SAPD 521(h)














SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS















































Kennisgewing dat vuurwapen gedeaktiveer moet word
SAPD 521(h)

INSTRUKSIES: KENNISGEWING DAT VUURWAPEN GEDEAKTIVEER MOET WORD

ALGEMENE INSTRUKSIE

n Kennisgewing dat n vuurwapen gedeaktiveer moet word, moet in onuitwisbare swart ink ingevul word. 
Die kennisgewing moet gestempel word met die amptelike datumstempel van die polisiestasie waar die aansoek ontvang is. 

n Persoon is skuldig aan n oortreding ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000) indien hy/sy enige inligting wat hy/sy weet vals is op hierdie kennisgewingsvorm verstrek. 

AFDELING A: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIESTASIE WAAR DIE KENNISGEWING VASGEL WORD

1.     Kennisgewingverwysingsnommer

Die handtekening van die beampte by die SVWR wat die uistaande of bykomende inligting aangevra het, moet in paragraaf C 4 aangebring word.

Naam in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die beampte by die SVWR wat die uitstaande of bykomende inligting aangevra het, moet in paragraaf C 5 aangeteken word. 

Vuurwapen vir ballistiese toetsing verwys (Merk met n X) 

Die toepaslike antwoorde moet met n X in paragraaf C 6 aangedui word. 

Resultaat 

Die verwysingsnommer wat die stelsel vir die kennisgewing genereer nadat dit op rekenaar vasgel is (byvoorbeeld, N12945), moet in paragraaf A 1 aangeteken word.

Die resultate van die ballistiese toetse moet in paragraaf C 7 aangeteken word.

AFDELING B: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIESTASIE WAAR DIE KENNISGEWING ONTVANG IS

Provinsie 

Die naam van die provinsie waar die polisiestasie gele is (byvoor-beeld, Gauteng), moet in paragraaf B 1 aangeteken word. 

Area 

Die naam van die area waar die polisiestasie gele is (byvoorbeeld, Pretoria), moet in paragraaf B 2 aangeteken word. 

Polisiestasie 

Die naam van die polisiestasie waar die kennisgewing ontvang is (byvoorbeeld, Brooklyn), moet in paragraaf B 3 aangeteken word. 

Komponentkode 

Die komponentkode van die polisiestasie waar die kennisgewing ontvang is (byvoorbeeld, 47), moet in paragraaf B 4 aangeteken word. 

Verwysingsnommer in vuurwapenregister 

Die jaarlikse reeksnommer in die register vir algemene vuurwapentransaksies wat aan die kennisgewing toegeken word (byvoorbeeld, 135/2002), moet in paragraaf B 5 aangeteken word. 

AFDELING C: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE SENTRALE

VUURWAPENREGISTER (SVWR)

Uitstaande/Bykomende inligting verlang 

Indien die beampte by die SVWR bykomende inligting van die polisiestasie of die aansoeker aanvra, moet die verlangde inligting in paragraaf C 1 aangeteken word. 

Persal-nommer 

Die SAPD Persal-nommer van die beampte by die SVWR wat die uitstaande of bykomende inligting aangevra het, moet in paragraaf C 2 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die uitstaande of bykomende inligting deur die beampte by die SVWR aangevra is, moet in paragraaf C 3 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Persal-nommer 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die vuurwapen vir ballistiese toetsing verwys het, moet in paragraaf C 8 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die vuurwapen vir ballistiese toetsing verwys word, moet in paragraaf C 9 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Die handtekening van die polisiebeampte wat die vuurwapen vir ballistiese toetsing verwys het, moet in paragraaf C 10 aangebring word. 

Naam in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die vuurwapen vir ballistiese toetsing verwys het, moet in paragraaf C 11 aangeteken word. 

Deaktivering goedgekeur (Merk met n X) 

Indien die deaktivering goedgekeur is, moet die beampte by die SVWR wat die deaktivering goedgekeur het, paragraaf C 12 met n X merk. 

Persal-nommer 

Die SAPD-Persal-nommer van die beampte by die SVWR wat die deaktivering goedgekeur het, moet in paragraaf C 13 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die beampte by die SVWR die deaktivering goedgekeur het, moet in paragraaf C 14 aangeteken word. 

Handtekening van SVWR-beampte 

Die handtekening van die beampte by die SVWR wat die deaktivering goedgekeur het, moet in paragraaf C 15 aangeteken word 

Beamptekode 

Die beamptekode is n kode wat toegeken word aan elke beampte by die SVWR wat die deaktivering van vuurwapens oorweeg. Die kode van die beampte by die SVWR wat die deaktivering goedgekeur het, moet in paragraaf C 16 aangeteken word. 

Naam in drukskrif 

I


Die voorletters en van (in drukskrif) van die beampte by die SVWR wat die deaktivering goedgekeur het, moet in paragraaf C 17 aangeteken word.

Deaktivering geweier (Merk met n X) 

Indien die deaktivering geweier is, moet die beampte by die SVWR wat die kennisgewing geweier het, paragraaf C 18 met n X merk. 

Rede(s) vir weiering 

Indien die deaktivering geweier is, moet die beampte by die SVWR wat dit geweier het, die rede(s) vir die weiering in paragraaf C 19 aanteken. 

Persal-nommer 

Die SAPD Persal-nommer van die beampte by die SVWR wat die deaktivering geweier het, moet in paragraaf C 20 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die deaktivering deur die beampte by die SVWR geweier is, moet in paragraaf C 21 aangeteken word. 

Handtekening van beslissende beampte 

Die handtekening van die beampte by die SVWR wat die deaktivering geweier het, moet in pargaraaf C 22 aangeteken word. 

Beamptekode 

Die beamptekode is n kode wat toegeken word aan elke beampte by die SVWR wat die deaktivering van vuurwapens oorweeg. Die kode van die beampte by die SVWR wat die deaktivering geweier het, moet in paragraaf C 23 aangeteken word. 

Naam in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die beampte by die SVWR wat die deaktivering geweier het, moet in paragraaf C 24 aangeteken word. 

AFDELING D: BESONDERHEDE VAN DIE LISENSIEHOUER

BESONDERHEDE VAN NATUURLIKE PERSOON 

Identiteits-/Paspoortnommer (Merk met n X) 

Identiteitsnommer van natuurlike persoon 

Die lisensiehouer se identiteitsnommer moet in paragraaf D 3 aangeteken word. 

Paspoortnommer van natuurlike persoon 

Die lisensiehouer se paspoortnommer moet in paragraaf D 4 aangeteken word. 

Van 

Die lisensiehouer se van moet in paragraaf D 5 aangeteken word. 

Voorletters 

Die lisensiehouer se voorletters moet in paragraaf D 6 aangeteken word. 

Woonadres 

Die fisiese adres waar die lisensiehouer woon, moet in paragraaf D 7 aangeteken word. 

Poskode 
SAPD 521(h)

Die poskode van die lisensiehouer se woonadres moet in paragraaf D 8 aangeteken word.

Posadres 

Die lisensiehouer se posadres moet in paragraaf D 9 aangeteken word. 



Poskode 

Die poskode van die lisensiehouer se posadres moet in paragraaf D 10 aangeteken word. 

Telefoonnommer 

Huis: Die lisensiehouer se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923) moet in paragraaf D 

aangeteken word. 

Werk: Die lisensiehouer se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf D 

aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die lisensiehouer se selfoonnommer (indien van toepassing), moet in paragraaf D 11. 3 aangeteken word. 

Faks 

Die lisensiehouer se faksnommer, insluitend die area skakelkode moet in paragraaf D 12 aangeteken word. 

E-posadres 

Die lisensiehouer se e-posadres (indien van toepassing) moet in paragraaf D 13 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN REGSPERSOON 

ANDER LIGGAME 

Geregistreerde naam van maatskappy 

Die geregistreerde maatskappynaam van die houer van die lisensie moet in paragraaf D 16 aangeteken word. 

Handelend as 

Die naam waaronder die lisensiehouer handel dryf, moet in paragraaf D 17 aangeteken word. 

VWR-nommer 

Die lisensiehouer se registrasienommer moet in paragraaf D 18 aangeteken word. 

Posadres 

Die posadres van die lisensiehouer, moet in paragraaf D 19 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die lisensiehouer se posadres moet in paragraaf D 20 aangeteken word. 

Besigheidsadres 

Die fisiese adres waar die lisensiehouer sake doen, moet in paragraaf D 21 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die lisensiehouer se besigheidsadres moet in paragraaf D 22 aangeteken word. 

Besigheidstelefoonnommer 

II


23.1  Werk: Die lisensiehouer se werktelefoonnommer, insluitend die
Geweer	X
skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf D

23.1 aangeteken word. 

Faks 

Die lisensiehouer se faksnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf D 23.2 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die houer van die lisensie, permit, sertifikaat of magtiging, moet in paragraaf D 24 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN VERANTWOORDELIKE PERSOON 

Verantwoordelike persoon (Naam en van) 

Die verantwoordelike persoon se naam en van moet in paragraaf D 26 aangeteken word. 

Soort identifikasie  (Merk met n X) 

SA-Identiteit-/Paspoortnommer 

Die verantwoordelike persoon se soort identiteits-/paspoortnommer moet met n X in paragraaf D 27 aangeteken word. 

Identiteitsnommer van verantwoordelike persoon 

Die verantwoordelike persoon se identiteitsnommer moet in paragraaf D 28 aangeteken word. 

Paspoortnommer van verantwoordelike persoon 

Die verantwoordelike persoon se paspoortnommer moet in paragraaf D 29 aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die verantwoordelike persoon, moet in paragraaf D 30 aangeteken word. 

Woonadres 

Die fisiese adres waar die verantwoordelike persoon woon, moet in paragraaf D 31 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se fisiese adres, moet in paragraaf D 32 aangeteken word. 

Posadres 

Die posadres van die verantwoordelike persoon moet in paragraaf D 33 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se posadres moet in paragraaf D 34 aangeteken word. 

AFDELING E: BESONDERHEDE VAN VUURWAPEN

Lisensienommer 

Die nommer van die lisensie wat ten opsigte van die vuurwapen uitgereik is, moet in paragraaf E 1 aangeteken word. 

SOORT VUURWAPEN 

Die toepaslike soort vuurwapen moet met n X in paragraaf E 3 aangedui word, byvoorbeeld: 
SAPD 521(h)




Kaliber 

Die kaliber van die vuurwapen moet in paragraaf E 4 aangeteken word. 

Fabrikaat 

Die fabrikaat van die vuurwapen moet in paragraaf E 5 aangeteken word. 

Model 

Die model van die vuurwapen moet in paragraaf E 6 aangeteken word. 

Reeksnommer van loop 

Die reeksnommer van die loop moet in paragraaf E 7 aangeteken word. 

7.1    Fabrikaat

Die fabrikaat van die loop moet in paragraaf E 7.1 aangeteken word.

Reeksnommer van raam 

Die reeksnommer van die raam moet in paragraaf E 8 aangeteken word. 

Fabrikaat 

Die fabrikaat van die raam moet in paragraaf E 8.1 aangeteken word. 

Reeksnommer van romp 

Die reeksnommer van die romp moet in paragraaf E 9 aangeteken word. 

Fabrikaat 

Die fabrikaat van die romp moet in paragraaf E 9.1 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN WAPENSMID 

Handelend as 

Die naam waaronder die wapensmid handel dryf, moet in paragraaf E 11 aangeteken word. 

VWR-nommer 

Die registrasienommer van die wapensmid moet in paragraaf E 

aangeteken word. 

Lisensienommer van wapensmid 

Die lisensienommer van die wapensmid moet in paragraaf E 13 aangeteken word. 

Rede vir deaktivering 

Die rede(s) vir deaktivivering moet in paragraaf E 14 verskaf word. 

Naam van wapensmid in drukskrif 

Die naam van die wapensmid (in drukskrif), moet in paragraaf E 

aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die wapensmid die kennisgewing onderteken, moet in paragraaf E 16 aangeteken word. 

Handtekening van wapensmid 

III


Die handtekening van die wapensmid moet in paragraaf E 17 aangebring word.

Plek 

Die plek waar die wapensmid die kennisgewing teken, moet in paragraaf E 18 aangedui word. 

VERKLARING DEUR DIE LISENSIEHOUER 

Indien ek enige vals verklaring op hierdie vorm maak, is ek skuldig aan n oortreding ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000). 

BESONDERHEDE VAN DIE LISENSIEHOUER 

Naam van die lisensiehouer in drukskrif 

Die naam (in drukskrif) van die lisensiehouer moet in paragraaf E 21 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die lisensiehouer die kennisgewing teken, moet in paragraaf E 22 aangeteken word. 

Handtekening van die lisensiehouer 

Die lisensiehouer se handtekening moet in paragraaf E 23 aangeteken word. 

Plek 

Die plek waar die lisensiehouer die kennisgewing teken, moet in paragraaf E 24 aangedui word. 

AFDELING F: (Voltooi slegs as die persoon wat die vuurwapen oorhandig, nie kan lees of skryf nie.)

Vingerafdruk 

Die afdruk van die wysvinger van die persoon wat die vuurwapen oorhandig se regterhand moet deur die polisiebeampte in paragraaf F 1 geneem word, in die teenwoordigheid van n getuie en dit moet binne die lyne van die blokkie bly. As die aansoeker nie n regterwysvinger het nie, moet die afdruk van die linkerwysvinger geneem word. 

Aanwysing van vingerafdruk 

Die aanwysing van die vingerafdruk (byvoorbeeld, regterwysvinger) moet in paragraaf F 2 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die persoon wat die vuurwapen oorhandig se vingerafdruk geneem is, moet in paragraaf F 3 aangeteken word. 

Naam van persoon wat vuurwapen oorhandig in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die persoon wat die vuurwapen oorhandig moet in paragraaf F 4 aangeteken word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die persoon wat die vuurwapen oorhandig die kennisgewing teken, moet in paragraaf F 5 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN POLISIEBEAMPTE WAT KENNISGEWING HANTEER 

Naam van polisiebeampte in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die kennisgewing hanteer moet in paragraaf F 6.1 aangeteken word. 

Persal-nommer van polisiebeampte 
SAPD 521(h)

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die kennisgewing hanteer, moet in paragraaf F 6.2 aangeteken word.

Rang van polisiebeampte in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die kennisgewing hanteer, moet in paragraaf F 6.3 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Die handtekening van die polisiebeampte wat die kennisgewing hanteer, moet in paragraaf F 6.4 aangebring word. 

7.      BESONDERHEDE VAN GETUIE



Naam van getuie in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf F 7.1 aangeteken word. 

Persal-nommer van getuie 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat as getuie optree,moet in paragraaf F 7.2 aangeteken word. 

Rang van getuie in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf F 7.3 aangeteken word. 

Handtekening van getuie 

Die handtekening van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf F 7.4 aangebring word. 

AFDELING G: BESONDERHEDE VAN TOLK

(Hierdie afdeling moet slegs ingevul word as die aansoeker nie kan lees, skryf of hierdie vorm verstaan nie.)

Naam en van van tolk 

Die naam en van van die persoon wat die inhoud van die kennisgewingsvorm vir die aansoeker tolk, moet in paragraaf G 1 aangeteken word. 

Identiteits-/Paspoortnommer van tolk 

Die identiteits-/paspoortnommer van die tolk moet in paragraaf G 2 aangeteken word. 

Woonadres 

Die fisiese adres waar die tolk woon, moet in paragraaf G 3 aange-teken word. 

Poskode 

Die poskode van die tolk se woonadres moet in paragraaf G 4 aangeteken word. 

Posadres 

Die posadres van die tolk moet in paragraaf G 5 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die tolk se posadres moet in paragraaf G 6 aangeteken word. 

Telefoonnommer 

Huis: Die tolk se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf G 7.1 aangeteken word. 

Werk: Die tolk se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf G 

IV


aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die tolk moet in paragraaf G 8 aangeteken word. 

Faks 

Die faksnommer, insluitend die skakelkode, van die tolk moet in paragraaf G 9 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die tolk moet in paragraaf G 10 aangeteken word. 



Getolk uit (taal) 

Die taal waaruit die kennisgewingsvorm getolk is en die taal waarin dit getolk is en wat vir die aansoeker verstaanbaar is (byvoorbeeld, Engels in Zoeloe), moet in paragraaf G 11 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die tolk die aansoeker bystaan, moet in para-graaf G 12 aangeteken word. 

Handtekening van tolk 

Die handtekening van die tolk wat die aansoeker bystaan omdat hy/sy nie kan lees of skryf of die inhoud van die vorm verstaan nie, moet in paragraaf G 13 aangebring word. 

Plek 

Die plek waar die tolk die aansoeker bystaan, moet in paragraaf G 14 aangeteken word. 

Rang van polisiebeampte in drukskrif (indien van toepassing) 

As die tolk n polisiebeampte is, moet sy/haar rang (in drukskrif) in paragraaf G 15 aangeteken word. 

Persal-nommer van polisiebeampte (indien van toepassing) 

As die tolk n polisiebeampte is, moet sy/haar SAPD Persal-nommer in paragraaf G 16 aangeteken word. 

AFDELING H: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE AANGEWESE VUURWAPENBEAMPTE/STASIEKOMMISSARIS

AANBEVELING TEN OPSIGTE VAN DIE KENNISGEWING 

Motivering ten opsigte van die kennisgewing 

Die rede(s) vir die aanbeveling moet in paragraaf H 2 aangeteken word. Die rede(s) moet op feite gebaseer wees en nie net op hoors nie. 

Naam van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasie-kommissaris in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris wat die die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 3 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 4 aangeteken word. 
SAPD 521(h)

Rang van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasie-kommissaris in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 5 aangeteken word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 6 aangeteken word. 

Handtekening van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris 

Die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 7 teken. 





Persal-nommer van die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris 

Die SAPD Persal-nommer van die Aangewese Vuurwapenbeampte/ 
Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 8 aangeteken word. 

V
