Afrikaans dan gaan ek vir u die eed in Afrikaans laat neem.
Dankie.
Baie dankie dat u tyd gemaak het om tot hier te kom. Kan u eerstens vir ons net sê wie u is, wat u doen - wat u agtergrond is voordat ons praat oor die voorval waaroor hierdie verrigtinge gaan.
Ek is 'n speurder in die Suid-Afrikaanse Polisie - ondersoekbeampte - gestasioneer tans te Langa.
Miskien - kan ek net vir die - mnr Malebatsi vra om daai mikrofoon nader aan u te skuif - dan kan ons u duideliker hoor.
Ek is 'n Speurdersersant in die Suid-Afrikaans Polisiedienste en ek is tans gestasioneer te Langa.
Jaar diens - nou in 1986 in Maart 1986 waar was u toe gestasioneer?
En op die oggend van die 3de van Maart van 1986 was u aan diens?
Ek was aan diens gewees ja Edele.
Kan u vir ons verduidelik wat gebeur het die betrokke oggend terwyl u in die polisievoertuig beweeg het.
Ek het van die huis af gekom, ons is na - oproep gekry het na NY1, Guguletu ek en my mede-speurder - Speur Adjudant-offisier Solder wat nou reeds op pensioen afgetree is, ons het gery na NY1. Onder die brug het ons geparkeer 'n hele aantal voertuie, privaat asook polisievoertuie. Ons het beide uitgeklim en in NY1 af geloop na op die hoeke van NY1 en NY111.
Ek het opgemerk dat my vorige Eenheids-bevelvoerder Kaptein Kleyn het daar gestaan - ek het hom gekry daardie tyd, hy het daar gestaan en ek het ook maar daar gekyk wat aangaan. Ek het omtrent so na drie minute het ek weer teruggegaan na die voertuig toe, toe sien ek daar kom 'n - op die linker NY111 het daar drie - sewe - sewe persone uitgekom wat met hulle hande so geloop het onder klere in, wat hulle op hulle gehad het, kon ek nie verklaar nie.
Ek het teruggeloop na die voertuig toe, by die voertuig gekom, toe het ek skote gehoor afgaan. Ek het omgedraai en gesien daar lê persone op - op NY111 - asook 101. Ek het gestaan en kyk en toe gaan ek na die - na die bos se kant toe. Maar voor dit het ek gesien daar staan 'n persoon wie onbekend aan my is in - een van die hostels vanaf Dairy Belle hostel, hy het daar gestaan daar heel bo en deur 'n venster gekyk reg op ons. Tot vandag toe weet ek nie wie die persoon is nie, maar nie te min - ons - ek het gegaan na die - ons het toe een van die persone daar gesien lê in die bos. Op sy maag het hy gelê op sy maag ja - hy was oorlede en die anders het gelê en - in 101 en 111 - ag NY1.
Wie hulle geskiet het, kon ek nie sê nie, ek kan geen vinger wys na niemand nie, wie die persone geskiet het daardie tyd nie. Want skietery het ek nie gesien nie, ek het net die skote gehoor klap agter my wat ek na my voertuig toe gegaan het.
Dankie mnr Hendricks ek gaan vir u 'n paar vrae vra net om probeer die voorval meer duidelik te kry vir ons en in daardie proses gaan ek vir u vra om te kyk onder andere na 'n sketsplan van die omgewing van die hoek van NY1 en NY111.
Maar voordat ons daarby kom, miskien net so bietjie meer detail u was in 'n polisievoertuig die oggend saam met 'n kollega van u mnr Schilder.
Hoe laat was dit ongeveer gewees wat die - wat u die berig oor die radio gehoor het.
Dit was so hier tussen - om presies te wees ek kan sê tussen twintig oor sewe en halfagt.
En halfagt - tussen twintig oor sewe en halfagt die oggend.
Ja.
En waaroor het die radio berig gegaan - wat was gesê oor die radio?
Dat daar word 'n - daar gaan 'n polisievoertuig aangeval word wat werkers na Guguletu vervoer.
En was die radio berig dat u ontbied word na die toneel toe of hoe het dit gekom dat u toe na die toneel toe beweeg het.
Dit was gevra oor die radio dat ons soontoe moet gaan.
Nou is u en mnr Schilder op pad na die toneel toe en toe u nou daar aankom was daar ander polisie teenwoordig gewees alreeds?
Alreeds ja - was daar reeds polisievoertuie en polisiemanne.
Daar op die - op die - in die omgewing op die toneel.
In - op die omgewing ja.
Goed, nou u sê dat u het onder andere daar op die toneel vir een van u Bevelvoerders Kaptein Kleyn dink ek het u gesê.
Dis reg - dit is reg.
Gesien.
Dis reg.
Was hy saam met u op daardie stadium by Moord en Roof in Bishop Lavis.
Dit is reg ja.
U het hom goed geken.
Dis reg.
Nou toe u hom sien was hy in 'n voertuig was hy buite 'n voertuig - waar was hy gewees?
Buite 'n voertuig gestaan.
Het hy - het hy buite 'n voertuig gestaan.
Buite 'n voertuig - van 'n voertuig - weg van 'n voertuig af op NY111.
ja.
O! 111 ek is jammer - op NY111. En op daardie stadium het die mense maar net rond gestaan daar was nog nie 'n skietery gewees nie.
Geen skietery nie.
Goed, en u sê dat u het ook rond gestaan vir 'n rukkie toe het daar nog niks gebeur nie.
Dit is reg so.
En u het iewers het u sewe persone gesien wat stap.
Dit is reg - uit die rigting van 111 uit - agter die hostel - daai Murray & Roberts se hostel.
Goed, nou miskien moet ek vir u maar nou op hierdie stadium vra om te kyk na die plan wat ons het van die omgewing. Daar behoort 'n klein replika van die plan voor u te wees, indien nie, dan gaan ek vra dat onse ondersoekers dit vir u gee.
Goed daar is nou 'n kleiner replika van die groter sketsplan wat op die verhoog is, miskien kan u eers net daarna kyk en uself oriënteer sien u die twee strate NY1 en NY111 op die plan.
Dit is reg Edele.
Nou ons weet dat daar in NY1 'n brug is, in die lig van vroeër getuienis wat ons aangehoor het in die saak, kan u, uself oriënteer het u 'n idee waar die brug is op die - op die sketsplan?
Die brug sal hier bokant wees hier wat - naby wat die NY1 geskrywe is - teen daai kant sal die brug wees - die kant toe.
So net so onder die opskrif sketsplan.
Onder - dis reg.
As ek dit reg het, sou dit die noorde kant wees as 'n mens die windrigtings neem.
Die noordelike kant ja.
Dit sou noord wees daardie.
Is noord ja.
Nou net om te verduidelik hoe u beweeg het tot op die toneel - het u in NY1 langs gekom of in NY111 - hoe het u op die toneel gekom langs watter pad?
Vanaf - van die noorde kant daar.
So u het van noord na suid beweeg.
Dis reg.
Oor die brug.
Oor die brug.
Goed, en waar het u - terloops het u bestuur of mnr Schilder.
Het hy bestuur?
Hy het bestuur.
Waar is u voertuig tot stilstand gebring op die toneel - in watter straat?
Korrek.
Is dit nog voordat 'n mens die interseksie kry soos jy ingekom het?
Voor jy die interseksie kry van 111 en NY1.
Goed, nou ek aanvaar u het toe uitgeklim uit die voertuig uit?
Dis reg ja.
En het u beweeg weg van die voertuig af?
In die rigting van 111.
Van 111 ja.
Goed, en waar - in watter straat het u vir Kaptein Kleyn gesien buite die voertuig?
As 'n mens nou na die plan kyk, noord is bo - suid is onder aan die regterkant is oos en aan die linkerkant is wes - aan watter kant van die interseksie in NY111 was Kaptein Kleyn.
Ek sal sê aan die - die weste kant - soos ons kyk na die plan aan die linkerkant.
Aan die linker - ja aan die linkerkant van daai plan.
Goed, so hy was iewers daar in NY111 en hy het buite die voertuig gestaan - ek aanvaar saam met ander kollegas van hom.
Sal u my net verskoon asseblief as die - as die linker - u is die - L/K op u regterkant.
Ja dis - nee - nee op die linkerkant hier by L/K se kant.
Ja die dis die linkerkant op daai kant ja.
Ja hy was daar gewees.
Dis reg.
Goed nee ons verstaan mekaar baie dankie. Goed u het ook gesê dat u het opgemerk dat daar 'n persoon is wat in een van die hostelle staan en wat op die toneel af gekyk het.
Dit is reg ja.
Kan u, uself oriënteer op die plan en vir ons 'n aanduiding gee waar - waar min of meer het hierdie persoon gestaan.
Is hier op - dit sal nou wees op my regterkant se - op die hostel, in die hostel hier bo. Dit is by Dairy Belle.
Goed, maar in elk geval die persoon het, het hy bo-op een van die vloere gestaan.
Op die laaste - die hoogste verdieping ja - ek dink dis die derde vloer [onduidelik]
Hoogste verdieping.
Ja.
Goed - goed en u is toe nou weg van die - nadat u gestaan het is u op pad weer terug na u voertuig toe.
Dit is reg ja.
En toe het u nou die persone opgemerk.
Voor ek - voor ek geloop het, het daar persone vanaf die weste kant gekom - agter die hostel om - sewe of agt stuks ja. En ek het geloop na die - na die kar toe terug en met - toe ek die deur oopmaak toe hoor ek skote klap, toe ek omdraai - toe ek teruggaan na die toneel toe, toe het daar - toe lê die mense daar reeds dood.
Nou u sê dat die persone het - waar u hulle gesien het, hulle was aan die weste kant van die interseksie gewees in NY111.
Dis reg ja.
Aan dieselfde kant waar - waar Kleyn was.
Dis reg ja.
Goed, nou voor die skietery gebeur het, voordat - voordat u skote gehoor het, het u enige waarskuwings gehoor wat geskree word - enige ander iets wat gesê word of was dit net skote wat u gehoor het.
Al wat ek gehoor het was net skote gewees.
Goed, u sê ook dat na die skietery het u van die liggame gesien.
Dis reg ja.
Van die oorledenes.
Dit is reg.
Kan u kyk na die plan en vir ons 'n idee gee waar die persone was wat u gesien het, die oorledenes wat u gesien het.
Kan ek maar die nommers noem solank.
Ja noem maar wat die nommers of die letters ook al is.
Ja hier by L en K - daar by L/K.
Goed.
Asook hier by J wat ek sê wat ek weet - langs J - ek dink dis [onduidelik]
Net so 'n oomblik. So dis L/K.
Verskoon my by - is by H - G -G.
By G goed.
En dan is ek weer in 'n bos [onduidelik]
Neem maar u tyd kyk maar mooi na die plan daar is nie 'n haas nie.
Hier wat U is - U.
Ek is jammer herhaal net weer waarso?
By U - ja ek is amper self verlore nou. Ek wil hê u moet heeltemal seker maak of u die toneel reg vertolk soos hy op die sketsplan gegee word, soos ek sê neem u tyd en kyk goed na die toneel. En dan kan u vir ons verduidelik waar oral u mense gesien het - oorledenes gesien het.
Miskien wil u - miskien wil u daar is 'n baie groter sketsplan reg agter u, is baie meer gerieflik as die kleiner plan wat voor u geplaas is, so miskien kan u mnr Malebatse vir u daai 3B vir u net so bietjie draai na u toe. Dan kan u - dan kan u na die groot plan ook kyk dis makliker om op die groot plan te kyk eintlik - so daar agter u is die groot plan.
Dis reg so Edele.
Ja.
Goed einde van Band 1, kant A ... all right kom ons - kom ons los die plan vir 'n oomblik - so as ek dit korrek verstaan dan het u lyke gesien - oorledenes gesien in die bos.
Dis reg.
Daar in die omgewing en die ander het u gesien hier in die omgewing van die straat van die interseksie.
Dit is reg Edelagbare.
Goed, en ek aanvaar hulle was almal oorlede gewees.
Dis reg ja.
Goed, het u enige wapens opgemerk by - by hierdie liggame wat u gesien het.
Edele ja ek kan - wat ek onthou kan ek by L/K waar hulle gelê het, het ek gesien 'n handgranaat.
Ja by L/K waar hulle gelê het, was daar 'n handgranaat gewees. C/B - G, F, E, D en U kan ek nie sê nie, daar het ek nie gesien nie.
So behalwe vir 'n handgranaat [tussenbeide]
Vir 'n handgranaat - gesien hier by L/K het ek een onder so nog onder - daar was twee handgranate - een ons - een langs hulle gelê.
So behalwe vir dit het u een ander - ander wapens gesien nie.
Ander [onduidelik] gesien nie.
Goed, nou die skietvoorval self of die skietery self het u nie veel van gesien nie.
Geensins.
Goed, nou het u enige vooraf kennis gehad dat daar die optrede gaan wees deur die polisie op hierdie toneel.
Geensins Edele - geensins.
Miskien kan ek u net vra om kommentaar te lewer oor getuienis wat ons alreeds gehoor het, van Kaptein Kleyn wie erken dat hy op daai toneel was en wat vir ons vertel het laaste keer wat volgens hom nou daar gebeur het op die toneel - net miskien een aspek. Kaptein het vir ons vertel dat net voordat die skietery gebeur het, het hy in sy voertuig gery, hulle het daar in die omgewing van daai interseksie het hulle met hulle voertuig beweeg. Hy sê inderdaad hulle het daar in NY111 het hulle gery en op 'n stadium toe hy nou daar naby die interseksie kom, het hy nou mense agterdogtig - of agtertogwekkende mense - mense wat sy agterdog gewek het, gesien en toe het hulle nou hulle voertuig gestop en hy het uitgeklim om die mense te gaan konfronteer en toe gooi iemand 'n handgranaat en toe is daar is daar nou 'n hele skietery.
Maar nou die kommentaar wat ek wil hoor is - hy sê dat hy het gery in 'n voertuig en gestop net voor die skietery om die mense te gaan - wat daar in die straat loop te gaan konfronteer. Maar stem dit ooreen met u waarnemings.
Ek het dit nie gesien nie, ek kan nie daarvan verklaar nie Edele ek wet nie - dit het ek nie gesien nie.
U sê u het hom - u het hom nie binne-in 'n voertuig gesien nie.
Nie wat ek daar gekom het nie.
En u was vir 'n paar minute op die toneel voordat u teruggestap het na u voertuig toe.
Dit is reg ja.
En in daai tyd was Kaptein Kleyn die heeltyd op die toneel.
Was hy daar op die toneel gewees ja.
Buite - buitekant - buite die voertuig.
Dis korrek ja.
Goed, het enige van die ondersoekbeamptes wat met die saak belas was, op enige stadium vir u genader vir 'n verklaring - ons weet daar was geregtelike doodsondersoeke gewees, twee van hulle en ons weet ook daar was 'n kriminele verhoor gewees op 'n stadium.
Het enige iemand doer die tyd vir u genader van die ondersoekbeamptes om 'n verklaring te gee.
Geensins nie.
Hoe het dit gebeur dat die Waarheidskommissie by u uitgekom het?
Ek het 'n oproep gekry by my werk - ek - dat mense my sal kom sien, het hulle my gevra waar by die werk of by die huis. Ek het [onduidelik] by my huis en hulle was daar gewees, ek dink dit was Novembermaand [onduidelik] en hulle het toe gekom. Het hulle my verduidelik en vir my gesê dat hulle my op videoband gesien het - so het ek die verklaring vir hulle gegee.
So die personeel van die Kommissie het vir u genader en gesê dat u was opgemerk op die video.
Dis reg ja.
Polisie video dat u ook daar teenwoordig was op die toneel.
Dis reg so.
Goed, mnr Hendricks baie dankie - ek gaan u terughandig aan die Voorsitter in geval enige van my kollegas vir u enige iets verder wil vra.
U Edele ek gaan my nie weerspreek nie, maar ek het dit nie gesien nie, ek het nie gehoor daar gaan luidsprekers daar nie.
Nee ek ken nie so 'n persoon nie.
Hy het in die - in sy venster gestaan - reg op sy venster - sy venster was oop gewees hy het deur die venster gekyk, want ek het reg op hom gekyk - hy het my aandag getrek daardie persoon.
Ek het die persoon nog nooit gesien - verder na daai nie, en ek ken hom ook nie.
Om eerlik te wees gaan ek sê ek het net skote gehoor afgaan [onduidelik] 'n ontploffing wat ek nie - ek he nie dit gehoor nie. Ek het net skote gehoor afgaan daar.
NY1 het ons gery - uitgeklim uit die voertuig uit en daarvandaan [onduidelik] na 111 toe gegaan.
Dis reg so.
Dis reg hy kon sien, ek kon hom ook sien.
Wat ek sê dat hy - ek kon vir hom sien, daar is baie mense onder gewees en hy kon baie goed die mense waarneem wat onder is, hy kon eintlik beter uitsig as - want hy was bo gewees - ek was onder op die grond.
Kaptein Kleyn en nog 'n beampte gestaan daar, maar ek kan nie sê wie die beampte is met wie hy gepraat het daar nie. Die voertuig agter - so gestaan.
Dis reg so.
Dis reg.
Ja dis reg ja - dis reg so.
Dis reg.
Ja.
Hy was so - as jy by die hostel staan kan jy sien, maar ons het geloop want almal die mense het daarnatoe geloop in daai rigting geloop - en daar wat ons hom - wat ek daar kom toe lê hy daarso - toe is daar reeds polisiemanne en nog publieke mense daar gestaan.
Dis reg ja.
Dis reg so.
Op die linkerkant. Dis op die linkerkant gewees as jy afkom van die brug af, op jou linkerkant.
Soos ek reeds gesê het, ek het geen skietery gesien plaasvind nie, al wat ek gehoor het was skote gewees.
Mnr Hendricks kan ek net vir u verduidelik wat die punt is rondom hierdie plan en vir u miskien eers vra, het u die plan ooit voor vandag gesien - hierdie sketsplan?
Ja.
Het u dit voorheen gesien al?
Eerste keer vandag - vanoggend - ek het vanoggend net so vlugtig en nou weer gesien.
So dis die eerste keer wat u dit vandag sien.
Vandag sien.
Nou u sien waarom- miskien net vir u verduidelik waarom my kollega's vir u gevra het rondom hierdie plan en my kollega me Gobodo-Madikizela vir u verwys het na die verwarring wat baiekeer gebeur.
U sien volgens die objektiewe getuienis was die liggame wat in die bos gevind was - in die bosse gevind was eintlik nie aan die kant waar - waar u is nie, maar aan die teenoorgestelde kant daar waar as u kyk na daai sketsplan voor u aan die linkerkant waar T en S en Q en R is, en P ook - in daai omgewing - daar is bosse aan albei kante - maar eintlik was die liggame hier soos ek nou vir u verduidelik aan die linkerkant die T/S en Q/R en u sê u was saam met al die polisiemanne daar na die punt toe waar die liggame was en was in die bos gewees.
Die een liggaam wat by Q is, vir hom het ek in die bos gesien. Die ander het ek in die NY11 en NY101 - 111 en die anders in 101. Ek het nie daar op die linkerkant en daai - dan moet ek sê die bos was agter die hostel - agter Murray & Roberts hostel, daar het ek nie liggame gesien nie, want ek was nie tot daar nie, maar dit wat ek gesien het hierso.
Goed nee ek het net gedink ek gaan vir u verduidelik waar - waaroor die vrae gegaan het rondom die sketsplan wat u verstaan.
Dankie.
