SAPS 534














SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

















































Oordrag van vuurwapeneienaarskap
SAPS 534

INSTRUKSIES: OORDRAG VAN VUURWAPENEIENAARSKAP

ALGEMENE INSTRUKSIES

n Oordrag van vuurwapeneienaarskap moet in onuitwisbare swart ink ingevul word. 
Die oordrag moet gestempel word met die amptelike datumstempel van die polisiestasie waar dit ontvang is. 
Die polisiestasie waar die versoek op rekenaar vasgel word, moet Afdeling A voltooi. 
Die polisiestasie waar die versoek ontvang word, moet Afdeling B voltooi. 
Die huidige eienaar moet Afdelings C, D, F en G voltooi. 
Die handelaar/wapensmid moet Afdelings E en F voltooi. 
Indien n tolk gebruik is, moet hy/sy Afdeling H voltooi. 
Die polisiebeampte moet Afdeling I voltooi. 
n Persoon is skuldig aan n oortreding ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000) indien hy/sy enige inligting wat hy/sy weet vals is op hierdie versoekvorm verstrek. 

AFDELING A: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIE-STASIE WAAR DIE VERSOEK OP REKENAAR

VASGEL WORD

Oordragverwysingsnommer 

Die verwysingsnommer wat die stelsel vir die versoek genereer nadat dit vasgel is, moet in paragraaf A 1 aangeteken word. 

AFDELING B: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIE-STASIE WAAR DIE VERSOEK ONTVANG IS

Provinsie 

Die naam van die provinsie waar die polisiestasie gele is (byvoor-beeld, Gauteng), moet in paragraaf A 1 aangeteken word. 

Area 

Die naam van die area waar die polisiestasie gele is (byvoorbeeld, Pretoria), moet in paragraaf A 2 aangeteken word. 

Polisiestasie 

Die naam van die polisiestasie waar die versoek ontvang is (byvoorbeeld, Brooklyn), moet in paragraaf A 3 aangeteken word. 

Komponentkode 

Die komponentkode van die polisiestasie waar die versoek ontvang is (byvoorbeeld, 47), moet in paragraaf A 4 aangeteken word. 

Verwysingsnommer in SAPD 13-register 

Die verwysingsnommer in die SAPD 13-register wat aan die vuur- wapen toegeken is, moet in paragraaf B 5 aangeteken word indien die vuurwapen in die besit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is.

Nommer in register vir algemene vuurwapentransaksies 

Die jaarlikse reeksnommer wat aan die versoek om oordrag van eienaarskap toegeken is (byvoorbeeld,135/2002), moet in paragraaf B 6 aangeteken word. 

AFDELING C: BESONDERHEDE VAN HUIDIGE EIENAAR

BESONDERHEDE VAN NATUURLIKE PERSOON 

SA-Identiteit/Paspoort 

Die soort identifikasie van die huidige eienaar van die vuurwapen moet in paragraaf C 2 met n X aangedui word. 

Identiteitsnommer van natuurlike persoon 

Die identiteitsnommer van die huidige eienaar van die vuurwapen moet in paragraaf C 3 aangeteken word. 






Paspoortnommer van natuurlike persoon 

Die paspoortnommer van die huidige eienaar van die vuurwapen moet in paragraaf C 4 aangeteken word. 

Van 

Die huidige eienaar se van moet in paragraaf C 5 aangeteken

word.

6.       Voorletters

Die huidige eienaar se voorletters moet in paragraaf C 6 aangeteken word.

Woonadres 

Die fisiese adres waar die huidige eienaar woon, moet in paragraaf C 7 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die huidige eienaar se woonadres moet in para-graaf C 8 aangeteken word. 

Posadres 

Die posadres van die huidige eienaar van die vuurwapen moet in paragraaf C 9 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die huidige eienaar se posadres moet in paragraaf C 10 aangeteken word. 

Telefoonnommer 

11.1 Huis: Die huidige eienaar se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf
C 11.1 aangeteken word.

11.2 Werk: Die huidige eienaar se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf
C 11.2 aangeteken word.

11.3  Selfoonnommer

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die huidige eienaar van die vuurwapen moet in paragraaf C 11.3 aangeteken word.

Faks 

Die faksnommer, insluitend die skakelkode, van die huidige eienaar van die vuurwapen moet in paragraaf C 12 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die huidige eienaar van die vuurwapen moet in paragraaf C 13 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN REGSPERSOON 

ANDER LIGGAME 

Geregistreerde naam van maatskappy 

Die geregistreerde naam van die huidige eienaar se maatskappy moet in paragraaf C 16 aangeteken word. 

Handelend as 

I


Die naam waaronder die huidige eienaar handel dryf, moet in paragraaf C 17 aangeteken word.

VWR-nommer 

Die huidige eienaar se VWR-nommer moet in paragraaf C 18 aangeteken word. 

Posadres 

Die huidige eienaar se posadres moet in paragraaf C 19 aange-teken word. 

Poskode 

Die poskode van die huidige eienaar se posadres moet in paragraaf C 21 aangeteken word. 

Besigheidsadres 

Die fisiese adres waar die huidige eienaar besigheid bedryf, moet in paragraaf C 22 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die huidige eienaar se besigheidsadres moet in paragraaf C 23 aangeteken word. 

Besigheidstelefoonnommer 

Werk: Die huidige eienaar se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf C 23.1 aangeteken word. 

Faks 

Die huidige eienaar se faksnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf C 23.2 aangeteken word. 

E-posadres 

Die huidige eienaar se e-posadres (indien van toepassing) moet in paragraaf C 24 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN VERANTWOORDELIKE PERSOON 

Verantwoordelike persoon (Volle name en van) 

Die verantwoordelike persoon se naam en van moet in paragraaf C 26 aangeteken word. 

Soort identifikasie (Merk met n X) 

SA-Identiteit/Paspoortnommer 

Die verantwoordelike persoon se soort identifikasie moet in para-graaf C 27 met n X aangedui word. 

Identiteitsnommer van verantwoordelike persoon 

Die verantwoordelike persoon se identiteitsnommer moet in para-graaf C 28 aangeteken word. 

Paspoortnommer van verantwoordelike persoon 

Die verantwoordelike persoon se paspoortnommer moet in para-graaf C 29 aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die verantwoordelike persoon se selfoonnommer (indien van toe-passing) moet in paragraaf C 30 aangeteken word. 

Fisiese adres 

Die fisiese adres waar die verantwoordelike persoon woon, moet in paragraaf C 31 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se fisiese adres 
SAPS 534

moet in paragraaf C 32 aangeteken word.

33.     Posadres

Die verantwoordelike persoon se posadres moet in paragraaf C 33 aangeteken word.



Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se posadres moet in paragraaf C 34 aangeteken word. 

Rede(s) vir oordrag van vuurwapen(s) 

Die rede(s) vir die oordrag van die vuurwapen moet in paragraaf C 35 aangeteken word.

AFDELING D: BESONDERHEDE VAN VUURWAPEN(S) WAT OOR-GEDRA SAL WORD

BESONDERHEDE VAN VUURWAPEN(S) 

Soort 

Die soort vuurwapen moet in paragraaf D 2 aangeteken word. 

Kaliber 

Die kaliber van die vuurwapen moet in paragraaf D 3 aangeteken word. 

Fabrikaat 

Die fabrikaat van die vuurwapen moet in paragraaf D 4 aangeteken word.

Model 

Die model van die vuurwapen moet in paragraaf D 5 aangeteken word. 

Reeksnommer op loop 

Die reeksnommer op die loop van die vuurwapen moet in paragraaf

D 6 aangeteken word.

Fabrikaat 

Die fabrikaat van die loop moet in paragraaf D 6.1 aangeteken word. 

7.       Reeksnommer op raam

Die reeksnommer op die raam van die vuurwapen moet in paragraaf

D 7 aangeteken word.

Fabrikaat 

Die fabrikaat van die raam moet in paragraaf D 7.1 aangeteken word. 

8.       Reeksnommer op romp

Die reeksnommer op die romp van die vuurwapen moet in paragraaf

D 8 aangeteken word.

Fabrikaat 

Die fabrikaat van die romp moet in paragraaf D 8.1 aangeteken word. 

AFDELING E: BESONDERHEDE VAN HANDELAAR/WAPENSMID AAN WIE DIE VUURWAPEN OORGEDRA WORD

1.       Geregistreerde naam van maatskappy

II


Die geregistreerde naam van die maatskappy van die handelaar/ wapensmid aan wie die vuurwapen oorgedra word, moet in para-graaf E 1 aangeteken word.

Handelend as 

Die naam waaronder die handelaar/wapensmid aan wie die vuur-wapen oorgedra word, handel dryf, moet in paragraaf E 2 aange-teken word. 

VWR-nommer 

Die registrasienommer van die handelaar wapensmid aan wie die vuurwapen oorgedra word, moet in paragraaf E 3 aangeteken word.

Posadres 

Die posadres van die handelaar/wapensmid aan wie die vuurwapen oorgedra word, moet in paragraaf E 4 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die handelaar/wapensmid se posadres moet in paragraaf E 5 aangeteken word. 

Besigheidsadres 

Die fisiese adres waar die handelaar/wapensmid aan wie die vuurwapen oorgedra word besigheid bedryf, moet in paragraaf E 6 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die handelaar/wapensmid se besigheidsadres moet in paragraaf E 7 aangeteken word. 

Besigheidstelefoonnommer 

Werk: Die werktelefoonnommer van die handelaar/wapensmid aan wie die vuurwapen oorgedra word, insluitiend die skakelkode (by-voorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf E 8.1 aangeteken word. 

Faks 

Die faksnommer van die handelaar/wapensmid aan wie die vuur-wapen oorgedra word, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf E 8.2 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die handelaar/wapen-smid aan wie die vuurwapen oorgedra word, moet in paragraaf E 9 aangeteken word. 

VERKLARING DEUR DIE PERSOON WAT DIE REGMATIGE EIENAAR VAN DIE VUURWAPEN(S) IS 

Hiermee verklaar ek dat bogenoemde vuurwapen(s) in my reg-matige besit is en dat ek van voorneme is om dit te verkoop of te voorsien sodra die nodige magtiging bekom is en dat die besonder-hede van die vuurwapen(s) waar en juis is. 

Indien ek enige vals verklaring op hierdie vorm maak, is ek skuldig aan n oortreding ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000).

AFDELING F: HANDTEKENING VAN HUIDIGE EIENAAR

(Teken slegs indien van toepassing)

HANDTEKENING VAN HUIDIGE EIENAAR 

Naam van huidige eienaar in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die huidige eienaar van die vuurwapen moet in paragraaf F 2 aangeteken word. 

Datum 
SAPS 534

Die datum waarop die huidige eienaar die versoekvorm onderteken, moet in paragraaf F 3 aangeteken word.

Handtekening van huidige eienaar 

Die handtekening van die huidige eienaar moet in paragraaf F 4 aangebring word. 

Plek 

Die plek waar die huidige eienaar die versoekvorm onderteken, moet in paragraaf F 5 aangebring word. 

HANDTEKENING VAN HANDELAAR/WAPENSMID 




7.       Naam van handelaar/wapensmid in drukskrif

Die voorletters en van (in drukskrif) van die handelaar/wapensmid van die vuurwapen moet in paragraaf F 7 aangeteken word.

Datum 

Die datum waarop die handelaar/wapensmid die versoek onder-teken, moet in paragraaf F 8 aangeteken word. 

Handtekening van handelaar/wapensmid 

Die handtekening van die handelaar/wapensmid moet in paragraaf F 9 aangebring word.

Plek 

Die plek waar die handelaar/wapensmid die versoek onderteken, moet in paragraaf F 10 aangeteken word. 

AFDELING G: (Hierdie afdeling moet slegs voltooi word indien die huidige eienaar nie kan lees of skryf nie.)

Afdruk van regterwysvinger van huidige eienaar 

Die afdruk van die huidige eienaar se regterwysvinger moet deur n polisiebeampte geneem word in paragraaf G 1, in die teenwoordig-heid van n getuie, en die afdruk mag nie die tabel oorskry nie. Indien die aansoeker nie n regterwysvinger het nie, moet die afdruk van die linkerwysvinger geneem word. 

Aanwysing van vingerafdruk 

Die aanwysing van die vingerafdruk (byvoorbeeld, regterwys-vingerafdruk) moet in paragraaf G 2 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die huidige eienaar se vingerafdruk geneem is, moet in paragraaf G 3 aangeteken word. 

Naam van aanmelder in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die huidige eienaar, moet in paragraaf F 4 aangeteken word. 

Plek 

Die dorp/stad waar die huidige eienaar se vingerafdruk geneem is, moet in paragraaf G 5 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN POLISIEBEAMPTE WAT DIE VERSOEK HANTEER 

6.1     Naam van polisiebeampte in drukskrif

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die versoek hanteer, moet in paragraaf G 6.1 aangeteken word.

Persal-nommer van polisiebeampte 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die 

III


versoek hanteer, moet in paragraaf G 6.2 aangeteken word.

Rang van polisiebeampte in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die versoek hanteer, moet in paragraaf G 6.3 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Die handtekening van die polisiebeampte wat die versoek hanteer, moet in paragraaf G 6.4 aangeteken word. 

7.       BESONDERHEDE VAN GETUIE

Naam van getuie in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf G 7.1 aangeteken word. 


Persal-nommer van getuie 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf G 7.2 aangeteken word.

Rang van getuie in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf G 7.3 aangeteken word. 

Handtekening van getuie 

Die handtekening van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf G 7.4 aangeteken word. 

AFDELING H: BESONDERHEDE VAN TOLK

(Hierdie afdeling moet slegs ingevul word as die versoeker nie kan lees, skryf of die inhoud van hierdie dokument verstaan nie.)

Naam en van van tolk 

Die naam en van van die persoon wat die inhoud van die versoek-vorm vir die versoeker vertolk, moet in paragraaf H 1 aangeteken word. 

Identiteits-/Paspoortnommer van tolk 

Die identiteits-/paspoortnommer van die tolk moet in paragraaf H 2 aangeteken word. 

Woonadres 

Die fisiese adres waar die tolk woon, moet in paragraaf H 3 aange-teken word. 

Poskode 

Die poskode van die tolk se woonadres moet in paragraaf H 4 aan-geteken word. 

Posadres 

Die posadres van die tolk moet in paragraaf H 5 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die tolk se posadres moet in paragraaf H 6 aangeteken word. 

Telefoonnommer 

Huis: Die tolk se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf H 7.1 aange-teken word. 

Werk: Die tolk se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf H 7.2 aange-teken word. 
SAPS 534

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die tolk moet in paragraaf H 8 aangeteken word. 

Faks 

Die faksnommer, insluitend die skakelkode, van die tolk moet in paragraaf H 9 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die tolk moet in paragraaf H 10 aangeteken word. 

Getolk uit (taal) 

Die taal waaruit die versoekvorm getolk is en die taal waarin dit getolk is en wat vir die versoeker verstaanbaar is (byvoorbeeld, Engels in Zoeloe), moet in paragraaf J 11 aangeteken word. 



Datum 

Die datum waarop die tolk die huidige eienaar bystaan, moet in paragraaf H 12 aangeteken word. 

Handtekening van tolk 

Die handtekening van die tolk wat die huidige eienaar bystaan omdat hy/sy nie kan lees of skryf of die inhoud van die vorm verstaan nie, moet in paragraaf H 13 aangebring word. 

Plek 

Die plek waar die tolk die huidige eienaar bystaan, moet in H 14 aangeteken word. 

Rang van polisiebeampte in drukskrif (indien van toepassing) 
As die tolk n polisiebeampte is, moet sy/haar rang (in drukskrif) in paragraaf H 15 aangeteken word. 

Persal-nommer van polisiebeampte (indien van toepassing) 

As die tolk n polisiebeampte is, moet sy/haar SAPD Persal-nommer in paragraaf H 16 aangeteken word. 

AFDELING I: BESONDERHEDE VAN POLISIEBEAMPTE

1.       Naam van polisiebeampte in drukskrif

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die versoek ontvang, moet in paragraaf I 1 aangeteken word.

Datum 

Die datum waarop die polisiebeampte die versoek ontvang, moet in paragraaf I 2 aangeteken word. 

Rang van polisiebeampte in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die versoek ontvang, moet in paragraaf I 3 aangeteken word. 

Plek 

Die dorp/stad waar die polisiebeampte die versoek ontvang, moet in paragraaf I 4 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Die handtekening van die polisiebeampte wat die versoek ontvang, moet in paragraaf I 5 aangebring word.

Persal-nommer van polisiebeampte 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die versoek ontvang, moet in paragraaf I 6 aangeteken word. 

IV
