WYKSKOMITEES 2006
WORD AKTIEWE DEELNEMERS, NIE PASSIEWE ONTVANGERS NIE
Die Stad Tshwane doen 'n beroep op alle inwoners, organisasies en belanghebbendes om saam met ons 'n grondslag vir 'n beter lewe te lê.
Die Wykskomiteestelsel kan verseker dat gemeenskappe self die spil sal wees waarom ontwikkelingsbeplanning en munisipale regeringsake sal draai, terwyl ons tesame daadwerklik optree om armoede hok te slaan, 'n kompakte en geïntegreerde stad te bou en werk te maak om MIV/Vigs in Tshwane te bestry.
Kom ons verseker 'n munisipaliteit waar die inwoners eienaarskap van munisipale sake aanvaar, hul vryheid om ondernemend te wees beskerm en hul vele talente ontwikkel.
Die wêreldwye betrokkenheid van burgerlike gemeenskappe in regeringsake is besig om in so 'n mate op die voorgrond te tree dat amptelike regulasies wat dié betrokkenheid voorskryf, mettertyd algemene praktyk in talle regerings geword het, insluitend ons eie. Dit plaas 'n geweldige verantwoordelikheid op plaaslike regerings om te verseker dat gemeenskappe betrek word in die ontwikkeling en implementering van alle planne en dat dit op so 'n wyse geskied dat dit nie net kosmeties is nie, maar gebaseer word op die veronderstelling dat die bevolking self weet wat vir hulle die beste is.
In sy openingsrede by die Nasionale Vergadering in Februarie 2006 het president Thabo Mbeki weer eens die belang van wykskomitees in plaaslike regering beklemtoon. Die wykskomiteestelsel sal verseker dat demokrasie tussen die regering en die bevolking op 'n breë basis verstewig.
In die voorwoord van die Handboek vir Wykskomitees wat landwyd versprei word sê minister Sydney Mufamadi van die Departement Provinsiale en Plaaslike Regering dat wykskomitees op die snykant geplaas word in die konsepsionalisering van plaaslike regering.
In reaksie op die President se oproep versoek die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit alle inwoners om deur hul wykskomitees by die rekonstruksie en ontwikkeling van hul gemeenskappe betrokke te raak; en ook daardeur te verseker dat munisipale dienslewering nie agteruitgaan nie.
Die Tshwane-raad het dus in ooreenstemmingmet wetgewing WYKSKOMITEES
ingestel wat gekoördineer word deur die
Kantoor van die Speaker om deelname van die gemeenskap aan plaaslike regering te vergemaklik. U betrokkenheid is nodig om uitvoering te kan gee aan die
Wykskomiteestelsel as die enjinkamer van demokrasie op plaaslike regeringsvlak!
Skakel u Wyksraadslid vir inligtingKyk asb p. 5 en 6 vir inligting oor die personeel van die WKS
STRUKTUUR Die WKS bestaan uit -
wyksgebaseerde komitees;
subkomitees/portefeuljes om die wykskomitees te anker;
n gebiedswye forum wat al die wykskomitees in 'n gebied byeen bring; en n stadswye forum wat verseker dat belanghebbendes wat nie wyksgebaseer is nie, betrek word by aangeleenthede rakende plaaslike regering.
DOELWITTE Openbare betrokkenheid
Om alle inwoners en belanghebbendes aan te moedig om by die stad se regering betrokke te raak.
Kommunikasie
Om 'n beter verstandhouding, interaksie en begrip tussen Tswhane se mense en hul Munisipaliteit te bevorder.
Ontwikkeling
Om 'n middel tot ontwikkeling te wees.
Om plaaslike verordeninge in vennootskap met al die gemeenskappe te hersien ten einde inisiatiewe in te stel wat tot ontwikkeling lei.
Bou van kapasiteit
Om gemeenskappe te bemagtig om by te dra tot 'n Munisipaliteit wat beter funksioneer.
NASIONAAL
Die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998), en die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), verskaf die basis vir munisipaliteite en die mense in hul sorg om vennote te word in die beplanningsproses.
PLAASLIK
Die Tshwane-raad het besluit om wykskomitees in te stel as 'n meganisme vir deelnemende regering. Die Raad het die volgende riglyne vir die wykskomitees gestel:
a Bevoegdhede, funksies en verantwoordelikhede:
Hanteer alle aangeleenthede wat die gemeenskap raak en bevoordeel.
Tree in die belang van die gemeenskap op.
Maak aanbevelings aan die Raad oor enige saak wat die wyke raak.
Verseker die gemeenskap se deelname aan die -  GOP- proses;  die Munisipaliteit se begrotingsproses;  besluite oor die voorsiening van munisipale dienste; en  besluite oor plaaslike verordeninge.
b Samestelling
Elke wykskomitee bestaan uit hoogstens tien verkose lede uit die verskillende belangesektore van die wyk.
Die wyksraadslid is die voorsitter van die wykskomitee.
c Ampstermyn
Die wykskomitee se ampstermyn is twee jaar.
Lede van die wykskomitee kan 'n maksimum van slegs twee termyne dien.
d Subkomitees en portefeuljes
Elke wykskomitee besluit oor die soorte subkomitees en portefeuljes wat in die wyk nodig is.
Spesifieke subkomitees/portefeuljes word aan wykskomiteelede toegewys as hul verantwoordelikheid.
Alle belanghebbendes in die wyk word aangemoedig om deel te neem aan subkomitees wat betrekking het op hul belangstellings en op hul daaglikse funksionering as 'n sektor.
Die Streke is onderworpe aan onderhandelde grens-en wyksverskuiwings
STREEK 1
STREEK 2
Kamer 109, Raadskamers, Akasia Munisipale Kantore, 16 Dale Avenue, Karenpark AKASIA
STREEK 3
PRETORIA
