Die Orde word toegeken aan Suid-Afrikaners wat 'n betekenisvolle bydrae tot die stryd om deomokrasie, menseregte, nasiebou, geregtigheid en vrede, en konflikoplossing gelewer het.
Organisasie
Hierdie Orde word in drie kategorieë toegeken:
Kategorie 1 = Goud
Kategorie 2 = Silwer
Kategorie 3 = Brons
Kernmotief/simboliek
Die driehoekige vuursteen verteenwoordig 'n basiese stuk oorlewingsgereedskap wat deur ons prehistoriese voorouers gebruik is om diere af te slag, skuilings te bou en repe vel vir die maak van klere te sny.
Dit versinnebeeld die visie van die wyle Hoofman Albert Luthuli - die legendariese leier van die bevrydingstryd en eerste Afrika-ontvanger van die Nobelprys vir Vrede in 1961 - dat die mense van Afrika ten volle aan die sosio-ekonomiese en politieke ontwikkelinge in Suid-Afrika deel moet hê.
Elemente
Vuursteen
Isandlwana-koppie - beeld vrede en rus na die Slag van Isandlwana in 1879 uit.
Die Suid-Afrikaanse vlag - versinnebeeld die aanbreek van vryheid en demokrasie.
Tegnologie - benadruk die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte.
Twee horings - omhels sy visie van 'n demokratiese, nierassige en nieseksistiese Suid-Afrika.
Die luiperdpatroon - verteenwoordig Hoofman Luthuli se kenmerkende hooftooisel.
Krale - versiering versinnebeeld die skoonheid van Afrika en die Afrika-bul versinnebeeld die bemagtiging en voorspoed van die mense van Afrika..
Miniatuur
Lapelroset
