklikheid stap sy dan haar dood tegemoet.
Hoofstuk 4 begin met ?n "Uilspieël"-seël (eweneens uit Melita se uitstalling). Uilspieël is in die letterkunde die dorpsgek ("fool") wat soms in sy "dwaasheid" groot waarhede openbaar. Dat die in-houd van die hoofstuk in hoofsaak handel oor die kwessie van ?n "vreemde" prokureur met ?n "vreemde" opdrag (DM 28 is darem dik vir ?n daalder!), asook oor Arend se reaksie daarop, mag die leser voorlopig twee keer laat dink: is hier nie ?n soort kullery, ?n gekkespul, aan die gang nie? Die hoofstuk begin ook met ?n terugflits na die toneel onmiddellik ná Sybokkie se dood - en dieselfde Uilspieëlagtige ondersoekbeampte (Sersant Pien-kes) tree deurgaans op, later selfs vanuit die ouetehuis waar hy hom bevind! Het hy nie self skuld daaraan dat die moord nooit "opgelos" is nie? (Vgl. ook die Sherlock Holmes- en Peter Sellers-seëls, hfste. 21 en 25).
Die werklike (groter) ellende van die mensdom, maar óók die hoop op verlossing, word o.a. deur die seëls by hoofstukke 30 en 38 gesuggereer. By hfst. 30 "gedenk" die Oradour-seël een van die ergste gebeurtenisse in Wêreld-oorlog II - selfs kerke waarin vroue en kinders geskuil het, is nie ontsien nie! (Hedendaagse parallelle bestaan natuurlik ook.) Die hoofstuk self bied egter ook hoop: enersyds het die "kreatiewe opwelling" reeds ?n soort eenheidsgevoel in die dorp teweeggebring (?n groter begrip vir mekaar), terwyl ons óók hoor "Daar moet altyd plek vir individualiste wees" (p. 215). Andersyds ontwaak die Kerk (hier in die figuur van Vader Van?t Westeinde) om almal tot berou op te roep. Dat die dorp ook "na buite" moet reik, word verder aangedui deur die SOS Child Care-seël (hfst. 38). In feite neem die gekomiteerde kinders (wat nie dorpsbewoners is nie) tog ook deel aan die fees - só word hulle deel van die dorp en die mensdom se groter verantwoorde-likheid.
Ook vir die hartseer van die individu is daar plek. Gestremdes (wat ook al hul persoonlike "geskiedenisse"), soos die hardvog-tige Basie Stroebel se suster, Lam Berthatjie, is nie net gemargina-liseer nie; sy is deel van die "dorpskande" omdat sy verkrag is én omdat hulle toegelaat het dat ?n skelm geloofsgeneser haar valse hoop gee. Die rolstoel-seël dui op die (moderne) bewustheid van ge-stremdes se rol en plek in die samelewing; haar eie broer se houding teenoor haar verraai die teendeel.
In die verhaal self is verskeie briefgedeeltes opgeneem - o.a. die korrespondensie tussen dr. Dennis en sy vriend Arend Visser. Soos die seëls verteenwoordig dit vir Arend kontak met ?n wêreld wat veel groter is as sy eie, klein, bekrompe omgewing. Dit bied ook die geleentheid tot ironiese kom-mentaar - soos oor die relatiewe waarde van seëls (d.w.s. hul versamelaarswaarde én hul "face value"). ?n Duitse seël waarop DM50 gedruk is, relativeer ook die "fortuin" waarna almal op die dorp so graag streef (en dit kan in die briewe aan Arend uitgelig word). Net so relativeer die woord "Ablösung" (wat iets gans anders in die filatelie beteken) die idee van "aflaat" (as jy bieg, word jy vergewe) wat ons die laaste paar jaar rondom die WVK leer ken het (en ook in godsdienstige verband).
Ten slotte: Die rol van water. Reeds vroeg in die boek (hfst. 5) dui ?n seël op die sentrale rol van water (as simbool van absolute suiwerheid en lewe) in Die onderskepper. (Die titel, terloops, roep natuurlik - naas "interceptor" - ook die moontlikhede van "die mens as onderSkepper" teenoor Die Skepper op; tot in die mens se godspelery. Daarby wil die titel, saam met die put-water-beeld, soos op die ersatz-seël agterop die omslag uitgebeeld, suggereer dat ?n mens diep moet gaan skep om by Die Waarheid uit te kom). Ek gaan hier nie verder in op die watermotief nie; dis voldoende om daarop te wys dat ook die visarend, die kruik (hfst. 6), die druipsteengrotte (hfst. 12) en die meermin (hfst. 18) die belang van dié motief benadruk.
Die onderskepper is in vele opsigte ?n emblematiese roman - dit sluit dus aan by Middeleeuse kunsvorme (ook in die skryfkuns) waar simbole in die vorm van "embleme" (dikwels grafiese voorstellings) optree om die "verhaal" te vergesel of aan te vul. Ek vertrou dat die lees van die boek ook vir u as versamelaars van egte "embleme" plesier kan verskaf. Ek het baie uit die filatelie geleer!
Rikie Postma laat steeds die lig uit die Ooste helder brand - sewentig jaar later!
In 1929 verskyn die eerste uitgawe van Rikie Postma se "Vertellinge uit Bijbellande" in boekvorm by J.L. Van Schaik Uitgewers. Dit is die subtitel van Lig uit die Ooste, en is aanvanklik as ?n reeks sketse in Die Kerkblad van die Gereformeerde Kerk gepubliseer. Die tweede, hersiene uitgawe van Lig uit die Ooste verskyn in 1966, nadat die skrywer reeds oorlede is. Nes die eerste uitgawe is dit ryklik toegelig met Bybeltekste, maar in hierdie nuwe weergawe kom die aanhalings uit die 1933-vertaling. Die volledige getikte manuskrip, saam met die nota van die tikster, word in NALN bewaar.
Die Museum besit ook nog agt klein blaadjies van ?n handgeskrewe manuskrip van die vroegste aanvang van hierdie "Vertellinge" - reghoekige blokkies van ?n groot gelinieerde foliobladsy wat deur Postma self opgeknip en dwars gedraai is sodat sy bo-oor die blou lyntjies kon skryf. (Weens papierskaarste of om gerieflik in die vrouehand te pas? )
Wonderlik is die verhale - hoe die Heilige Boek saamgestel is en deur al die eeue heen, ten spyte van vervolging ".. .
In die uiteindelik gedrukte teks van die eerste uitgawe is die inleidingsparagraaf heelwat meer aan-gevul:
Daar is baie verhale van wonderlike gebeurtenisse in die wêreld, maar die wonderlikste is seker die geskiedenis van die Bybel - "
Daar is ook ander dokumente uit die Van Schaik-versameling wat verband hou met Lig uit die Ooste. Eerstens is daar die eerste buiteblad-ontwerp, ?n swart penskets op wit papier van ?n sewe-armige kandelaar - die Joodse tempelkandelaar - met die boektitel daar-onder. Rikie Postma wy die slothoofstuk van Lig uit die Ooste aan "Die goue kandelaar" en verduidelik hoe elke getroue Joodse gesin op die "fees der Ligten" so ?n Chanucca-lamp in hul vensters laat brand om die lig na die donker wêreld buite uit te straal. Die boek eindig dan ook met die woorde. "In Uw licht sien wij het Licht."
Hoofstuk 21 vertel ?n ou Kersverhaal uit Italië: Langs ?n ander weg verby. Dit is die verhaal van die Palestynse vrou Befana wat te besig was met haar huiswerk om die Wyse Manne uit die Ooste te gaan groet toe hulle kamele verbytrek na Bethlehem.
By die put, die bymekaarkomplek, sit die vrouens eers te rus by hulle kruike en bespreek die gerugtes. Die kindertjies, wat met groot oë na die snaakse kamele met hulle ryk versiersels en klinkende belletjies aan die tome, gekyk het, vertel ook vir hulle maatjies. En, toe die vreemdelinge uiteindelik in gesig kom en die kinders opgewonde roep na hulle moeders, wat nog binne die huise mag wees en uitsnel, wil die vlytige, koppige Befana nog nie notiesie neem nie, of haar werk ?n oomblikkie opsy sit nie"...
Uit die Bybelse geskiedenis weet ons maar alte goed waarom die Wyse Manne nie weer daarlangs teruggereis het nie.
En, vir haar straf, .. .. .. moet sy nog altyd wag. Om nou op te maak vir haar onbelangstellendheid teenoor die Wyse uit die Ooste, wat die presente gebring het om aan die voete van die Here Jesus te lê, gaan sy nog elke jaar rond, na kersfees, en bring geskenke aan al die kinders van die wêreld."
Gerug het deur die land gegaan, die Wyse uit die Ooste kom,
Goud, wierook en mirr? vir Hom.
En vele, ver, en van naby,
Gaan buite Bethlehem en bring,
Elk met aanbiddend hart en bly,
Sy eie gaw? ook hoe gering.
Net een, Befana, sy is nie daar,
Het nie nou tyd, het nie nou oor,
Te druk begaan oor eie swaar,
Sy sal hul blydskap later hoor.
Maar nie meer kom hul daar die pad,
Vergeefs nog wagtend daar sit sy.
Die Wyse met hul hemels-skat,
Is langs ?n ander weg verby.
O hart vol sorg en aardsbelang,
Laat alles tog ?n wyle wag.
Die jaar is maande, weke lang?
Maar het één enkel Kersfeesdag!
In 1937 onderneem Rikie Postma ?n uitgebreide reis na Europa en die Midde-Ooste saam met haar oom en tante, Totius en Maria. Uit Jerusalem skryf sy ?n borrelende brief aan Liewe Pa en Susters, waarvan die oorspronklike ook in NALN se besit is. "O, die Suez kanaal was wonderlik! Ons het eers buite gelê en wag en signale gemaak vir ?n piloot," vertel sy ekstaties. By Port Said het hulle die skip verlaat, om later vanaf El Kantara na Jerusalem per trein te reis: "?n nagmerrie van ?n reis".
Toe ek Mej. Rikie Postma die laaste keer gesien het, was sy vol van die aanstaande Bloemfonteinse fees ter verwelkoming van die ossewaens wat die volgende dag sou arriveer.
En verder: Toe dit bekend geword het dat my vrou en ek ?n uitgebreide buitelandse reis sou onderneem, het Mej. Postma dadelik geïnformeer of sy kan saamgaan.
Hy vertel met lof van haar belesenheid en kennis oor al die plekke wat hulle besoek het, en ook van haar opgewekte geaardheid:
Haar teenwoordigheid en vrolike geselskap het ons opgefleur in oomblikke van swaarmoedige gepeins oor die dierbares wat so ver van ons verwyder was en wat ons, al verder reisende, al verder van ons af geweet het.
Uit Rikie Postma se pen het artikels verskyn in byna elke Afrikaanse tydskrif en dagblad van die tyd. Benewens Lig uit die Ooste het sy ook ?n hele paar kinderboeke geskryf (Elsie die veldkindjie, 1921, is miskien die bekendste), en ook ?n boek oor oudhede in Kaapstad (Ou dae en dinge, 1935).
In 1933 verskyn Krismisland, ?n storie vir stadskinders, waarin Postma vertel van die tweeling Kotie en Katotjie se kuier in Krismisland. Oom Karolus, Vader Krismis se voorman, verduidelik aan hulle dat die ou weldoener nie in sonnige Suid-Afrika ?n (rooi) woljas en -mus dra nie, maar ?n mooi wit linnejas, met ?n breërand-strooihoed, wat die Mieliebaard-Dwergies vir hom vleg. By die lees van hierdie kinderboek met die fyn tekeninge word dit darem gou vir die leser van meer-as-ses-dekades-later duidelik dat die skrywer ?n onderwyseres was! Want by monde van die einste Oom Karolus gee sy die kinders van die dertigerjare ?n hele paar lesse. Oom laat hulle groot name leer, almal woorde wat met die letter K begin, van goeie dinge, slegte dinge en ook van núttige dinge, soos koffiekan, ketel en komfoor, asook kruithoring en kanon!
Ja, wat ek wou vra, kinders: Raai, raai waarom noem ons hierdie gevlegde koek Koeksisters?" en hy spel "K-o-e-k-s-u-s-t-e-r-s."
Oom, is dit nie Koeksisters nie?" vra Katotjie.
Nee, kind, Koeksisters is Engels, ons praat nou Afrikaans, - Koeksusters - waarom so ?n naam?"
Nee, ek weet nie, Oom," antwoord Katotjie, omdat hy na haar kyk.
Maar jy behoort te weet, stompkoppie, jy met jou kortgeknipte hare. Waar is jou vlegseltjies .. . ?"
Die haarsnyer het hulle afgesny, Oom," antwoord Katotjie.
Ongelukkig gee die onnutsige oom nooit vir Katotjie die regte antwoord nie. Hy vertel vir haar dat koek-sisters gemaak word van sustertjies se afgesnyde haarvlegseltjies wat in suiker gelê word!
SKENKINGS
n Opgawe van skenkings aan NALN het laas in ons Nuusbrief van April 1998 verskyn. Sedertdien was die oes - soos altyd - ryk, uiteenlopend en baie interessant.
Die geleentheid vir ?n besoek aan Kaapstad en omgewing het hom weer in Desember 1998 voorgedoen. En soos almal weet, laat geen Vrystater ?n besoek aan Kaapstad verbygaan nie! Daar aangekom, het Otto Liebenberg en Erika Terblanche hulle kragte verdeel om die maksimum produk-tiwiteit uit ?n enkele week te haal. ?n Wye verskeidenheid skenkings is in ?n oorlaaide Venture en sleep-waentjie teruggebring. By Tafel-berg en Queillerie Uitgewers het ons ons gereelde pakke en pakke manuskripte gekry. Interessante toevoegings tot ons versameling is Eben Venter se manuskrip van Ek stamel, ek sterwe; die manuskrip met verbeteringe deur François Bloemhof van Hostis; Skink nog ?n uur in my glas: nagelate verse van Koos du Plessis met variasies van sommige gedigte (almal van Queillerie); P.J. Bosman se Soms mis die hart nog ?n slag met korreksies deur die outeur en die redakteur; Swerfgesange vir Susan en ander deur Petra Müller en die oorspronklike manuskrip, asook finale kopie van Wensbeen deur Donald Riekert (van Tafel-berg). Tafelberg het ook argief opgeruim terwyl ons daar was en met die hulp van mej. Bettie Marais het ons letterlik duisende lêers met inligting oor elke boek en skrywer wat by hulle gepubliseer het, Bloemfontein toe versend. Dit was wonderlik georden en ons kon net kom wegpak ná die vakansie.
Boeke, boeke en nogmaals boeke is ook gestuur vanaf Tafelberg. Aan almal by die twee uitgewerye wat te midde van groot omwentelinge ons personeel só vriendelik ontvang het, sê ons baie dankie.
Tydens die Kaapse besoek het ons heerlik in die skadu van Tafelberg se agterkant by Rachelle Greeff in Rondebosch gekuier en ook nie leëhande daar weggegaan nie. Rachelle het verskillende weergawes van haar roman, Al die windrigtings van my wêreld, saam teruggestuur met beloftes van nog báááie skenkings in die toekoms. Johann de Lange het sy reeds bestaande versameling by NALN aangevul met dokumente rondom Wat sag is vergaan. In ons bedryf loon dit gewoonlik om geduldig te wees. Johnita le Roux het na ?n aanvanklike besoek twee jaar gelede haar materiaal wat verband hou met Die dagstêrwals bymekaar gemaak en dit kon net opgelaai word. Uit pragtige Stellenbosch het dr. Arnold Blumer sy Duitse vertaling van A.H.M. Scholtz se Vatmaar gegee - met die oog op die Vertalingskamer wat tans ingerig word, is dit meer as welkom.
Toe die komponis Arnold van Wyk in 1983 oorlede is, het hy sy vleuelklavier en die inhoud van sy musiekkamer aan NALN bemaak. Dit is al die tyd deur prof. Jan du Toit "opgepas" totdat ons dit kon gaan haal het. In ?n vorige uitgawe van die Nuusbrief is gemeld dat W.A. de Klerk voorwerpe aan NALN bemaak het.
By mev. De Klerk in die Paarl is al die foto?s en ander aandenkings wat in sy studeerkamer teen die mure, op die lessenaar en op die boekrakke was, opgelaai. En op Wellington, by Rud. P. Visser se kleinseun, ds. R.P. Visser, is verdere dokumente wat sy oupa se bestaande versameling by NALN aanvul, in ontvangs geneem. By Appèlregter Leonora van den Heever het ons die gipsborsbeeld van Toon van den Heever (deur Laura Rauten-bach) gaan oplaai om saam te vat na Bloemfontein. Ook het ons by dr. A.D. Keet jr, seun van die skrywer, dr. A.D. Keet, gaan inloer en aanvullende skenkings ingelaai.
Nog ?n geval waar ons geduld op die ou end beloon is, is die skenking van Trienke Laurie. Tydens die Boekmakietie in September 1997 is daar tentatief met haar gesels oor die moontlike skenking van dokumente aan NALN. En op 28 November 1998 daag sy en haar man, prof. Dirk Laurie, persoonlik by NALN op met manuskripte en ander materiaal rondom haar digbundel, Skiet-spoel, wat met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Dié interessantste knipsels en artikels wat duidelik aandui hoe Trienke se kreatiewe gees haar gelei het, maak deel uit van die skenking. Ons sien uit na die volgende besending, Trienke.
Die Boekmakietie was nog altyd ?n geleentheid waar skrywers bearbei kon word om materiaal aan NALN te skenk. Paul J. Bosman, wie se debuutbundel Ryp geel kring met die Ingrid Jonker-prys bekroon is, was verlede jaar by die Boekmakietie om sy bundel kort-verhale, Soms mis die hart ?n slag, met ?n groep gretige lesers te bespreek. Hierdie "jong" skrywer is net daar vasgekeer en ?n belofte is van hom gekry: hy sou sy manuskripte aan NALN skenk. En hy het woord gehou! ?n Maand later het die groot wit koevert hier aangekom met die getikte manu-skrip van gedigte uit Ryp geel kring, met verbeterings daarop in sy eie handskrif, asook ?n brief van Jan Rabie namens die destydse Skrywersgilde waarin hy in kennis gestel word dat sy bundel met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Paul, nou wag ons nog net vir die groot vel papier teen die muur agter jou lessenaar waarop allerhande versies, tekste en vermanings oor die jare neergepen is.
Hennie van Deventer wat met sy uittrede Uitvoerende Hoof: Koeran-te van Naspers was, het sy plak-boeke met knipsels, briewe, resensies, ens. oor Scoops en skandes, Flaters en kraters, Oos wes - reismoles! en Kroniek van ?n koerantman vir NALN geskenk, asook die manuskripte en reke-naar-"stiffies". (Die versameling dokumente wat in die plakboeke byeengebring is, is van die beste voorbeelde oor die resepsie-geskiedenis van publikasies).
Die lys begin nou al soos ?n inventaris of voorraadopname voel, maar nog is het einde niet! Soveel skrywers aan wie ons die skrywers-kaarte met versoeke vir biografiese en ander inligting stuur, reageer positief op ons versoeke. Daarvoor is ons u baie dank verskuldig, want sonder u bereidwilligheid kan ons nie die diens lewer waarop baie mense staatmaak nie. So het Deon van Zyl, skrywer van die humoris-tiese bundel ?n Gevaarlike talent en ander stories, manuskrip-materiaal, knipsels, klankkassette met onderhoude en vele ander materiaal geskenk in antwoord op ons beroep.
Vader Bonaventure Hinwood het dokumente rondom die vertaling van psalms en gesange gestuur, asook ?n skildery deur die digter Phil du Plessis. Dit is blykbaar die enigste skildery wat Du Plessis ooit geskilder het. Prof. Deon Knobel, broer van wyle Wilhelm Knobel, het na sy moeder se afsterwe die restant van sy broer se nalating wat boeke, personalia en ander arte-fakte insluit, ook aan NALN besorg.
Die eerste ses maande van 1999 was dr. George Weideman in Bloemfontein as resident-skrywer by die UV. Benewens al sy verplig-tinge by die universiteit, leeskringe, ens. het hy NALN nie vergeet nie. Sy versameling by ons is uitgebrei met manuskripmateriaal van sy nuwe jeugverhaal, Dana se jaar duisend, en enkele dokumente rondom sy nuwe roman, Die draaijakkals.
n Besonder omvangryke sken-king is ook ontvang vanaf Die Instituut vir Kinder- en Jeuglektuur in Potchefstroom, nl. die kinder-boekmanuskripte van die Uitgewery Daan Retief. Met die sluiting van Kagiso het die lêers van HAUM-Literêr se publikasies ook in NALN se skoot geval en kan ons nou daarop aanspraak maak dat die dokumente van die meeste uit-gewers in die land by NALN is.
P.W. Buys, bekende digter van Potchefstroom, het einde verlede jaar die moeite gedoen om per-soonlik Bloemfontein toe te kom en ?n geskenkkopie van sy jongste bundel vir NALN te bring. Van sigbare en onsigbare dinge het ?n besonder positiewe ontvangs in die media gehad. Prof. Buys het ook ?n eksemplaar van Waar paaie saam-woon geskenk, ?n huldigings-bundel wat - soos sy digbundel - in 1998 gepubliseer is, en deur sy kollegas saamgestel is.
So het ons aan die einde van die lys gekom. Dit lees amper soos ?n "Who?s Who" van die Afrikaanse letterkunde. Indien enigiemand uit-gelaat is, vra ons om verskoning. U kan egter altyd verseker wees dat enige skenking wat verband hou met die Afrikaanse woord (hoe klein ook al) altyd ?n veilige rusplek by NALN sal vind. Baie dankie aan almal se getroue ondersteuning.
SPESIALE BESOEKERS
Ons glo graag dat NALN ?n toeganklike tuiste is vir almal wat belang het by die skeppende woord. Vanjaar het dan ook reeds ?n stewige kwota spesiale gaste opgelewer.
Antoinette Pienaar, wat deesdae nogal dikwels die kollig steel met haar teaterwerk (én haar persoonlikheid!) het in Januarie haar waterwyfie Eporia Bloemfontein toe gebring. Tydens haar kuiertjie by ons het sy, soos altyd kopvol stories, saam met ons om ?n bord yskoue waatlemoenblokkies sit en gesels - nog met die nimf se vloeiende bewegings aan?t beduie, maar alreeds besig met Johanna, die Anglo-Boereoorlogvrou. Antoinette is een van daardie fris briesies wat deur Afrikaans waai: altyd iets vir die stoere oueres, maar byderwets genoeg om die jongeres hulle ore te laat spits.
Die plaaslike Departement Afrikaans en Nederlands het gedurende die eerste semester vanjaar ?n "immigrant" van die Kaap as resident-skrywer ontvang. Op inisiatief van prof. Hennie van Coller het dié skrywer, George Weideman, in Maart ?n oggendlesing by NALN aangebied oor sy bekroonde werk, Die onderskepper, of, Die dorp wat op ?n posseël pas. Leeskringe het veral die geleentheid benut om vrae te vra en die skrywer te ontmoet, terwyl George, innemend en interessant soos altyd, oor sy ambag gesels het. (Terwyl hy hier in Bloemfontein was, het hy die roman Draaijakkals voltooi. Dié splinternuwe toevoeging tot sy oeuvre sal op 13 Oktober in NALN bekendgestel word, waar die manuskrip alreeds vasgebind en weggepak lê!). (Lees ook elders in die Nuusbrief George Weideman se praatjie oor "Die seëlmotief in Die onderskepper".)
n Projek wat op inisiatief van dr. Manie Wolfaardt van die Technikon Vrystaat saam met NALN aangebied is, was ?n glansryke skrywersaand met die Port Elizabethse skrywer Anlen Marais. Haar jongste poësiebundel Muur van berge het ?n besonderse ontstaansgeskiedenis, naamlik die lang siekbed en dood van haar moeder. Die skrywer het die briefies deur middel waarvan haar ma met hulle gekommu-nikeer het, as boustof vir die gedigte in dié bundel gebruik. Mnr. Danie Botha, uitgewer by Tafelberg, het oor die eenheidsbundel as literêre soort gepraat, terwyl die digter tussendeur gepaste verse voorgelees het vir ?n gehoor wat met meelewing elke woord geniet het. Toe Anlen die volgende oggend by NALN kom kuier het, het sy ?n klein versameling briefies saamgebring. In omvang miskien klein, maar saamgelees met die bundel bly dit bevestiging van die intense tragiek wat soms tot die kreatiewe proses aanleiding kan gee.
In heel ander toonaard was die besoek van Eben Venter, wat in Suid-Afrika was vir die bekendstelling van sy nuwe roman, My simpatie, Cerise. Dit was ?n ontspanne kuier saam met Eben en sy uitgewer, Riana Barnard van Queillerie, met Eben so aan?t gesels oor sy nuutste baba. Hoewel die meeste van ons in daardie stadium nog nie die inhoud onder oë gehad het nie, was sy kort voorlesing daaruit ?n besliste lusmaker. Dit was miskien ook gepas dat ons hulle afgesien het met ons eie heellemoenkonfyt en tuisgemaakte lemoen-likeur. Synde ?n chef van formaat daar in Australië sou dit darem lekker wees as NALN-se-lemoene eendag in een van sy boeke opduik. Hy sê juís hy gebruik so van tyd tot "werklike" karakters!
n "Ko-produksie" (dié keer met die Vrystaatse Universiteit) wat besonder baie belangstelling ontlok het, was ?n Nederlandse aand met skrywers Nelleke Noordevliet, Rob Schouten, Roland Jooris en Monica van Paemel. Die bekoring wat woorde het wanneer hulle deur hul "makers" voorgelees word, is uniek, en dié kuieraand, hier teen die einde van Maartmaand, was sprekende bewys hiervan. Dit was ?n aand waarin NALN deurlugtige besoekers gehad het: die Vrystaatse Universiteit was goed verteenwoordig en van Potchefstroom het prof. Jacques van der Elst gekom, die man met die beursie, wat die uitbetalings namens die Nederlandse Taalunie gedoen het; ook prof. Heilna du Plooy was hier, dr. Reneé Marais en Riet de Jong-Goossens. Met laasgenoemde, ?n gevierde vertaler van Afrikaanse werke in Nederlands, kon ons gesprek voer oor vertalings, en haar belofte van toekomstige samewerking waar moontlik was ?n toegif.
n Appel wat nie ver van die boom geval het nie - dít besef ons dadelik toe Jaco Scholtz onlangs met NALN kom kennismaak het. Want dit is ?n jongman wat wéét wat hy wil, en kennelik genoeg van alles weet sodat hy vinnig en sonder veel moeite daar kan uitkom! ?n Mens hoor sommer vir Ma Hettie Scholtz as Jaco begin uitvra en gesels, kennelik die regte man vir sy pos as skakelbeampte by Human & Rousseau. Ons wens hom graag beroepsplesier toe, veral as hy so nou en dan vir ons bewaringsboekery ?n goeie woordjie kan doen!
Werk ?n mens by NALN, is jy altyd bedag op die (soms vreemde) onderlinge verhoudinge tussen mense, en die broosheid van verbintenisse. Ons wag dus skigtig, maar opgewonde die besoek af van Annette Botha (vroeër getroud met skrywer Chris Barnard) en haar man, dr. Abel Botha. Maar watwo! Die bruisende blonde vroutjie wat saam met haar man hier instap vee enige vertwyfelinge vinnig en skóón weg. ?n Mens besluit uiteindelik moeilik oor dié besoek: Wat was nou die blywendste, die skenking van kosbare Watermeyer-items, of die interessante en onderhou-dende gesprek waaraan ons deel kon hê? G.A. Watermeyer se vrou, die pragtige Letsie (voor haar troue ?n nooi Ferreira, en aktrise), was bekend vir haar keurige en indrukwekkende onthale. Van die porselein het ons nou, via die Bothas, ?n paar voorbeelde present gekry. Daar was ook verdere skatte, soos onder meer die pet wat Watermeyer gedra het wanneer hy kleiduif geskiet het, en ?n paar boeke met persoonlike inskripsies voorin.
Ná ?n byna vyfuurlange kuier is dr. en mev. Botha hier weg, vermoedelik (hoop ons!) diep onder die indruk dat die kosbare inligting waaroor hulle beskik, op een of ander wyse bewaar moet word. En gerusgestel dat hulle ywer vir die Afrikaanse boek deur ons gedeel word.
Dit is ?n ongemaklike ding om te doen: vir ?n skrywer om ?n vertelling oor sy eie boek te gee. Gelukkig het ek dit nooit self versoek nie, maar NALN het my daarvoor gevra. En die feit dat dit ?n biografie is, maak - soos die boksmense sou sê - jou kakebeen wyd oop vir ?n uitklophou. Veral in die geval van S.J. du Toit.
Die historikus-skrywer Thomas Carlyle het op ?n keer gesê: "History is the essence of innumerable biographies." Met S.J. du Toit betree ons ?n gedeelte van Suid-Afrika se geskiedenis van die laaste helfte van die 19de eeu en die eerste dekade van die 20ste eeu - ?n uiters opwindende tydperk met ingrypende krisisse. En met S.J. du Toit loop jy op die wêreld van die geniale mens, die verstommend veelsydige mens. Dit is die tydperk tussen sy geboortedag op 9 Oktober 1847 op Kleinbosch, Daljosafat en sy sterfdag op 28 Mei 1911. Sy geboortekamer was ook sy sterfkamer en sy graf is ?n klipgooi daarvandaan in die ou Hugenote begraafplaas. Sy graf-steen vertel die verhaal: Vader van die Afrikaanse taal, stigter van die Afrikanerbond, stryder vir die Calvinisme.
Begin van hierdie navorsing
Die boek S.J. du Toit van die Paarl (1847-1911) sal eersdaags by Martix, Roodepoort, verskyn. Die navorsing daarvan het eers indirek, spontaan op ?n koue wintersaand in 1961 begin toe ?n oorspronklike brief van Totius op ?n plaas naby Greytown in Natal ontdek is. Die doelbewuste, deel-tydse navorsing oor J.D. du Toit (Totius) vir baie jare lank, het vanselfsprekend ook nuwe doku-mente oor sy vader S.J. du Toit in die lêers laat beland. Nadat die Totius-biografie in 1993 voltooi is, kon daar met die versamelde S.J. du Toit-dokumente ?n begin ge-maak word.
Die leemte in Totius se biografie oor sy vader (S.J. du Toit in Weg en Werk, 1917) waarin belangrike dele van S.J. du Toit se lewe ontbreek (nie moedswillig nie), kom vir die eerste keer na vore. Hier dink ons byvoorbeeld aan die Europese toer van 1889 toe hy as ?n miljoenêr vertrek het en as ?n brandarm man teruggekeer het. Of die onbekende intriges wat Leyds, die Staatsekretaris en sy vrou Louise, agter die skerms gevoer het om van S.J. du Toit as Superintendent van Onderwys van die Z.A.R. ontslae te raak. Ook belangrike feite en dokumente in verband met die hysing van die Vierkleur op die wesgrens in 1884 is nog nooit vantevore gepubliseer nie.
Stormvoël, wilde esel... of profeet?
Ds. S.J. du Toit, onder andere stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875, redakteur van die eerste Afrikaanse koerant Di Patriot, oprigter van die Afrikanerbond, stryder vir die Afrikaanse taal, Bybelvertaler en onderwysman was een van die mees omstrede figure van ons geskiedenis.
Sy eie seun Totius skryf dat sy vader ?n Ismael was, sy hand teen almal, en almal se hand teen hom. Lees ons die Bybel verder op daardie plek van Ismael dan sien ons dat dit ook "?n wilde esel van ?n mens" is.
Die skrywer W.A. de Klerk noem S.J. du Toit ?n man wat "naas J.C. Smuts; seker een van die mees begaafde geeste was wat Suid-Afrika nog opgelewer het". Die Staatsekretaris van die Z.A.R. dr. W.J. Leyds noem S.J. du Toit in ?n dokument in Nederland "?n ver-vloekte huigelaar" en "een boze geest".
Die teenstrydige uitsprake oor hierdie mens S.J. du Toit kan met dosyne vermenigvuldig word.
Die grootste ontdekking oor S.J. du Toit
Toe ?n tiental vergeelde briewe uit ?n argief opgediep is, het ek ?n ontdekking gemaak wat my letterlik ?n dag nie laat slaap het nie. Dit was die korrespondensie (as "konfidensieël" gemerk) tussen Gustav Preller en S.J. du Toit in 1905. Vir dae lank het die één ingrypende feit my gedagtes oor-heers: Dit lyk asof die geskiedenis van die Tweede Taalbeweging weer herskrywe moet word - on-danks die uitmuntende studies wat reeds daaroor bestaan. Ruimte laat dit gladnie toe om hier enigsins breër daarop in te gaan nie - dit word in ?n lang hoofstuk vertel.
Die harde, kil, kliniese feit is dat Gustav Preller se manifes (E.C. Pienaar se benaming) van die Tweede Taalbeweging in 1905, woordeliks, letterlik uit S.J. du Toit se briewe en geskrif Afrikaans as Volkstaal oorgeneem is. Dit het werklik gebeur terwyl manne van die Afrikaanse taalgeskiedenis beweer dat sy bydrae vir die Tweede Taalbeweging "?n patetiese getuienis was" (E.C. Pienaar) of "?n totale nul" (J.H.H. de Waal).
Navorsing oor S.J. du Toit vereis om ook na Europa te gaan. Daardie argiewe vertel van die lywige korrespondensie tussen hom en dr. A. Kuyper. In Amsterdam lê daar byvoorbeeld ?n uiters belang-rike brief van Lord Derby, die Britse minister van Kolonies waarin die twee republiekies Stellaland en Goosen in 1884 aan Transvaal toegesê word. Dit was een van die gronde waarop S.J. du Toit die hysing van die Vierkleur op die wesgrens in opdrag van die president waargeneem het. In Henriëtte Grové se drama Toe hulle die Vierkleur op Rooigrond gehys het, laat sy Du Toit op Paul Kruger se verwyt oor die hysing van die Vierkleur antwoord: "Dan hys u die wit vlag...". Dit blyk uit die doku-mente nie vergesog te wees nie.
In die buiteland ontdek ?n mens ook dat die eerste Afrikaanse roman, Die Koningin van Skeba in die Duitse boekwinkels as Das Geheimnis der Goldfelder ver-koop word. Juis die "Nachwort" (slotsom) in hierdie boek is van groot belang. Daarin word die Afrikaanse taal as die nuwe Afrika-taal sterk onder die aandag van die Duitse lesers gebring. En dit is dinge wat vandag gebeur.
Die passasierskip "Minister Du Toit"
Wie weet dit ooit? ?n Belgiese stoomskip vir passasiers het van 1884 af S.J. du Toit se naam gedra. Die redery was Van Maenen & Van den Broeck (Antwerpen).
Van skepe gepraat. Toe die skeepvaart met stoomskepe in 1880 in volle swang was, maak S.J. du Toit ?n merkwaardige Jules Verne-agtige voorspelling. Toe alreeds beweer hy dat die skeep-vaart wat massas mense om die aarde vervoer, binne ?n halwe eeu geleidelik met lugvaart sou vervang word wat op sy beurt massas mense in die 20ste eeu sou vervoer. Hy was presies korrek. Hy het ook reeds in die vorige eeu die totstandkoming van die staat Israel voorspel en dat die Jode per lug na hulle land sou terugkeer. Ons weet dat dit in 1948 gebeur het.
In Maartmaand 1898 het S.J. du Toit in ?n brief aan sy seun Jaap (Totius) presies die Eerste Wêreld-oorlog met Brittanje en Duitsland as die twee opponente voorspel. Hier word ?n nuwe wêreld in verband met sy visie vir die "Verenigde State van Suid-Afrika" geopen. Sy poli-tieke visie is nog nooit in sy diepte bestudeer nie.
Oor S.J. du Toit is die ontdek-kingsreis nog nooit voltooi nie. Wie weet byvoorbeeld dat sy naam wat eers bo-aan die lys van "taalhelde" op die Taalmonument van Burgers-dorp ingegrafeer was, op die vooraand van die onthulling van daardie monument in 1893 weer afgehaal is? Waarom? Deur wie? En wie het ooit geweet dat dit die Vrymesselaars onder leiding van ?n prominente Afrikaner was wat vir S.J. du Toit uit die Afrikanerbond uitgewerk het? Dokumentêr staan dit vas (dit word in die boek bewys) dat een van die grootste Afrikaner-leiers in Kaapland Master of the Supreme Court van hierdie ge-heime organisasie was en later Deputy Grand Master National in 1874.
Miskien is dit tyd dat die vergeelde papiere van die argiewe ná 100 jaar oor die lewe van S.J. du Toit weer opgediep word. Die nuwe boek is ?n poging daartoe - weens die massas materiaal nog steeds ?n onbegonne taak om alles te vertel.
MENSE VAN FAAM"
Tong-in-die kies en met apologie aan Helene de Kock
Twee lekker hoogtepunte vir NALN was die museum se televisietyd vroeër vanjaar. Eers as deel van Pasella en later ingesluit by die Sondagaandprogram But is it art?
Nou kyk, as ?n mens eers deur daardie beroemde Coenie de Villiers-mond aangekondig is, is jou kop deur. Die Pasella-span het ?n daglange kuier by ons deurgesien, met Maurice Carpede (of was dit nou Lucas Phiri in lewende lywe?) as die leier-prater. En alhoewel slegs die baas op televisie verskyn het, kon die res van ons ons heerlik baai in die skitterlig van akteur en kamera.
Op ?n alternatiewe noot was ons ook deel van die strydvraag rondom kitsch al dan nie. But is it art? het onder meer gekyk na die Afrikaanse prenteverhaalboekies soos Dr. Conrad Brand, Suster Theresa, e.a. Agter die skerms, en in ons soektog na gepaste items vir die televisiespan, kon ons heimlik glimlag oor die interessante (en soms skurwe!) geskiedenis van die fotoboekie in Afrikaans - ?n era wat inderdaad verbygegaan het. (Indien u dalk nog van die boekies in u besit het, kan u gerus daaraan dink om dit vir NALN te stuur. Ons het maar min daarvan in voorraad, en binne die groter verband van Afrikaanse tekste vorm dit ?n nie te verswyge skakel).
Die sukses wat die Bloemfonteinse skrywer Berna Ackerman met haar jeugroman, Liesbet Delport se Oorlogboek, gehad het, was die direkte aanleiding tot ?n spesiale literêre toer ter viering van vanjaar se Internasionale Museumdag. Hoewel die amptelike datum vir 18 Mei vasgestel is, het ons keuse op die voorafgaande Sondagnamiddag geval.
Om aan te sluit by die tema van die Tweede Wêreldoorlog wat in Berna se boek die sentrale gegewe is, is drie ander jeugboeke met dieselfde historiese agtergrond gekies, geskryf deur mense met ?n Bloemfonteinse verbintenis: Karel van Krieketstraat (Philip de Vos), Hitler sterf in die Vrystaat (Sheugnet Buys) en In die hemel eet ?n mens mieliepap (Maretha Maartens).
Berna Ackerman was die skrywersgas en sou self Liesbet se verhaal aan die hand van Bloemfonteinse bakens vertel. Net daar het ons eerste probleem ontstaan, want die huis waarin die jong Liesbet grootgeword het (in President Steynlaan 30), is juis toe, as gevolg van ?n omvangryke restourasieproses, ontoeganklik vir die publiek.
Maar die eienaar, mnr. Gagiano, is besonder tegemoetkomend en stem in om self die middag die deur oop te sluit vir die toergangers, sodat Berna ons deur die huis kan vergesel en spesiale vertrekke en anekdotes kan uitlig. Die "probleem" word uiteindelik ?n hoogtepunt, een van ?n hele paar dié middag. Want die gaste wat saamry, is min of meer oorwegend van ?n geslag wat die oorlogtyd nog ná aan eie lyf ervaar het, en mense wat ?n vroeër Bloemfontein helder in die herinnering kan roep: die Grand Teater (reeds gesloop), die vroeë stasiegebou, besighede wat deur Joodse eienaars bedryf is, die Maximes (?n bioskoop, ook lankal gesloop), die gebou (in Oos-Burgerstraat) waarin The Friend se kantoor in die dertiger-/veertigerjare gehuisves was en wat ?n paar maande gelede deur ?n brand beskadig is. In dié proses is die metaalplaat-fasade verwyder, en het die koperletters van The Friend sigbaar geword. Hierdie is almal plekke wat in die genoemde tekste ter sprake kom.
Dis ?n nostalgiese rit, maar een wat ?n mens opnuut die léwe in die historiese laat ervaar. Berna het goed voorberei, en het vele plekke om uit te wys. En tussendeur vul die toergangers ewe entoesiasties aan: een van die vondste van die toer was juis mnr. Alf Abrahams se inligting oor die presiese plek waar Karel van Krieketstraat gebly het (hyself het vroeër jare in nommer 13 gewoon, vandag ?n motorhawe-terrein).
Die laaste afklimplek was die Militêre Museum by Tempe, die weermagbasis net buite die stad. In Berna se verhaal het die hoofkarakter in dié saal gelê terwyl sy van maagkoors herstel het. Vandag huisves dit ?n interessante militêre uitstalling, wat oorloop in verskeie tenks en ander pantser- en gevegsvoertuie wat buitenshuis te siene is. Hier is koffie gedrink, en is die Museumdag-aspek sinvol beklemtoon.
BRIEWEBUS
Die Redakteur,
Ek het onlangs die artikel oor Sita de Kock in u April 1998 nuusbrief gelees. Ek het gedink dit sal vir u inte-ressant wees om te weet dat ek die kleindogter, Karin, is na wie in die artikel verwys word en vir wie die briewe in Liefste Kadie geskryf is. Ek is Sita se oudste kleindogter, gebore Karin de Kock.
Die artikel het wonderlike herinneringe aan my Ouma teruggebring. Sy was ?n baie besonderse mens en het my lewe onbeskryflik verryk. Ek was baie lief vir haar en vir my Oupa Kokkie (Arend Josias de Kock, of "A.J." vir sy vriende). Hulle was vir my meer soos ?n tweede ma en pa as ?n ouma en oupa. Ek het dan ook my Ouma "Moedie Sita" genoem en nie Ouma nie, want toe ek gebore is was sy nog te jonk (en te mooi!) om ouma genoem te word. Toe ek een jaar oud was, het my pa, Bosman de Kock, ?n aanstelling by die BBC in Londen gekry en het ek ?n jaar lank by Moedie Sita en Oupa Kokkie op hulle plaas buite Potchefstroom (Potjiestroom soos Sita altyd gesê het!) gaan bly. Daar is die besonderse band tussen ons gesmee en deur al die jare wat ek geseënd was om haar as my ouma te hê, het dit verinnig.
Dit was inderdaad ek wat Sita aangemoedig het om die briewe wat sy aan my geskryf het in boekvorm uit te gee. Ek het myself Kadie Kokkie genoem toe ek klein was (ek kon nie sê Karin de Kock nie) en my ouma het my altyd "Kadie" genoem. Sy het ná my sestiende verjaardag aanhou skryf aan my, tot ek een en twintig geword het. Dit was baie besonders om die briewe te lees en jouself so te sien grootword deur die oë van iemand wat jou liefhet. Alhoewel ek nie Sita se besonderse skryftalent geërf het nie, het ek wel die liefde vir tale gekry en is ek reeds bykans dertig jaar lank ?n taalpraktisyn. Ek het ook onlangs vir die eerste keer ouma geword en Sita se mooi tradisie voortgesit om vir my oudste kleinkind by haar geboorte ?n brief te skryf en elke jaar daarna op haar verjaarsdag.
Ek het al die oorspronklike briewe wat Sita aan my geskryf het wat in die boekie Liefste Kadie is, asook die briewe wat sy daarna nog geskryf het, en ek het gewonder of u dalk sou belangstel om die briewe by die versameling oor Sita in die Museum te voeg."
So kom alles dan tog uiteindelik bymekaar en is dit dít wat ons werk hier by NALN só interessant en die moeite werd maak. Baie dankie, Kadie!
Die afgelope jaar het sy kwota interessante navorsers in NALN se binnehowe opgelewer. Vir die personeel is dit altyd baie aangenaam om ou vriende met ope arms terug te verwelkom of nuwe navorsers op tipies Vrystaatse gasvryheid te trakteer.
Een van die ou vriende wat op ?n gereelde basis ons navorsingskamer met sy teenwoordigheid vereer, is prof. Jaap Steyn van die UV. As hy vir ?n paar maande nie hier was nie, wonder almal of prof. Steyn siek is of vakansie hou. Hy het hier teen die middel van 1998 en weer vanjaar deur Die Huisgenoot gewerk vir inligting oor, ja u het reg geraai, die Anglo-Boereoorlog. Nog ?n ou bekende wat áltyd welkom is en áltyd met ope arms ontvang word, is Danie Botha van Tafelberg Uitgewers.
Danie het in Augustus 1998 en weer vanjaar in Meimaand, tydens die bekendstelling van Anlen Marais se boek, Muur van berge, sy navorsing oor die Afrikaanse toneel hier kom voortsit en ons sien uit na nog baie besoeke. Prof. Victor D?Assonville van Potchefstroom het geweet dat navorsing vir sy boek oor S.J. du Toit nie volledig sal wees as hy nie ?n draai by NALN gemaak het nie. (Kyk die artikel deur prof. D?Assonville elders in die Nuusbrief).
Uit die Eikestad het Brönnhilde Ekermans gekom om ekstensief gebruik te maak van ons Jan Bouws-versameling vir haar navorsing. Sy was verlede jaar in September hier en het so pas weer besoek afgelê. Ons hier by NALN ondervind dit telkemale dat as iemand eers eenmaal by ons gekuier het, hulle nie kan wegbly nie.
Dr. Jerzy Koch, navorser en lektor van die Universiteit van Wroclaw, een van ons goedgesinde en meewerkende vriende in die buiteland, was, afgesien van die navorsingsmateriaal wat hy van tyd tot tyd aanvra, ook al per geleentheid ?n geëerde gas by NALN.
Om te begin met die bundel: Die uittreksel daaruit (in, vir ons, leesbare Duits!) het Hettie Smit se roman Sy kom met die sekelmaan as uitgangspunt, en is ?n feministies-gebaseerde beredenering van dié noe-menswaardige en vroeë teks in Afrikaans. In 1998 was dit 200 jaar sedert die geboorte van die Poolse digter Adam Mickiewicz en die begin van sy nasionale epos Pan Tadeusz ("Meneer Tadeusz") lyk baie op die begin van Jan Celliers se Martjie. Koch moes vir hierdie referaat ?n gedeelte van Martjie in Pools oorsit, ter verduideliking aan sy gehoor. Hierdie stukkie Poolse Martjie, tesame met dr. Koch se referaat (in Pools) was die tweede kosbare vonds in die koevert.
Ons laat dr. Koch self afsluit: "In my artikel konfronteer ek die opmerklike ooreenkomste tussen beide werke, maar dis nie in eerste instansie die vraag of Celliers die Duitse of Engelse vertalings van Pan Tadeusz gelees het en in sy werk ?verafrikaans? of ?aangepas? het (soos hy dit met verskillende andere werke van Engelse en Nederlandstalige skrywers gedien het). Daar is wel bewyse dat toe Celliers in Switserland gebly het, baie ewenemente (lesings en publikasies) in Switserland rondom Mickiewicz gebeur het; Mickiewicz het daar 50 jaar vroeër gewoon en Slawiese literatuur gedoseer. Vir my is die tekstuele ooreenkomste ook spektakulêr en die posisie van die werke in nasionale literatuur in S.A. en Pole vergelykbaar. En dit was ook weer ?n geleentheid om vir die breë publiek oor die Afrikaanse literatuur te praat..."
Aan almal wat in mindere of meerdere mate van NALN as navorsingsentrum gebruik gemaak het en nog gaan maak, wees verseker dat ons altyd sal probeer om diens van hoogstaande gehalte te lewer. Sterkte met almal se studies en skryfwerk en ons sien uit na die volgende besoek.
Toe ek dié uittreksel sien, was dit vir my ?n persoonlike vinjet. Dr. Murray was my vader se enigste kollega as sendingdokter in Mkoma (wat pres. Banda na 70 jaar tot "Nkoma" laat verander het); en met die hulp van ?n Swart vroedvrou was dit sý wat my in die lewe help bring het. Ansie se pa was ?n sendeling-dominee, Oom Kallie van der Colff. Haar jonger sussie, Erna, was van sub. A tot st. 4 saam met my in dieselfde klas ? ek en drie meisies - in die sendingskooltjie op Mkoma."
Só vertel prof. Francois Retief, wat in 1955 self as medikus gekwalifiseer en daarna in die interne geneeskunde en bloedsiektes gespesialiseer het; in 1970 die stigter-dekaan van die nuwe Mediese Fakulteit aan die UOVS geword het, toe die eerste rektor van die Mediese Universiteit van SA (Medunsa); 5 jaar lank direkteur-generaal van die Nasionale Departement van Gesondheid was; en in 1997 afgetree het as rektor en vise-kanselier van die UOVS.
Hierdie sydelingse anekdote was maar één van ?n stroom van wetenswaardighede waardeur die gehoor geboei is tydens ?n Leipoldt-oggend op Saterdag 14 Augustus 1999, aangebied deur die Bloemfonteinse kultuurvereniging Dames Perspektief in samewerking met NALN, en geborg deur Tafelberg-uitgewers en Lipton-rooibostee.
