Die Orde van die Baobab
Hierdie Orde word vir uitnemende diens aan Suid-Afrikaanse burgers toegeken. Die diens waarvoor die toekenning gemaak word, baie groter en heeltemal buite die gewone plig lê. Dit is 'n toekenning vir buitengewone en uitnemende bydraes in die volgende kategorieë:
Die sakewêreld en die ekonomie
Wetenskap, medisyne en tegnologiese innovering
Gemeenskapsdiens.
Organisasie
Hierdie Orde word in drie klasse toegeken:
Klas 1 = Opperkanselier van die Orde van die Baobab (Goud)
Klas 2 = Grootkanselier van die Orde van die Baobab (Silwer)
Klas 3 = Kanselier van die Orde van die Baobab (Brons).
Kernmotief/simboliek
Hierdie Orde is geïnspireer deur die Baobab (kremetart), 'n tropiese boom in Afrika. Die oorsprong van die woord Baobab is verweef met die talle ryk legendes en geheimenisse van Afrika. Hierdie boom is waarskynlik meer dikwels as enige ander boom in Afrika beskryf; onder andere weens sy lewenskrag, en die magiese en simboliese waarde wat hy vir die inheemse bevolking inhou. Die uithouvermoë en verdraagsaamheid wat die boom in sy oudwordproses aan die dag lê, weerspieël die volgehoue en uitnemende diens aan Suid-Afrika wat deur hierdie Orde bekroon word. Insgelyks word die volgehoue en groeiende statuur van Suid-Afrika steeds deur die diens wat gelewer word, in stand gehou.
Die Baobab is 'n belangrike element in talle agrobosboustelsels in Afrika. Die boom voorsien bas vir die maak van kledingstof en tou, vrugte vir kos en brandstof, en baie ander nuttige produkte. Die bekende, breë wortelstelsel wat duidelik bo die grond uitsteek ondersteun 'n massiewe boom wat in tradisionele Afrika-gemeenskappe algemeen bekend is as 'n plek waar baie belangrike vergaderings gehou word en 'n plek van beskutting.
Elemente
Baobab (kremetart of Adonsonia Digitata) - bekend om sy wortels en lang lewensduur. Voorsien nie net skadu en vergaderplek nie, maar speel ook 'n kernrol in die onderhoud van die gemeenskappe waar hy groei.
Negehoekige fatsoen - 'n negesydige veelhoek in die agtergrond versinnebeeld die talle verskillende gebiede waarop 'n bydrae en diens gelewer kan word vir die skep van 'n nasie wat voorspoedig is en vooruitgaan. Die ikoon versinnebeeld ook die nege provinsies van ons land.
Buitenste organiese houervorm - die afwerking het die tekstuur van 'n kremetart se bas; die bas word algemeen vir die maak van matte en hoede gebruik.
Miniatuur
Lapelroset
