SAPD 518(a)














SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

















































Aansoek om die hernuwing van n vuurwapenlisensie, permit, sertifikaat of magtiging
SAPD 518(a)


INSTRUKSIES: AANSOEK OM DIE HERNUWING VAN N VUURWAPENLISENSIE, PERMIT, SERTIFIKAAT OF MAGTIGING

ALGEMENE INSTRUKSIES

n Aansoek om die hernuwing van n vuurwapenlisensie, permit, sertifikaat of magtiging moet in swart onuitwisbare ink ingevul word. 

Die aansoek moet gestempel word met die amptelike datumstempel van die polisiestasie wat die aansoek ontvang. 
Die polisiestasie waar die aansoek op rekenaar vasgel word, moet Afdeling A voltooi. 
Die polisiestasie waar die aansoek ontvang word, moet Afdeling B voltooi. 
Die aansoeker moet Afdeling C, D en E voltooi. 
Indien n tolk gebruik is, moet hy/sy Afdeling F voltooi. 
Indien n genomineerde/gemagtidge persoon gebruik is, moet hy/sy Afdeling G voltooi. 
Die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris moet Afdeling H voltooi. 
n Persoon is skuldig aan n oortreding ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000) indien hy/sy enige inligting wat hy/sy weet vals is op hierdie aansoekvorm verstrek. 

AFDELING A: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIESTASIE WAAR DIE AANSOEK OP

REKENAAR VASGEL WORD

Aansoekverwysingsnommer 

Die verwysingsnommer (byvoorbeeld, A 12945) wat die stelsel vir die aansoek genereer nadat dit vasgel is, moet in paragraaf A 1 aangeteken word. 

AFDELING B: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE

POLISIESTASIE WAAR DIE AANSOEK

ONTVANG	IS

Provinsie 

Die naam van die provinsie waar die polisiestasie gele is (byvoorbeeld, Gauteng), moet in paragraaf B 1 aangeteken word. 

Area 

Die naam van die area waar die polisiestasie gele is (byvoorbeeld, Pretoria) moet in paragraaf B 2 aangeteken word. 

Polisiestasie 

Die naam van die polisiestasie waar die aansoek ontvang is (byvoorbeeld, Brooklyn), moet in paragraaf B 3 aangeteken word. 

Komponentkode 

Die komponentkode van die polisiestasie waar die aansoek ontvang is (byvoorbeeld, 47), moet in paragraaf B 4 aangeteken word. 

Verwysingsnommer van vuurwapenaansoekregister 

Die jaarlikse reeksnommer van die vuurwapenaansoekregister wat aan die aansoek toegeken word (byvoorbeeld,135/2002), moet in paragraaf B 5 aangeteken word. 

AFDELING C: SOORT LISENSIE, PERMIT, SERTIFIKAAT OF

MAGTIGING (Merk met n X)

Die toepaslike soort lisensie, permit, sertifikaat of magtiging moet

in paragraaf C 1 tot 3 met n X gemerk word, byvoobeeld:

Invoerpermit
X

Besonderhede van oorspronklike lisensie, permit sertifikaat of magtiging 

5.       Die toepaslike besonderhede van die lisensie, permit, sertifikaat

of
magtiging, soos die datum van uitreiking en die vervaldatum,

moet

in paragraaf C 5 aangeteken word.

AFDELING D: BESONDERHEDE VAN AANSOEKER

BESONDERHEDE VAN NATUURLIKE PERSOON 

Soort identifikasie (Merk met n X) 

SA-Identiteit/Paspoort/Nie-SA-burger met permanente verblyfreg* 

Die soort identifikasie van die aansoeker moet in paragraaf D 2.1 met n X gemerk word. 

Bewys van permanente verblyfreg moet ingedien word indien n aansoeker nie n SA-burger is nie. 

3.
Identiteitsnommer van natuurlike persoon

Die identiteitsnommer van die natuurlike persoon moet in
paragraaf
D 3 aangeteken word.
4.
Paspoortnommer van natuurlike persoon

Die paspoortnommer van die natuurlike persoon moet in
paragraaf
D 4 aangeteken word.

Van 

Die aansoeker se van moet in paragraaf D 5 aangeteken word. 

Voorletters 

Die aansoeker se voorletters moet in paragraaf D 6 aangeteken word. 

Volle name 

Die aansoeker se volle name moet in paragraaf D 7 aangeteken word. 

Woonadres 

Die adres waar die aansoeker woonagtig is, moet in paragraaf D 8 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die aansoeker se woonadres moet in paragraaf D 9 aangeteken word. 

Posadres 

Die aansoeker se posadres moet in paragraaf D 10 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die aansoeker se posadres moet in paragraaf D 11 aangeteken word. 

Telefoonnommer 

Huis: Die aansoeker se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf D 

aangeteken word. 

Werk: Die aansoeker se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf D 

aangeteken word.. 

I


Selfoonnommer 

Die aansoeker se selfoonnommer (indien van toepassing) moet in paragraaf D 12.3 aangeteken word. 



Faks 

Die aansoeker se faksnommer, insluitend die skakelkode, moet in paragraaf D 13 aangeteken word. 

E-posadres 

Die aansoeker se e-posadres (indien van toepassing) moet in paragraaf D 14 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN REGSPERSOON 

ANDER LIGGAME 

Geregistreerde naam van maatskappy 

Die geregistreerde naam van die aansoeker se maatskappy moet in paragraaf D 17 aangeteken word. 

Handelend as 

Die naam waaronder die aansoeker n saak bedryf, moet in paragraaf D 18 aangeteken word. 

VWR-nommer 

Die registrasienommer van die aansoeker moet in paragraaf D 19 aangeteken word. 

Posadres 

Die posadres van die aansoeker moet in paragraaf D 20 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die aansoeker se posadres moet in paragraaf D 21 aangeteken word. 

Besigheidsadres 

Die straatadres waar die aansoeker n saak bedryf moet in paragraaf D 22 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die aansoeker se besigheidsadres moet in paragraaf D 23 aangeteken word. 

Besigheidstelefoonnommer 

Werk: Die aansoeker se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf D 24.1 aangeteken word. 

Faks 

Die aansoeker se faksnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf D 24.2 aangeteken word. 

E-posadres 

Die aansoeker se e-posadres (indien van toepassing) moet in paragraaf D 25 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN VERANTWOORDELIKE PERSOON 

Verantwoordelike persoon (volle name en van) 

Die verantwoordelike persoon se volle name en van moet in paragraaf D 27 aangeteken word. 
SAPD 518(a)

Soort identifikasie (Merk met n X) 

SA-Identiteit/Paspoortnommer 

Die verantwoordelike persoon se soort identifikasie moet in paragraaf D 28 met n X aangedui word. 




Identiteitsnommer van verantwoordelike persoon 

Die verantwoordelike persoon se identiteitsnommer moet in paragraaf D 29 aangeteken word. 

Paspoortnommer van verantwoordelike persoon 

Die verantwoordelike persoon se paspoortnommer moet in paragraaf D 30 aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die verantwoordelike persoon moet in paragraaf D 31 aangeteken word. 

Fisiese adres 

Die adres waar die verantwoordelike persoon woonagtig is, moet in paragraaf D 32 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se woonadres moet in paragraaf D 33 aangeteken word. 

Posadres 

Die verantwoordelike persoon se posadres moet in paragraaf D 34 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se posadres moet in paragraaf D 35 aangeteken word. 

ANDER INLIGTING (Merk met n X) 

IS U AANSOEK INGEDIEN 90 DAE VOOR DIE VERVAL VAN DIE BESTAANDE LISENSIE? INDIEN NEE, VERSTREK DIE REDE(S) (Merk met n X) 

Die toepaslike antwoord moet met n X gemerk word. Indien die antwoord nee is, moet die rede(s) daarvoor verstrek word, byvoorbeeld: 

NEE
X
Rede: Ek was in die hospitaal vir n


operasie. Sien die aangehegte


mediese sertifikaat.

IS U AANSOEK NA DIE VERVALDATUM INGEDIEN, MAAR VOORDAT DIE BESTAANDE LISENSIE VERVAL HET? INDIEN JA, VERSTREK DIE REDE(S) (Merk met n X) 

Die toepaslike antwoord moet met n X gemerk word. Indien die antwoord ja is, moet die rede(s) daarvoor verstrek word, byvoorbeeld: 

JA
X
Rede: Ek was in die hospitaal vir n


operasie. Sien die aangehegte


mediese sertifikaat.

IS U AANSOEK INGEDIEN NADAT DIE BESTAANDE LISENSIE VERVAL HET? INDIEN JA, VERSTREK DIE REDE(S) (Merk met n X) 

Die toepaslike antwoord moet met n X gemerk word. Indien die antwoord ja is, moet die rede(s) daarvoor verstrek word, byvoorbeeld: 

II






40.     VERKLARING DEUR AANSOEKER

Indien ek enige vals verklaring op hierdie vorm maak, is ek skuldig

aan n oortreding ingevolge artikel 120 (9)(f) van die Wet op Beheer
van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000).

AFDELING E: HANDTEKENING VAN AANSOEKER (Teken slegs

indien van toepassing)

Foto 

n Onlangse kleurfoto van die aansoeker moet in paragraaf E 1 

aangebring word. Die foto mag nie die tabel oorskry nie. Die voorwaardes van die foto:
S  Die foto moet n standaard paspoortfoto wees.

Die foto moet n volle vooraansig van die kop en skouers van die aansoeker wees. 
S  Die agtergrond van die foto moet effe kleur wees.
S Die aansoeker mag nie n hoed of sonbril oph met die neem van die foto nie.
Die aansoeker se naam en identiteitsnommer moet agterop die foto geskryf word voordat dit op die vorm vasgesit word. 

Handtekening 

Die handtekening van die aansoeker moet in paragraaf E 2 in die teenwoordigheid van die polisiebeampte aangebring word. Die handtekening mag nie die tabel oorskry nie. 

Vingerafdruk 

Die polisiebeampte moet n afdruk van die regterwysvinger van die aansoeker in paragraaf E 3 in die teenwoordigheid van n getuie neem. Die vingerafdruk mag nie die tabel oorskry nie. Indien die aansoeker nie n regterwysvinger het nie, moet n afdruk van die linkerwysvinger geneem word. 

Aanwysing van vingerafdruk 

Die aanwysing van die vingerafdruk (byvoorbeeld, regterwysvinger) moet in paragraaf E 4 aangeteken word. 

Naam van aansoeker in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die aansoeker moet in paragraaf E 5 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die aansoeker om die permit aansoek doen, moet in paragraaf E 6 aangeteken word. 

Plek 

Die dorp/stad waar die aansoeker aansoek doen om die hernuwing moet in paragraaf E 7 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN POLISIEBEAMPTE WAT DIE AANSOEK HANTEER 

Naam van polisiebeampte in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf E 8.1 aangeteken word. 

Persal-nommer van polisiebeampte 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf E 8.2 aangeteken word. 

Rang van polisiebeampte in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf E 8.3 aangeteken word. 
SAPD 518(a)

8.4      Handtekening van polisiebeampte
JA	X       Rede: Ek was in die hospitaal vir n

operasie. Sien die aangehegte Die handtekening van die polisiebeampte wat die aansoek

mediese sertifikaat. hanteer, moet in paragraaf E 8.4 aangebring word.

9.	BESONDERHEDE VAN GETUIE

Naam van getuie in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat optree as getuie moet in paragraaf E 9.1 aangeteken word. 


Persal-nommer van getuie 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat optree as getuie moet in paragraaf E 9.2 aangeteken word. 

Rang van getuie in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat optree as getuie moet in paragraaf E 9.3 aangeteken word. 

Handtekening van getuie 

Die handtekening van die polisiebeampte wat optree as getuie moet in paragraaf E 9.4 aangebring word. 

AFDELING F: BESONDERHEDE VAN TOLK

(Hierdie afdeling moet slegs ingevul word as die aansoeker nie kan lees,
skryf of hierdie dokument verstaan nie.)

Naam en van van tolk 

Die naam en van van die persoon wat die inhoud van die aansoekvorm vir die aansoeker tolk, moet in paragraaf F 1 aangeteken word. 

Identiteits-/Paspoortnommer van tolk 

Die identiteits-/paspoortnommer van die tolk moet in paragraaf F 2 aangeteken word. 

Woonadres 

Die adres waar die tolk woonagtig is, moet in paragraaf F 3 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die tolk se woonadres moet in paragraaf F 4 aangeteken word. 

Posadres 

Die tolk se posadres moet in paragraaf F 5 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die tolk se posadres moet in paragraaf F 6 aangeteken word. 

Telefoonnommer 

Huis: Die tolk se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld (012) 667 1923), moet in paragraaf F 7.1 aangeteken word. 

Werk: Die tolk se werktelefoonnommer, insluitend die skakelkode 

(byvoorbeeld (011) 577 5913), moet in paragraaf F 7.2 aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die tolk se selfoonnommer (indien van toepassing) moet in paragraaf F 8 aangeteken word. 

Faks 

III


Die tolk se faksnommer, insluitend die skakelkode, moet in paragraaf F 9 aangeteken word.

E-posadres 

Die tolk se e-posadres (indien van toepassing) moet in paragraaf F 10 aangeteken word. 

Getolk uit (taal) 

Die taal waaruit die aansoekvorm getolk is en die taal waarin dit getolk is en wat vir die aansoeker verstaanbaar is (byvoorbeeld, Engels in Zoeloe), moet in paragraaf F 11 aangeteken word. 



Datum 

Die datum waarop die tolk die aansoeker bystaan, moet in paragraaf F 12 aangeteken word.

Handtekening van tolk 

Die handtekening van die tolk wat die aansoeker bystaan, moet in paragraaf F 13 aangebring word. 

Plek 

Die plek waar die tolk die aansoeker bystaan, moet in paragraaf F 
14 aangeteken word. 

Rang van polisiebeampte in drukskrif (indien van toepassing) 

As die tolk n polisiebeampte is, moet sy/haar rang in drukskrif in paragraaf F 15 aangeteken word. 

Persal-nommer van polisiebeampte (indien van toepassing) 

As die tolk n polisiebeampte is, moet sy haar SAPD Persal-nommer in paragraaf F 16 aangeteken word. 

AFDELING G: IN GEVAL VAN N

GENOMINEERDE/GEMAGTIGDE	PERSOON

Naam en van van genomineerde/gemagtidge persoon 

Die naam en van van die genomineerde/gemagtidgde persoon moet in paragraaf G 1 aangeteken word. 

Identiteits-/Paspoortnommer van genomineerde/gemagtidge persoon 

Die identiteits-/paspoortnommer van die genomineerde/ gemagtigde persoon moet in paragraaf G 2 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die genomineerde/gemagtigde persoon die aansoek om hernuwing teken, moet in paragraaf G 3 aangeteken word. 

Handtekening van genomineerde/gemagtigde persoon 

Die genomineerde/gemagtigde persoon moet sy/haar handtekening in paragraaf G 4 aanbring. 

Plek 

Die dorp/stad waar die genomineerde/gemagtigde persoon die aansoek om hernuwing teken, moet in paragraaf G 5 aangeteken word. 

AFDELING H: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE

AANGEWESE

VUURWAPENBEAMPTE/STASIEKOMMISSARIS
SAPD 518(a)

Naam van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris wat die aansoek teken, moet in paragraaf H 1 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris die aansoek teken, moet in paragraaf H 2 aangeteken word. 

Rang van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris wat die aansoek teken, moet in paragraaf H 3 aangeteken word. 



Plek 

Die dorp/stad waar die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris die aansoek teken, moet in paragraaf H 4 aangeteken word. 

Handtekening van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris 

Die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris wat die aansoek teken, moet sy/haar handtekening in paragraaf H 5 aanbring. 

Persal-nommer van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris 

Die SAPD Persal-nommer van die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris wat die aansoek teken, moet in paragraaf H 6 aangeteken word. 


IV
