Een van die kernbevindings van 'n audit oor die staatsdiens se plan vir Batho Pele is dat die uitsluitlike gebruik van Engels en Afrikaans in die meeste Staatsdepartmente dienslewering en die verskaffing van inligting aan alle Suid-Afrikaners belemmer. Dit dra by tot onkunde oor die staatsdiens se werk, volgens Prof Richard Levin, hoof van DPSA, tydens 'n bespreking om die onderwerp in die portefeuljekomitee vir Staatsdiens en administrasie.
Sleutelaanbevelings wat uit die audit spruit, is aan die kabinet voorgelê en aanvaar. Die aanbevelings is gerig op beter diens en beter verhoudinge met diensverbruikers (uittreksel uit 'n berig in Die Volksblad, 27 Augustus 2004).
Aanleer van tale n Rekenaarprogram wat u in staat stel om 'n nuwe Afrikataal aan te leer en boonop ook die korrekte uitspraak van die woorde te bemeester, is onlangs ontwikkel. Die program word deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad onderskryf. Klik op www.afrilingo.com om meer daaroor te lees.
Intussen kan u ook basiese sinne in Sesotho, Afrikaans, IsiXhosa, Setswana en IsiZulu aanleer. Klik op Language learning op hierdie webtuiste. U sal egter u kollegas wat die tale magtig is, moet vra om te help met die korrekte uitspraak.
