Leeskring-lapa
NALN loods eersdaags 'n nuwe projek, "NALN se Leeskring-lapa", ten einde sy bestaande diens aan leeskringe binne projekverband te herstruktureer en uit tre brei. Dit behels onder meer die formalisering van bestaande gegewens tot 'n databank wat die jongste inligting omtrent leeskringe, hulle aktiwiteite, skakelpersone en -adresse, ens. sal bevat.
Die projek word van stapel gestuur tydens 'n literêre aand op Maandag 21 September 1998. Dr. Riana Scheepers, uitgewer, bekroonde skrywer en erkende kundige rakende die leeskringkultuur, sal by dié geleentheid, sal by dié geleentheid as gasspreker optree.
Dit vind plaas pas voor die begin van die tweedaagse Boekmakietie/Book Bokete wat op 22 en 23 September 1998 in die Bloemfonteinse Burgersentrum gehou word. Dit sal dus terselfdertyd as "lapa-aand" dien vir die Boekmakietiegangers wat dan al in die stad sal wees.
NALN se bestaande diens aan leeskringe behels aspekte soos:
verskaffing , op aanvraag, van inligting omtrent Afrikaanse skrywers en boeke inligting omtrent die nuutste boeke in Afrikaans advies t.o.v. die saamstel van jaarprogramme/leeslyste insette en samewerking t.o.v. die jaarlikse aanbied van die Boekmakietie (vroeër die Nasionale Leeskringseminaar)
optredes by leeskringe
