SAPD 532














SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

















































Oortredingskennisgewing
SAPD 532

INSTRUKSIES: OORTREDINGSKENNISGEWING

ALGEMENE INSTRUKSIES

n Vorm vir n oortredingskennisgewing moet in onuitwisbare swart in ingevul word. 
Die kennisgewing moet gestempel word met die amptelike datumstempel van die polisiestasie waar dit uitgereik word. 
n Persoon is skuldig aan n oortreding ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000) indien hy/sy enige inligting wat hy/sy weet vals is op hierdie kennisgewingsvorm verstrek. 

AFDELING A: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIESTASIE WAAR DIE OORTREDING UITGEREIK IS

Provinsie 

Die naam van die provinsie waar die polisiestasie gele is (byvoor-beeld, Gauteng), moet in paragraaf B 1 aangeteken word. 

Area 

Die naam van die area waar die polisiestasie gele is (byvoorbeeld, Pretoria), moet in paragraaf B 2 aangeteken word. 

Polisiestasie 

Die naam van die polisiestasie waar die kennisgewing uitgereik word (byvoorbeeld, Brooklyn), moet in paragraaf A 3 aangeteken word. 

Komponentkode 

Die komponentkode van die polisiestasie waar die kennisgewing uitgereik word, (byvoorbeeld, 47), moet in paragraaf A 4 aangeteken word. 

Verwysingsnommer van oortredingskennisgewing 

Die jaarlikse reeksnommer wat aan die oortredingskennisgewing toegeken word (byvoorbeeld, 135/2002), moet in paragraaf A 5 aangeteken word. 

AFDELING B: BESONDERHEDE VAN OORTREDER

BESONDERHEDE VAN NATUURLIKE PERSOON 

SA-Identiteit-/Paspoort 

Die oortreder se soort identifikasie moet in paragraaf B 2 met n X aangedui word. 

Identiteitsnommer van natuurlike persoon 

Die identiteitsnommer van die oortreder moet in paragraaf B 3 aangeteken word. 

Paspoortnommer van natuurlike persoon 

Die paspoortnommer van die oortreder moet in paragraaf B 4 aangeteken word. 

Van 

Die van van die oortreder moet in paragraaf B 5 aangeteken word. 

Voorletters 

Die oortreder se voorletters moet in paragraaf B 6 aangeteken word. 
Woonadres 

Die fisiese adres waar die oortreder woon, moet in paragraaf B 7 aangeteken word. 

Poskode 



B 8 aangeteken word.

Posadres 

Die posadres van die oortreder moet in paragraaf B 9 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die oortreder se posadres moet in paragraaf B 10 aangeteken word. 

Telefoonnommer 

Huis: Die oortreder se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf B 

aangeteken word. 

Werk: Die oortreder se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf B 

aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die oortreder moet in paragraaf B 11.3 aangeteken word. 

Faks 

Die faksnommer, insluitend die area skakelkode, van die oortreder moet in paragraaf B 12 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die oortreder moet in paragraaf B 13 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN REGSPERSOON 

ANDER LIGGAME 

Geregistreerde naam van maatskappy 

Die geregistreerde maatskappynaam van die oortreder moet in paragraaf B 16 aangeteken word. 

Handelend as 

Die naam waaronder die oortreder sake doen, moet in paragraaf B 17 aangeteken word. 

VWR-nommer 

Die oortreder se registrasienommer moet in paragraaf B 18 aangeteken word. 

Posadres 

Die oortreder se posadres moet in paragraaf B 19 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die oortreder se posadres moet in paragraaf B 20 aangeteken word. 

Besigheidsadres 

Die fisiese adres waar die oortreder besigheid bedryf, moet in paragraaf B 21 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die oortreder se besigheidsadres moet in paragraaf B 22 aangeteken word. 
Die poskode van die oortreder se woonadres moet in paragraaf

I


23.     Besigheidstelefoonnommer

Werk: Die oortreder se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode, (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf B 23.1 aangeteken word. 

Faks 

Die oortreder se faksnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf B 23.2 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die oortreder moet in paragraaf B 24 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN VERANTWOORDELIKE PERSOON 

Verantwoordelike person (Naam en van) 

Die verantwoordelike persoon se naam en van moet in paragraaf B 26 aangeteken word. 

Soort identifikasie (Merk met n X) 

SA-Identiteit-/Paspoortnommer 

Die verantwoordelike persoon se soort identifikasie moet met n X in paragraaf B 27 aangeteken word. 

Identiteitsnommer van verantwoordelike persoon 

Die identiteitsnommer van die verantwoordelike persoon moet in paragraaf B 28 aangeteken word. 

Paspoortnommer van verantwoordelike persoon 

Die paspoortnommer van die verantwoordelike persoon moet in paragraaf B 29 aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die verantwoordelike persoon moet in paragraaf B 30 aangeteken word. 

Fisiese adres 

Die fisiese adres waar die verantwoordelike persoon woon, moet in paragraaf B 31 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se woonadres moet in paragraaf B 32 aangeteken word. 

Posadres 

Die posadres van die verantwoordelike persoon moet in paragraaf B 33 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se posadres moet in paragraaf B 34 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN LISENSIES, PERMITTE, SERTIFIKATE OF MAGTIGINGS 

Besonderhede van lisensies, permitte, sertifikate of magtigings 

Die soort, nommer, datum van uitreiking en vervaldatum van die lisensies, sertifikate of magtigings wat aan die oortreder uitgereik is, moet in paragraaf B 37 aangeteken word. 

Besonderhede van beweerde misdryf 

Die besonderhede van die beweerde misdryf moet in paragraaf B 38 aangeteken word. 
SAPD 532


Administratiewe boete betaalbaar 

Die administratiewe boete wat vir die beweerde misdryf betaalbaar is, moet in paragraaf B 39 aangeteken word. 

Oortreder se opsies 

Die oortreder se opsies word in paragraaf B 40 aangedui. 

Verklaring van versuim om aan vereistes te voldoen 

Indien n oortreder versuim om aan die vereistes van n kennisgewing te voldoen, kan die Registrateur n verklaring deur hom of haar as korrek gesertifiseer by die klerk of registrateur van enige bevoegde hof indien, waarin die bedrag van die administratiewe boete betaalbaar deur die oortreder uiteengesit word, en sodanige verklaring het daarna die uitwerking van n siviele vonnis wettig gegee in daardie hof ten gunste van die Registrateur vir n likiede skuld in die bedrag vermeld in die verklaring. 

Datum van antwoord 

Die datum waarop die oortreder moet antwoord op die oortredingskennisgewing, moet in paragraaf B 42 aangedui word. 

Plek waar administratiewe boete betaal moet word 

Die plek waar die administratiewe boete betaal moet word (byvoorbeeld, SAPD Silverton, Pretoriaweg 123, Silverton) moet in paragraaf B 34 aangedui word.

AFDELING C: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIEBEAMPTE WAT DIE OORTREDINGSKENNISGEWING UITREIK

Naam en van van polisiebeampte in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die oortredingskennisgewing uitreik, moet in paragraaf C 1 aangeteken word. 

Datum uitgereik 

Die datum waarop die oortredingskennisgewing uitgereik is, moet in paragraaf C 2 aangeteken word. 

Rang van polisiebeampte in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die oortredingskennisgewing uitreik, moet in paragraaf C 3 aangeteken word. 

Plek van uitreiking 

Die stad/dorp waar die oortredingskennisgewing uitgereik is, moet in paragraaf C 4 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Die handtekening van die polisiebeampte wat die oortredings-kennisgewing uitreik, moet in paragraaf C 5 aangebring word.

Persal-nommer van die polisiebeampte 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die oortredingskennisgewing uitreik, moet in paragraaf C 6 aangeteken word. 

AFDELING D: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIEBEAMPTE WAT DIE OORTREDINGS-KENNISGEWING BETEKEN

Naam en van van polisiebeampte in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die oortredingskennisgewing beteken, moet in paragraaf D 1 aangeteken word. 

Datum uitgereik 

II
SAPD 532

Die datum waarop die oortredingskennisgewing uitgereik is, moet in paragraaf D 2 aangeteken word.

Rang van polisiebeampte in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die oortredingskennisgewing beteken, moet in paragraaf D 3 aangeteken word. 

Plek van betekening 

Die stad/dorp waar die oortredingskennisgewing beteken is, moet in paragraaf D 4 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Die handtekening van die polisiebeampte wat die oortredings-kennisgewing beteken, moet in paragraaf D 5 aangebring word.

Persal-nommer van die polisiebeampte 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die oortredingskennisgewing beteken, moet in paragraaf D 6 aageteken word. 

AFDELING E: ERKENNING VAN ONTVANGS VAN

OORTREDINGSKENNISGEWING DEUR OORTREDER

Naam en van van oortreder 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die oortreder moet in paragraaf E 1 aangeteken word. 

Identiteitsnommer van oortreder 

Die identiteitsnommer van die oortreder moet in paragraaf E 2 aangeteken word. 

Datum beteken 

Die datum waarop die oortredingskennisgewing beteken word, moet in paragraaf E 3 aangeteken word. 

Plek van betekening 

Die stad/dorp waar die oortredingskennisgewing ontvang is, moet in paragraaf E 4 aangeteken word. 

Tyd van betekening 

Die tyd wanneer die oortredingskennisgewing ontvang word, moet in paragraaf E 5 aangeteken word. 

Handtekening van oortreder 

Die oortreder moet in paragraaf E 6 teken. 
























III
