SAPD 517(f)














SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS















































Aansoek om n perseel tot n vuurwapenvrysone te verklaar
SAPD 517(f)

INSTRUKSIES: AANSOEK OM n PERSEEL TOT n VUURWAPENVRYSONE TE VERKLAAR

ALGEMENE INSTRUKSIES

n Aansoek om n perseel tot n vuurwapenvrysone te verklaar moet in onuitwisbare swart ink ingevul word. 
Die aansoek moet gestempel word met die amptelike datumstempel van die polisiestsie waar die aansoek ontvang is. 

Die polisiestasie waar die aansoek ontvang word, moet Afdeling A voltooi. 
Die Sentrale Vuurwapenregister (SVWR) moet Afdeling B invul. 

Die persoon wat aansoek doen moet Afdeling C invul. 

Die Aangewese Vuurwapenbeampte moet Afdeling D invul. 

Die Stasiekommissaris moet Afdeling E invul. 

Die Provinsiale Kommissaris moet Afdeling F invul. 
Die Nasionale Kommissaris moet Afdeling G invul. . 
Die Sekretariaat vir Veiligheid en Sekuriteit moet Afdeling H invul. 
Die Minister vir Veiligheid en Sekuriteit moet Afdeling I invul. 
n Persoon is skuldig aan n oortreding ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000) indien hy/sy enige inligting wat hy/sy weet vals is op hierdie aansoekvorm verstrek. 

AFDELING A: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIESTASIE WAAR DIE AANSOEK ONTVANG IS

Provinsie 

Die naam van die provinsie waar die polisiestasie gele is (byvoor-beeld, Gauteng), moet in paragraaf A 1 aangeteken word. 

Area 

Die naam van die area waar die polisiestasie gele is (byvoorbeeld, Pretoria), moet in paragraaf A 2 aangeteken word. 

Polisiestasie 

Die naam van die polisiestasie waar die aansoek ontvang is (byvoor-beeld, Brooklyn), moet in paragraaf A 3 aangeteken word. 

Komponentkode 

Die komponentkode van die polisiestasie waar die aansoek ontvang is (byvoorbeeld, 47), moet in paragraaf A 4 aangeteken word. 

SAPD 86-verwysingsnommer 

Die jaarlikse reeksnommer van die vuurwapenaansoekregister wat aan die aansoek toegeken is (byvoorbeeld, 135/2002) moet in paragraaf A 5 aangeteken word. 

AFDELING B: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE SENTRALE

VUURWAPENBEHEERREGISTER

Tot n vuurwapenvrysone verklaar 

Die perseel wat tot n vuurwapenvrysone verklaar is, moet in paragraaf B 1 aangeteken word. 

Verwysingsnommer van SAPD, Hoofkantoor 

Die verwysingsnommer van SAPD, Hoofkantoor moet in paragraaf B 2 aangeteken word. 

Datum ontvang 

Die datum waarop die aansoek ontvang word, moet in paragraaf B 3 aangeteken word. 

Datum waarop perseel tot n vuurwapenvrysone verklaar is 

Die datum waarop die perseel tot n vuurwapenvrysone verklaar is moet in paragraaf B 4 aangeteken word. 



Verwysingsnommer van Staatskoerant 

Die verwysingsnommer van die Staatskoerant moet in paragraaf B 5 aangeteken word. 

Uitstaande/Bykomende inligting wat benodig word 

Uitstaande/Bykomende inligting wat benodig word moet in paragraaf B 6 aangeteken word. 

AFDELING C: AANSOEK OM n PERSEEL TOT n

VUURWAPENVRYSONE TE VERKLAAR (Artikel 140 van die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet

No

60 van 2000))

Naam van instelling 

Die naam van die instelling moet in paragraaf C 1 aangeteken word. 

Naam van persoon wat namens instelling aansoek doen 

Die naam van die persoon wat namens die instelling aansoek doen moet in paragraaf C 2 aangeteken word. 

SA-Identiteit/Paspoort 

Die soort identiteitsdokument moet met n X in paragraaf C 3 aangedui word. 

Identiteitsnommer 

Die identiteitsnommer van die persoon wat aansoek doen moet in paragraaf C 4 aangeteken word. 

Paspoortnommer 

Die paspoortnommer van die persoon wat aansoek doen moet in paragraaf C 5 aangeteken word. 

Hoedanigheid van persoon wat aansoek doen 

Die hoedanigheid van die persoon wat aansoek doen (byvoorbeeld, eienaar van besigheid), moet in paragraaf C 6 aangedui word. 

Name en vanne van persone van veiligheidspan 

Die name en vanne van die persone deel is van die veiligheidspan moet in paragraaf C 7 aangeteken word. 

Fisiese adres van instelling 

Die fisiese adres waar die aansoeker woon moet in paragraaf C 8 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die aansoeker se fisiese adres moet in paragraaf C 9 aangeteken word. 

Posadres 

Die aansoeker se posadres moet in paragraaf C 10 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die aansoeker se posadres moet in paragraaf C 11 aangeteken word. 

Die toepaslike antwoord moet met n X in paragraaf C 12 aangedui word. Voorsien asseblief die volgende inligting indien u ja antwoord: 

I


Indien ja, gee n beskrywing van die bewaringsfasiliteite 

n Beskrywing van die bewaringsfasiliteite moet in paragraaf C 

voorsien word. 



Motivering vir aansoek 

n Motivering vir die aansoek moet in paragraaf C 14 voorsien word. 

Kontakbesonderhede van persoon wat aansoek doen 15.1 Noodtelefoonnommer 

Die noodtelefoonnommer, insluitende die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), van die aansoeker, moet in paragraaf C 15.1 aangeteken word.

15.2  Faks

Die aansoeker se faksnommer, insluitende die areakode, moet in paragraaf C 15.2 aangeteken word.

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die aansoeker moet in paragraaf C 16 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing), moet in paragraaf C 17 aangeteken word. 

Voorwaardes 

Die perseel wat tot n vuurwapenvrysone verklaar word, moet duidelik gedentifiseer en afgebaken word. 

Kennisgewingborde moet in Engels en, indien van toepassing, in die plaaslike taal wat die meeste gebruik word, by alle hoofingange van die perseel aangebring/opgerig en in stand gehou word. 

n Kaart van die perseel waarop die afgebakende sone en kennisgewingborde aangedui word, moet by di aansoek aangeheg word. 

Die instelling waarvan n perseel tot n vuurwapenvrysone verklaar word, moet onderneem om die vuurwapenvrystatus van die perseel op alle verbandhoudende korrespondensie aan te dui. 

Die persoon wat namens die instelling aansoek doen, moet die Aangewese Vuurwapenbeampte wat verantwoordelik is vir die sone, in kennis stel van enige veranderings ten opsigte van inligting wat in hierdie aansoek verskaf word. 

Naam van aansoeker in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die aansoeker wat aansoek doen om die Vuurwapenvrysone, moet in paragraaf C 19 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die aansoeker aansoek doen om die Vuurwapenvrysone, moet in paragraaf C 20 aangeteken word. 

Handtekening van aansoeker 

Die handtekening van die aansoeker moet in paragraaf C 21 aangebring word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die aansoeker aansoek doen om die 
SAPD 517(f)

Vuurwapenvrysone, moet in paragraaf C 22 aangeteken word.

AFDELING D: INSPEKSIE EN AANBEVELING DEUR AANGEWESE VUURWAPENBEAMPTE

Die inspeksie van die perseel met betrekking tot hierdie aansoek moet in paragraaf D 1 aangeteken word. 

Die aanbeveling met betrekking tot hierdie aansoek moet in paragraaf D 2 aangeteken word. 

Naam van Aangewese Vuurwapenbeampte in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf D 3 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die Aangewese Vuurwapenbeampte die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf D 4 aangeteken word. 

Rang van Aangewese Vuurwapenbeampte in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf D 5 aangeteken word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die Aangewese Vuurwapenbeampte die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf D 6 aangeteken word. 

Handtekening van Aangewese Vuurwapenbeampte 

Die handtekening van die Aangewese Vuurwapenbeampte wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf D 7 aangeteken word. 

Persalnommer van die polisiebeampte 

Die SAPD Persal-nommer van die Aangewese Vuurwapen-beampte wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf D 8 aangeteken word. 

AFDELING E: AANBEVELING DEUR STASIEKOMMISSARIS

Die aanbeveling met betrekking tot hierdie aansoek moet in paragraaf E 1 aangeteken word. 

Naam van Stasiekommissiris in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf E 2 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die Stasiekommissaris die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf E 3 aangeteken word. 

Rang van Stasiekommissaris in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf E 4 aangeteken word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die Stasiekommissaris die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf E 5 aangeteken word. . 

Handtekening van Stasiekommissaris 

Die handtekening van die Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf E 6 aangebring word. 

Persal-nommer van die polisiebeampte 

II


Die SAPD Persal-nommer van die Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf E 7 aangeteken word.

AFDELING F: AANBEVELING DEUR PROVINSIALE KOMMISSARIS

Die aanbeveling met betrekking tot hierdie aansoek moet in paragraaf F 1 aangeteken word. 

Naam van Provinsiale Kommissaris in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die Provinsiale Kommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf F 2 aangeteken word. 


Datum 

Die datum waarop die Provinsiale Kommissaris die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf F 3 aangeteken word. 

Handtekening van Provinsiale Kommissaris 

Die handtekening van die Provinsiale Kommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf F 4 aangebring word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die Provinsiale Kommissaris die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf F 5 aangeteken word. 

AFDELING G: AANBEVELING DEUR NASIONALE KOMMISSARIS

Die aanbeveling met betrekking tot hierdie aansoek moet in paragraaf G 1 aangeteken word. 

Naam van Nasionale Kommissaris in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die Nasionale Kommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf G 2 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die Nasionale Kommissaris die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf G 3 aangeteken word. 

Handtekening van Nasionale Kommissaris 

Die handtekening van die Nasionale Kommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf G 4 aangebring word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die Nasionale Kommissaris die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf G 5 aangeteken word. 

AFDELING H: AANBEVELING DEUR SEKRETARIAAT VIR

VEILIGHEID EN SEKURITEIT

Die aanbeveling met betrekking tot hierdie aansoek moet in paragraaf H 1 aangeteken word. 

Naam van Sekretaris vir Veiligheid en Sekuriteit in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die Sekretaris vir Veiligheid en Sekuriteit wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 2 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die Sekretaris vir Veiligheid en Sekuriteit die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 3 aangeteken word. 
SAPD 517(f)

Handtekening van Sekretaris vir Veiligheid en Sekuriteit 

Die handtekening van die Sekretaris vir Veiligheid en Sekuriteit wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 4 aangebring word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die Sekretaris vir Veiligheid en Sekuriteit die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 5 aangeteken word. 

AFDELING I: GOEDKEURING/WEIERING DEUR MINISTER VIR VEILIGHEID EN SEKURITEIT

Die besluit met betrekking tot hierdie aansoek moet in paragraaf I 1 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die Minister vir Veiligheid en Sekuriteit die aansoek goedgekeur/geweier het, moet in paragraaf I 2 aangeteken word. 

Handtekening van Minister vir Veiligheid en Sekuriteit 

Die handtekening van die Minister vir Veiligheid en Sekuriteit moet in paragraaf I 3 aangebring word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die Minister vir Veiligheid en Sekuriteit die aansoek goedgekeur/geweier het, moet in paragraaf I 4 aangeteken word. 

Hierdie dokument moet in drievoud uitgereik word. Een afskrif moet aan die aansoeker oorhandig word, een moet by die stasie bly vir rekordhouding en een moet aan Hoofkantoor gestuur word vir die verdere verwerking van die verklaring van n perseel tot n vuurwapenvrysone.

III
