Hierdie Orde word toegeken aan Suid-Afrikaanse burgers wat op die gebied van die kunste, kultuur, literatuur, musiek, joernalistiek en sport uitgeblink het.
Organisasie
Hierdie Orde word in drie kategorieë toegeken:
Kategorie 1 = Goud
Kategorie 2 = Silwer
Kategorie 3 = Brons.
Kernmotief/simboliek
Die Ikhamanga-plant (Strelitzia) versinnebeeld die unieke skoonheid van prestasies deur mans en vroue wat kleurryke Suid-Afrika se naam op die gebied van kreatiwiteit, die kunste, kultuur, musiek, joernalistiek en sport hoog hou.
Lydenburg-koppe - (die kunste) - die terracotta-kop verteenwoordig die visuele, skeppende kunste, uitvoerende kunste en drama.
Afrika-trom - ter sake in alle kulture en verteenwoordigend van die kunste; dit versinnebeeld uitnemende talent op die gebied van kommunikasie en kulturele viering.
Helm/son - die kroon versinnebeeld 'n geveerde hooftooisel wat deur uitvoerende kunstenaars, koninklikes en eerbiedwaardige persone gedra is. Die strale van die son, wat mag, glorie, glans en vitaliteit voorstel, verteenwoordig die prestasies van uitvoerende kunstenaars op verskeie gebiede.
Binneste ovale of rande - (verheerliking op sportgebied) - hulle versinnebeeld die erkenning van buitengewone prestasies in verskeie sport- en kultuurbedrywighede.
Paaie - (prestasie en sukses) - stel alle paaie voor wat na Afrika en die Wieg van die Mensdom lei, en verteenwoordig die lang, moeisame weg na prestasie, uitnemendheid en sukses.
Miniatuur
Lapelroset
