DIE LOS- EN VASSKRYF VAN WOORDE
Die los- of vasskryf van woorde in Afrikaans skep dikwels probleme. In Afrikaans is die neiging om saamgestelde woorde vas te skryf. Daar is egter gevalle waar van koppeltekens gebruik gemaak word, of waar die woorde apart van mekaar staan. Hier volg enkele riglyne:
Anders as in Engels word woorde wat (saamgestel) een begrip vorm, vas geskryf.
Voorbeelde hiervan is:
Hospitaalgelde
Gemeenskapsgesondheidswerker
Grensgebied
Border area
Die dele van samestellings kan tot verskillende woordsoorte behoort. Die volgende patrone word onderskei:
NAAMWOORD + NAAMWOORD (met voegsel soos vebindings-s tussenin)
Bv.
Arbeidswetgewing, Bestuurskomitee, Personeelvergadering, Taalbeleid.
Hierdie samestelings kan bestaan uit twee of meer naamwoorde bv.
Bestuurskomiteevergadering wat uit drie woorde saamgestel is, of Regeringsdienspensioenfonds wat uit vier naamwoorde bestaan.
NAAMWOORD + WERKWOORD
Asemskep, perdry, moddergooi, hartklop, stormloop
NAAMWOORD + BYVOEGLIKE NAAMWOORD
Gebruikersvriendelik, Persgereed, regstegnies
WERKWOORD + WERKWOORD
WERKWOORD + NAAMWOORD
Gloeilamp, kleefband, eetgerei, ponsmasjien, skryfblok
WERKWOORD + BYVOEGLIKE NAAMWOORD
Kraakvars, brandarm
BYVOEGLIKE NAAMWOORD + BYVOEGLIKE NAAMWOORD
Blougroen, domastrant, helderrooi
BYVOEGLIKE NAAMWOORD + WERKWOORD
Blinkvryf, rofstoei, natgooi, swartsmeer
BYWOORD + WERKWOORD
Binnekom, neerslaan, wegspring, wegvloei, rondslinger
BYWOORD + NAAMWOORD
Agterblad, bykos, voorbok, buiteperd
SETSEL + WERKWOORD
Aanbied, afdank, teenwerk, opslaan, inhaak
SETSEL + NAAMWOORD
Agterdeur, omweg, voorarm, buiteband
TELWOORD + NAAMWOORD
Duisendpoot, sestiendenoot, tienkamp, tweegesig, tiental, eenoog
SETSEL + SETSEL
Langsaan, tussendeur, onderaan
Samestellings kan ook uit meer as twee woorde bestaan, byvoorbeeld:
Blouoognooi, blouwildebees, lugdienspersoneel, kernkragsentrale, reënwaterafvoersloot.
Hier kan ook gelet word op woorde wat bestaan uit 'n BYVOEGLIKE NAAMWOORD plus een of meer NAAMWOORDE wat verbind word om een begrip te vorm. 'n Vraag wat egter opkom is, hoe maak mens in gevalle waar die byvoeglike naamwoord die eerste naamwoord in die woordsamestelling beskryf, en in gevalle waar dit die tweede naamwoord beskryf? In eersgenoemde geval (d.w.s waar die b.nw die eerste nw. beskryf) word die woord VAS geskryf. Voorbeelde hiervan is:
Abnormalevragpermitte (waar abnormaal die woord vrag beskryf, en nie permitte nie)
In gevalle waar die b.nw die tweede of laaste nw. beskryf, word die b.nw los van die naamwoorde geskryf, bv.:
allesomvattende kinderhandleiding (die handleiding is allesomvattend, nie die kind/kinder nie)
SAMESTELLINGS MET KOPPELTEKENS
Koppeltekens word onder meer gebruik:
om woorddele te skei en die lees daarvan te vergemaklik, bv see-eend, wa--as ;
om 'n besondere betekenisverhouding tussen dele aan te dui, bv digter-politikus, sakeman-musikant;
as weglaatteken in bv Moeders- en Vadersdag, taal- en letterkundiges as 'n vorm van vasskryf by saamgestelde woorde, bv:
opeenvolging van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings: bo-op, na-aap, drie-enig, bo-ent, senu-instorting. Daar is egter uitsonderings op hierdie reël, bv in gevalle waar 'n opeenvolging van vokale nie noodwendig moeilik of verkeerd gelees sal word nie: handearbeid, naywer, sakeadres, senuaandoening;
waar die lengte van 'n saamgestelde woord lees bemoeilik; ontwikkelingspelerspan-afrigting, woonstelblok-parkeerterrein;
wanneer 'n syfer, simbool of getal met'n woordelement verbind word: A-span, DNS-molekuul, 9 mm-pistool, R100-noot, 1997- oesjaar, 80%-kans.
WOORDE WAT LOS GESKRYF WORD
Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf: alleen loop, in diens tree, in staat stel, ter aarde bestel,alles omvat, ter tafel lê.
Uit hierdie woordgroepe kan egter afleidings gevorm word wat vas geskryf word:
Vebindings van byvoeglike naamwoorde en selfstandige naamwoorde word in die reël los geskryf: blink plan, groen perske, hoë snelheid. Uitsonderings op hierdie reël kry 'n mens by byvoeglike naamwoorde wat kleur aandui, wat tradisioneel vas geskryf word: blouaap, geelslang, swartmamba, swartrenoster, blouwildebees; wanneer 'n verbinding van 'n byvoeglike naamwoord plus 'n selfstandige naamwoord in die geheel die waarde van 'n byvoeglike naamwoord of bywoord het: 'n grootbek ondersteuner, kaalvoet seun, hardekoejawel vent, (in die geval van bywoorde: Sy is dikbek; Die seun loop kaalvoet; Die student is platsak); wanneer betekenisverdigting plaasvind, d.w.s. wanneer die betekenis verskil van die ooreenstemmende woordgroep: donker kamer (wat swak verlig is) teenoor donkerkamer (fotografie); groot mens (groot van postuur) teenoor grootmens (volwasse);geel perske (enige perske wat geel is) teenoor geelperske (soort perske).
Verbindings met telwoorde word in die reël los geskryf: drie kilogram, ses pogings, haar tweede man.
In gevalle van betekenisverdigting of inkorting, vorm 'n verbinding met 'n telwoord 'n enkele woord en dan word dit vas geskryf: bv. drie hoeke teenoor 'n driehoek;drie wiele teenoor 'n driewiel; party kere teenoor partykeer (soms); baie kere teenoor baiekeer (dikwels); enige een teenoor enigeen; enige iets teenoor enigiets.
Die elemente van straatname waarin rangtelwoorde voorkom, kan sowel vas as los geskryf word: Derde Straat of Derdestraat, Vyfde Laan of Vyfdelaan
As die rangtelwoord gedeeltelik in syfervorm weergegee word, word die verbinding los geskryf: 3de Laan, 26ste Straat.
Geografiese name met rangtelwoorde as elemente word as enkele woorde geskryf: Derdepoort, Eersterivier, Eersterus.
n Bepaalde hooftelwoord in 'n geografiese naam word los geskryf van die selfstandige naamwoord in die meervoudsvorm: Drie Susters, Twee Riviere, Veertien Strome. In die geval waar die selfstandige naamwoord egter enkelvoudig is, word dit vas geskryf: Driefontein, Sesriem, Tweespruit.
Hooftelwoorde met 'en' word óf los óf met koppeltekens vas geskryf: een en twintig of een-en-twintig
Verbindings van honderd, duisend, miljoen, miljard, ens. Met 'n voorafgaande telwoord kan óf los ó sonder 'n koppelteken vas geskryf word: drie honderd of driehonderd, tien duisend of tienduisend, vyftig miljoen of vyftigmiljoen, twee miljard of tweemiljard.
Die woord 'al' plus 'n telwoord word los geskryf: al twee, al drie, al honderd-vier-en twintig.
Samestellings en afleidings met telwoorde word vas geskryf: eersteministerskap teenoor eerste minister; twintigste-eeus teenoor twintigste eeu.
Byvoeglike naamwoorde en graadwoorde word los van mekaar geskryf in groepe wat 'n byvoeglike naamwoord as kern het: besonder gunstig, blakend gesond, duidelik sigbaar, algemeen aanvaarde, swaar gesubsieerde, wetenskaplik bewese. Heelwat van hierdie verbindings word ook vas geskryf. Dit hang in baie gevalle saam met die kortheid van die graadwoord en ook die vastheid van die verbinding tussen die graadwoord en die byvoeglike naamwoord, bv.: andersdenkend, goedgesinde, halfgaar, hoogliggende, pasgebore, pasverskene, snelgroeiende, weldeurdag.
Vaste verbindings van 'n naamwoord plus 'n werkwoord wat in sy geheel as werkwoord optree, word in gevalle van betekenisverdigting vas geskryf: asemskep, dopsteek, grondvat, stokkiesdraai, ysskaats.
Vaste verbindings van 'n bywoord of byvoeglike naamwoord plus 'n werkwoord wat in sy geheel as werkwoord optree, word in gevalle van betekenisverdigting vas geskryf: doodmaak, goedkeur, kortvat, verbygaan.
Ander voorbeelde van los en/of vas skryf
Los
Aan een (vir een)
Aan mekaar (---verknog wees)
Agtiende eeu
Alles behalwe (hy eet -die pampoen)
Al te veel(reeds te veel)
ander kant (aan die --)
blou oog ('n oog wat blou is)
by mekaar (--kuier)
Vas aaneen (aanhoudend)
alte veel (glad te veel)
anderkant (--die berge)
blouoog (persoon)
bymekaar (saam)
SKRYFWYSE VAN SAMESTELLINGS MET 'N EIENAAMELEMENT OF AKRONIEM: LOS, VAS OF MET 'N KOPPELTEKEN
n Uitsondering op die reël van vasskryf geld ten opsigte van samestellings met 'n eienaamelement of akroniem en kan sodanige samestellings nou feitlik op enige manier geskryf word. Dit geld egter nie vir plekname, straatname en taalname nie. Voorbeelde van verskillende skryfwyses (almal korrek) is:
Sonskynkafee/Sonskyn-kafee/Sonskyn-Kafee/Sonskyn kafee
Samestellings met 'n akroniem:
Ander problematiese samestellings met 'n eienaamelement:.
BRONNELYS
Terug
