MEMORANDUM
Ons, die ondergenoemde groepe en mense, verteenwoordigend van die breë front van onssamelewing en met inbegrip van werkers in besonder, van plaaseienaars enplaasbewoners, gemeenskappe onder Tradisionele Leierskap en munisipale inwoners endie sakegemeenskap,hou hierdie opmars onder die banier van vrede en demokrasie, en tree sodanig op om mense meer bewus te maak van die belangrikheid van grond as 'nkritiese instrument in die transformasie en ontwikkeling van ons gemeenskappe, om die dekades-lange verlange te vervul dat: 'Suid-Afrika behoort aan almal wat hierwoon, swart sowel as blank,'en "dat die grond verdeel sal word onder diegene wat dit bewerk."
Ons hou hierdie opmars, om die regering, alle demokratiese instellings, privategrondeienaars en die instelling van tradisionele leierskap in ons provinsie aan te moedigom die proses om grond beskikbaar te stel te bespoedig ten einde die skeefgetrektegrondeienaarskap in ons land reg te stel met die oog op volhoubare ontwikkeling
Gerig deur ons voorouers se visie van 'n verenigde, nie-rassistiese, nie-seksistiese envooruitstrewende samelewing gerugsteun deur die demokrasie;
Met inagneming van die vryheidstoestande waarin ons leef, en die waarborge vanMenseregte soos vasgelê in ons Grondwet, en alle vordering wat tot dusver gemaak is, en die beoogde ontwikkelingsagenda vir diedekade;
Lettende op die sentrale rol van die Wetgewer in die versterking van demokratiesewaardes, en met inagneming van ons regering se rol as die draer van ons hoopbetreffende die voltooiing van die Staat se agenda vir transformasie, veral wat betref dieherverdeling van grond, die herstelvan grondregte en vraagstukke oor ruimtelike ontwikkeling;
Oorhandig ons dus hierdie memorandum aan die verteenwoordiger van die VrystaatseProvinsiale Wetgewer, die verteenwoordiger van die Vrystaatse Provinsiale Regering ofverteenwoordiger van die Departement van Grondsake,om verdere prosesse aan die gang te sit wat sal lei tot versnelde beskikbaarstelling vangrond.
Ons:
Wil die regering aanspoor om vinniger te beweeg met wetgewing oor 'n beleid op Swart Ekonomiese Bemagtiging in die Landbouwese asook met ander transformatoriese meganismes om grondhervorming te bespoedig.
Wil aanvoer dat die regering moet belê in kapasiteitbouprogramme vir swart boere wat gevestig is, deur meer kapitaal in te spuit en basiese insette te lewer vir hul nuwe ondernemings.
Vra dat geldelike bystand aan boere vinniger deurgevoer word en wetlike voorwaardes daargestel word om te verhoed dat grondverkopers kop uittrek uit hul onderneming om hul eindom te verkoop.
Wil aanvoer dat banke en verwante finansiële instellings voorwaardes versag op lenings ten einde meer swartmense in staat te stel om grond te besit.
Wil Koöperasies, akademiese sentrums en verwante inrigtings uitnooi om deel te hê aan die ontwikkeling van aspirant-boere, met inbegrip van jongmense, vroue en mense met gestremdhede; en om meer ondersteuning te gee aan ontwikkelende boere.
Doen 'n beroep op alle instellings wat verband hou met landbou, om opleiding te verskaf aan ontwikkelende boere ten einde hul vaardighede op alle aspekte van die landbou, met inbegrip van bestuur, te verbeter.
Wil die Departement van Landbou en Grondsake aanspoor om nou met munisipaliteite saam te werk om 'n geïntegreerde beleid oor meentgronde te ontwikkel met die oog op die ontwikkeling van grondbesit, en in besonder, die bevordering van landbou in munisipaliteite.
Wil meer samewerkingsbande smee en goeie werksverhoudinge skep tussen Tradisionele Leiers en die Regering.
Doen 'n beroep op die georganiseerde landbou om voort te gaan met die verskaffing van tegniese ondersteuning aan ontwikkelende boere.
Verbind onsself om 'n verenigde en voorspoedige landbousektor in die Provinsie Vrystaat tot stand te bring.
Ons, die mense wat hier saamgetrek is, komende uit verskillende agtergronde, met inbegrip van die regering en alle ander organisasies wat die demokrasie in ons provinsie verteenwoordig, onderneem dat ons sal sorg dat grond nooit ooit afgerokkel of deur 'n geknoeiery verkry word nie.
En dat daar nooit ooit onteiening van grond sal wees nie!
