Hierdie Orde word vir uitnemendheid en buitengewone prestasie aan Suid-Afrikaanse burgers toegeken.
Organisasie
Hierdie Orde word in drie klasse toegeken:
Klas 1 = Die Platinum Orde van Mapungubwe (Platinum)
Klas 2 = Die Goue Orde van Mapungubwe (Goud)
Klas 3 = Die Brons Orde van Mapungubwe (Brons).
Kernmotief / Simboliek
Mapungubwe: Die Koninkryk van Mapungubwe het 'n duisend jaar gelede in die noordelike hoek van ons land bestaan. Die Koninkryk het oor 'n gesofistikeerde staatselsel beskik en 'n landboubedryf ontwikkel. Dit het ook 'n mynbou- en metallurgiese industrie ontwikkel. Die Koninkryk het met lande so ver as China handel gedryf. Tydens sy voortbestaan het dit uitnemendheid van denke en vindingrykheid versinnebeeld.
Elemente
Vier uithoeke van die aarde - versinnebeeld Suid-Afrikaners van oor die wêreld heen se prestasies.
Opkomende son - die nuwe dag wat vanuit Afrika breek.
Mapungubwe-kop - vorm die agtergrond: 'n sandsteenheuwel op 'n neerslag van modderklip in 'n droë subtropiese streek met wisselvallige somerreën. Opgrawings het getoon dat uitnemendheid uit die allermoeilikste natuuromstandighede voortgekom het.
Mapungubwe-renoster - die nou bekendste artefak wat in 'n graf op die opgrawingsterrein gevind is: 'n goudgeplateerde figuurtjie wat gesmee is om 'n sagte kern, waarskynlik van gekerfde hout, en wat getuig van die uitnemende menslike vindingrykheid wat in daardie Koninkryk aanwesig was. resourcefulness present in the Kingdom.
Mapungubwe-septer - kom weerskante van die goue smeltpot te voorskyn; nog een van die artefakte wat in 'n graf op die opgrawingsterrein gevind is.
Versierde goue smeltpot - die basiese simmetriese vorms op die goue smeltpot wat besig is om oor te loop, versinnebeeld die oorvloed aan uitnemendheid, wetenskap en kreatiwiteit, wat van die vroegste prestasies in metallurgie verteenwoordig.
Smeltkroes - die suiwerende en lewensonderhoudende kwaliteite van vuur, wat sedert die Ystertydperk gebruik is om ontwikkeling en uitnemendheid in samelewings en gemeenskappe te bevorder.
Miniatuur
Lapelroset
