SAPD 517(c)














SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

















































Aansoek om lisensie uitgereik aan besondere kategorie persone -
handelaars, vervaardigers, wapensmede
SAPD 517(c)

INSTRUKSIES:  AANSOEK OM LISENSIE UITGEREIK AAN BESONDERE KATEGORIE PERSONE -

HANDELAARS, VERVAARDIGERS, WAPENSMEDE

ALGEMENE INSTRUKSIES

n Aansoek om lisensie uitgereik aan besondere kategorie persone - handelaars, vervaardigers en wapensmede moet in onuitwisbare swart ink ingevul word. 

Die aansoek moet gestempel word met die amptelike datumstempel van die polisiestasie waar die aansoek ontvang is. 

Die polisiestasie waar die aansoek op rekenaar vasgel word, moet Afdeling A invul. 
Die polisiestasie waar die aansoek ontvang word, moet Afdeling B invul. 
Die Sentrale Vuurwapenregister (SVWR) moet Afdeling C invul. 
Die handelaar/vervaardiger/wapensmid moet Afdeling D invul. 
Die aansoeker moet Afdelings E en F invul. 
Indien n tolk gebruik is, moet hy/sy Afdeling G invul. 
Die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris moet Afdeling H invul. 
n Persoon is skuldig aan n oortreding ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000) indien hy/sy enige inligting wat hy/sy weet vals is op hierdie aansoekvorm verstrek. 

AFDELING A: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIESTASIE WAAR DIE AANSOEK OP REKENAAR VASGEL WORD

Aansoekverwysingsnommer 

Die verwysingsnommer wat die stelsel vir die aansoek genereer nadat dit vasgel is (byvoorbeeld, C12945) , moet in paragraaf A 1 aangeteken word. 

AFDELING B: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIE-STASIE WAAR DIE AANSOEK ONTVANG IS

Provinsie 

Die naam van die provinsie waar die polisiestasie gele is (byvoor-beeld, Gauteng), moet in paragraaf B 1 aangeteken word. 

Area 

Die naam van die area waar die polisiestasie gele is (byvoorbeeld, Pretoria), moet in paragraaf B 2 aangeteken word. 

Polisiestasie 

Die naam van die polisiestasie waar die aansoek ontvang is (byvoor-beeld, Brooklyn), moet in paragraaf B 3 aangeteken word. 

Komponentkode 

Die komponentkode van die polisiestasie waar die aansoek ontvang is (byvoorbeeld, 47), moet in paragraaf B 4 aangeteken word. 

Verwysingsnommer van vuurwapenaansoekregister 

Die jaarlikse reeksnommer van die vuurwapenaansoekregister wat aan die aansoek toegeken word (byvoorbeeld, 135/2002), moet in paragraaf B 5 aangeteken word. 

AFDELING C: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE SENTRALE VUURWAPENREGISTER (SVWR)

1.    Uitstaande/Bykomende inligting verlang


paragraaf C 2 aangeteken word.





Datum 

Die datum waarop die uitstaande of bykomende inligting deur die polisiebeampte by die SVWR aangevra is, moet in paragraaf C 3 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Die handtekening van die polisiebeampte by die SVWR wat die uitstaande of bykomende inligting aangevra het, moet in paragraaf C 4 aangeteken word. 

Naam in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte by die SVWR wat die uitstaande of bykomende inligting aangevra het, moet in paragraaf C 5 aangeteken word. 

Aansoek om lisensie goedgekeur (Merk met n X) 

Indien die aansoek om lisensie goedgekeur word, moet die beampte by die SVWR wat die aansoek goedgekeur het paragraaf C 6 met n X merk. 

Persal-nommer 

Die SAPD Persal-nommer van die beampte by die SVWR wat die aansoek goedgekeur het, moet in paragraaf C 7 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die aansoek deur die beampte by die SVWR goedgekeur is, moet in paragraaf C 8 aangeteken word. 

Handtekening van beslissende beampte 

Die handtekening van die beampte by die SVWR wat die aansoek goedgekeur het, moet in paragraaf C 9 aangebring word. 

Beamptekode 

Die beamptekode is n kode wat toegeken word aan elke beampte by die SVWR wat aansoeke om lisensie oorweeg. Die kode van die beampte by die SVWR wat die aansoek goedgekeur het, moet in paragraaf C 10 aangeteken word. 

Naam in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die beampte by die SVWR wat die aansoek goedgekeur het, moet in paragraaf C 11 aangeteken word. 

Aansoek om lisensie geweier (Merk met n X) 

Indien die aansoek om n lisensie geweier is, moet die beampte by die SVWR wat die aansoek geweier het, paragraaf C 12 met n X merk. 

Rede(s) vir weiering 

Indien die polisiebeampte by die SVWR uitstaande of bykomende inligting van die stasie of aansoeker verlang, moet die verlangde inligting in paragraaf C 1 aangeteken word.

Wanneer n aansoek geweier is, moet die beampte by die SVWR die rede(s) vir weiering in paragraaf C 13 aanteken.

2.    Persal-nommer	14.    Persal-nommer

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte by die SVWR wat die uitstaande of bykomende inligting aangevra het, moet in

Die SAPD Persal-nommer van die beampte by die SVWR wat die aansoek geweier het, moet in paragraaf C 14 aangeteken

I
SAPD 517(c)

word.

15.    Datum

Die datum waarop die aansoek deur die beampte by die SVWR geweier is, moet in paragraaf C 15 aangeteken word.

Handtekening van beslissende beampte 

Die handtekening van die beampte by die SVWR wat die aansoek geweier het, moet in paragraaf C 16 aangebring word. 

Beamptekode 

Die beamptekode is n kode wat toegeken word aan elke beampte by die SVWR wat aansoeke om lisensies oorweeg. Die kode van die beampte by die SVWR wat die aansoek geweier het, moet in paragraaf C 17 aangeteken word. 

Naam in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die beampte by die SVWR wat die aansoek geweier het, moet in paragraaf C 18 aangeteken word. 

AFDELING D: BESONDERHEDE VAN DIE HANDELAAR/ VERVAARDIGER/WAPENSMID

BESONDERHEDE VAN BEVOEGDHEIDSERTIFIKAAT 

Soort bevoegdheidsertifikaat 

Die toepaslike soort bevoegdheidsertifikaat moet in paragraaf D 

aangeteken word. 

Nommer van bevoegdheidsertifikaat 

Die nommer van die bevoegdheidsertifikaat moet in paragraaf D 

aangeteken word. 

Datum uitgereik 

Die datum waarop die bestaande bevoegdheidsertifikaat uitgereik is moet in paragraaf D 4 aangeteken word. 

Vervaldatum 

Die datum waarop die bestaande bevoegdheidsertifikaat verval, moet in paragraaf D 5 aangeteken word. 

SPESIFISEER DIE SOORT LISENSIE WAARVOOR AANSOEK GEDOEN WORD 
(Merk met n X) 

Die toepaslike soort lisensie moet met n X in paragraaf D 6 aangedui word, byvoorbeeld: 

Om in vuurwapens en ammunisie
X
handel te dryf


AFDELING E: BESONDERHEDE VAN AANSOEKER

BESONDERHEDE VAN NATUURLIKE PERSOON 

Van 

Die aansoeker se van moet in paragraaf E 2 aangeteken word. 

Voorletters 

Die aansoeker se voorletters moet in paragraaf E 3 aangeteken word. 

Volle name 

Die aansoeker se volle name moet in paragraaf E 4 aangeteken word. 

Identiteitsnommer van natuurlike persoon 

Die identiteitsnommer van die natuurlike persoon moet in 

II



paragraaf E 5 aangeteken word.

Paspoortnommer van natuurlike persoon 

Die paspoortnommer van die natuurlike persoon moet in paragraaf E 6 aangeteken word. 

Besigheidsadres 

Die fisiese adres waar die aansoeker woon, (byvoorbeeld, Weststr 123, Sandton) moet in paragraaf E 7 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die aansoeker se woonadres moet in paragraaf E 8 aangeteken word. 

Posadres 

Die posadres van die aansoeker moet in paragraaf E 9 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die aansoeker se posadres moet in paragraaf E 10 aangeteken word. 

Telefoonnommer 

Huis: Die aansoeker se huistelefoonnommer, insluitend die areakode (byvoorbeeld (012) 667 1923), moet in paragraaf E 

aangeteken word. 

Werk: Die aansoeker se werktelefoonnommer, insluitend die areakode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf E 

aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die aansoeker moet in paragraaf E 11.3 aangeteken word. 

Faks 

Die aansoeker se faksnommer, insluitend die areakode, moet in paragraaf E 12 aangeteken word. 

E-pos adres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die aansoeker moet in paragraaf E 13 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN REGSPERSOON 

Geregistreerde naam van maatskappy 

Die geregistreerde naam van die aansoeker se maatskappy moet in paragraaf E 15 aangeteken word. 

Handelend as 

Die naam waaronder die aansoeker handel dryf, moet in paragraaf E 16 aangeteken word. 

Naam waaronder besigheid bedryf sal word 

Die naam waaronder besigheid bedryf sal word moet in paragraaf E 17 aangeteken word. 

VWR-nommer 

Die registrasienommer van die aansoeker moet in paragraaf E 18 aangeteken word. 



Maatskappyregistrasie- of BK-nommer 

Die maatskappyregistrasie- of BK-nommer moet in paragraaf E 

aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN VERANTWOORDELIKE PERSOON 

Verantwoordelike persoon (Naam en van) 

Die verantwoordelike persoon se naam en van moet in paragraaf E 21 aangeteken word. 

Soort identifikasie (Merk met n X) 

SA-Identiteit-/Paspoortnommer 

Die verantwoordelike persoon se soort identifikasie moet in paragraaf E 22 met n X aangedui word. 

Identiteitsnommer van verantwoordelike persoon 

Die verantwoordelike persoon se identiteitsnommer moet in paragraaf E 23 aangeteken word. 

Paspoortnommer van verantwoordelike persoon 

Die verantwoordelike persoon se paspoortnommer moet in paragraaf E 24 aangeteken word. 

Selfoonnommer 

Die verantwoordelike persoon se selfoonnommer (indien van toepassing) moet in paragraaf E 25 aangeteken word. 

Fisiese adres 

Die fisiese adres waar die verantwoordelike persoon woon, moet in paragraaf E 26 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se fisiese adres moet in paragraaf E 27 aangeteken word. 

Posadres 

Die verantwoordelike persoon se posadres moet in paragraaf E 

aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die verantwoordelike persoon se posadres moet in paragraaf E 29 aangeteken word. 

PROEFHANDTEKENINGE VAN VERANTWOORDELIKE PERSOON 

Handtekening van verantwoordelike persoon 

Die eerste proefhandtekening van die verantwoordelike persoon moet in paragraaf E 31 aangebring word. 

Handtekening van verantwoordelike persoon 

Die tweede proefhandtekening van die verantwoordelike persoon moet in paragraaf E 32 aangebring word. 

BESONDERHEDE VAN PERSEEL 

Die fisiese adres van die voorgestelde perseel waarop besigheid bedryf sal word, moet in paragraaf E 34 aangeteken word. Die adres en kode moet voorsien word. 

n Klassifikasie van die voorgestelde perseel moet in paragraaf E 

aangedui word. 

n Beskrywing van die perseel, met verwysing na die ligging en omliggende geboue, moet in paragraaf E 36 voorsien word. 

n Beskrywing van die alarmstelsel moet in paragraaf E 37 

III
SAPD 517(c)

voorsien word.

n Beskrywing van die ligging en besonderhede van die kluis of brandkamer waarin voorrade van vuurwapen(s) en ammunisie gehou sal word, moet in paragraaf E 38 voorsien word. 

n Beskrywing van die diefwering moet in paragraaf E 39 voorsien word. 

n Beskrywing van ander sekuriteitskenmerke moet in paragraaf E 40 voorsien word. 

Voorsien n kort beskrywing van die werkstasie wat die register met die Sentrale Databasis koppel. Indien die aansoeker n handelaar of n wapensmid is, moet hy/sy die rede(s) waarom die Registrateur hom/haar moet vrystel van die instandhouding van n werkstasie, in paragraaf E 41 voorsien. Vervaardigers moet n gekoppelde werkstasie daarstel en onderhou. 

Die datum waarop die besigheid in aanvang sal neem moet in paragraaf E 42 aangeteken word. 

VERKLARING DEUR AANSOEKER 

Indien ek enige vals verklaring op hierdie vorm maak, is ek skuldig aan n oortreding ingevolge artikel 120 (9) (f) van die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No 60 van 2000). 

AFDELING F: HANDTEKENING VAN AANSOEKER

(Teken slegs indien van toepassing)

Foto 

n Onlangse kleurpaspoortfoto van die aansoeker moet in paragraaf F 1 geplak word, en mag nie oor die lyne van die blokkie gaan nie. 

Handtekening 

Die handtekening van die aansoeker moet in die teenwoordigheid van die polisiebeampte in paragraaf F 2 aangebring word en dit mag nie oor die lyne van die blokkie gaan nie. 

Vingerafdruk 

Die afdruk van die wysvinger van die aansoeker se regterhand moet deur die polisiebeampte in paragraaf F 3 geneem word, in die teenwoordigheid van n getuie en dit moet binne die lyne van die blokkie bly. As die aansoeker nie n regterwysvinger het nie, moet die afdruk van die linkerwysvinger geneem word. 

Aanwysing van vingerafdruk 

Die aanwysing van die vingerafdruk (byvoorbeeld, regterwysvinger) moet in paragraaf F 4 aangeteken word. 

Naam van aansoeker in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die aansoeker wat aansoek doen om die tydelike magtiging moet in paragraaf F 5 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die aansoeker aansoek doen moet die tydelike magtiging moet in paragraaf F 6 aangeteken word. 

Plek 

Die stad/dorp waar die aansoeker aansoek doen om die tydelike magtiging moet in paragraaf F 7 aangeteken word. 

BESONDERHEDE VAN DIE POLISIEBEAMPTE WAT DIE AANSOEK HANTEER 

Naam van polisiebeampte in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf F 8.1 aangeteken word. 


Persal-nommer van polisiebeampte 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf F 8.2 aangeteken word. 

Rang van polisiebeampte in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf F 8.3 aangeteken word. 

Handtekening van polisiebeampte 

Die handtekening van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf F 8.4 aangebring word. 

9.       BESONDERHEDE VAN GETUIE


Naam van getuie in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf F 9.1 aangeteken word. 

Persal-nommer van getuie 

Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf F 9.2 aangeteken word. 
Rang van getuie in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf F 9.3 aangeteken word. 

Handtekening van getuie 

Die handtekening van die polisiebeampte wat as getuie optree, moet in paragraaf F 9.4 aangebring word. 

AFDELING G: BESONDERHEDE VAN TOLK

(Hierdie afdeling moet slegs ingevul word as die aansoeker nie kan lees, skryf of hierdie vorm verstaan nie.)

Naam en van van tolk 

Die naam en van van die persoon wat die inhoud van die aansoek-vorm vir die aansoeker tolk, moet in paragraaf G 1 aangeteken word. 

Identiteits-/Paspoortnommer van tolk 

Die identiteits-/paspoortnommer van die tolk moet in paragraaf G 2 aangeteken word. 

Woonadres 

Die fisiese adres waar die tolk woon, moet in paragraaf G 3 aange-teken word. 

Poskode 

Die poskode van die tolk se woonadres moet in paragraaf G 4 aangeteken word. 

Posadres 

Die posadres van die tolk moet in paragraaf G 5 aangeteken word. 

Poskode 

Die poskode van die tolk se posadres moet in paragraaf G 6 aange-teken word. 

Telefoonnommer 

Huis: Die tolk se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld, (012) 667 1923), moet in paragraaf G 7.1 aangeteken word. 

Werk: Die tolk se werktelefoonnommer, insluitend die 
SAPD 517(c)

skakelkode (byvoorbeeld, (011) 577 5913), moet in paragraaf G 7.2 aangeteken word.

Selfoonnommer 

Die selfoonnommer (indien van toepassing) van die tolk moet in paragraaf G 8 aangeteken word. 

Faks 

Die faksnommer, insluitend die skakelkode, van die tolk moet in paragraaf G 9 aangeteken word. 

E-posadres 

Die e-posadres (indien van toepassing) van die tolk moet in paragraaf G 10 aangeteken word. 





Getolk uit (taal) 

Die taal waaruit die aansoekvorm getolk is en die taal waarin dit getolk is en wat vir die aansoeker verstaanbaar is (byvoorbeeld, Engels in Zoeloe), moet in paragraaf G 11 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die tolk die aansoeker bystaan, moet in para-graaf G 12 aangeteken word. 

Handtekening van tolk 

Die handtekening van die tolk wat die aansoeker bystaan omdat hy/sy nie kan lees of skryf of die inhoud van die vorm verstaan nie, moet in paragraaf G 13 aangebring word. 

Plek 

Die plek waar die tolk die aansoeker bystaan, moet in paragraaf G 14 aangeteken word. 

Rang van polisiebeampte in drukskrif (indien van toepassing) 

As die tolk n polisiebeampte is, moet sy/haar rang (in drukskrif) in paragraaf G 15 aangeteken word. 

Persal-nommer van polisiebeampte (indien van toepassing) 

As die tolk n polisiebeampte is, moet sy/haar SAPD Persal-nommer in paragraaf G 16 aangeteken word. 

AFDELING H: VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE AANGEWESE

VUURWAPENBEAMPTE/STASIEKOMMISSARIS

Aanbeveling met betrekking tot die aansoek 

Die toepaslike aanbeveling met betrekking tot die aansoek moet in paragraaf H 2 met n X gemerk word, byvoorbeeld: 

Aanbeveel
X
Nie aanbeveel nie

Verslag van inspeksie van perseel 

n Verslag van n inspeksie van die toepaslike perseel moet in paragraaf H 2 voorsien word. 

Bykomende voorwaardes aanbeveel 

Bykomende voorwaardes met betrekking tot die aansoek moet

in

paragraaf H 3 aangeteken word.

Aanbeveling ten opsigte van die aansoek 

Die aanbevelings met betrekking tot die aansoek moet in 

IV
SAPD 517(c)

paragraaf H 4 aangeteken word.

Naam van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris in drukskrif 

Die voorletters en van (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het, moet in paragraaf H 5 aangeteken word. 

Datum 

Die datum waarop die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris die aanbeveling gemaak het moet in paragraaf H 6 aangeteken word. 

Rang van Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris in drukskrif 

Die rang (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het moet in paragraaf H 7 aangeteken word. 



Plek 

Die stad/dorp waar die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris die aanbeveling gemaak het moet in paragraaf 

H 8 aangedui word. 

Handtekening van Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris 

Die handtekening van die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het moet in paragraaf H 9 aangebring word. 

Persal-nommer van die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris 

Die SAPD Persal-nommer van die Aangewese Vuurwapen-beampte/ Stasiekommissaris wat die aanbeveling gemaak het moet in paragraaf H 10 aangeteken word. 


































V
