Provinsiale Staatsrede deur Agbare Premier E.S. Magashule tydens die die amptelike opening van die Vrystaatse Wetgewer



 26 Februaie 2010 - Vista Universiteit Arena, Bloemfontein



Agbare Speaker en Adjunk-speaker van die Vrystaatse Wetgewer

Agbare Lede van die Uitvoerende Raad

Agbare Lede van die Wetgewer

Agbare Lede van die Nasionale vergadering en die NRP 

Lede van die Diplomatieke Korps

Provinsiale Sekretaris van die ANC, Kameraad Besani

Uitvoerende Burgemeesters, Burgemeesters en Raadslede

Agbare Lede van die Huis van Tradisionele Leiers

Direkteur-generaal en regeringsamptenare

Provinsiale Kommissarisse van die SAPD en Korrektiewe Dienste

Direkteur-generaal en regeringsamptenare

Verteenwoordigers  van georganiseerde arbeid

Veterane en en getroue ondersteuners van ons stryd

Baahi ba Free State

Baahi ba Afrika Borwa

Kamerade en vriende



Ek groet u almal op hierdie geleentheid, ons tweede Provinsiale Staatsrede in die huidige termyn van hierdie Wetgewer. Agbare Speaker, ek dra hierdie toespraak op aan die bekende beroepsbokser uit Kwazulu-Natal, wyle Mlungisi Dlamini. Sy ouers is vandag hier as gaste van die Premier. Ons wil graag aan u sê dat ons ‘n groot bokser aan die dood afgestaan het,’n man wat passievol was oor sy boks, ‘n man wat solank hy geleef het, hierdie sport beoefen het.



Ek wil ook erkenning gee aan die regsverteenwoordigers wat ons bygestaan het tydens die stryd teen apartheid en op wie se onwrikbare ondersteuning ons kon steun gedurende moeilike en en uitdagende tye. Ek wil graag erkenning gee aan die teenwoordigheid in ons midde van Bertus Venter, Zola Majavu, Jerome Mthembu, Mosheen Moosa en Regter Margie Victor.  



2010 BELANGRIKE GEBEURE 



Agbare Speaker, die jaar 2010 is die jaar waarin ons twee belangrike gebeure wil herdenk – gebeure wat sal aanhou om die geskiedenis van ons land en sy mense te definieer.  Vanjaar vier ons die vrylating uit die gevangenis van daardie ikoon van ons mense, Isithwalande Seaparankwe Rolihlahla Nelson Mandela. Ons die mense van die Vrystaat, will graag by die res van die land aansluit in die eerbetoon aan Madiba as ‘n ware legende, patriot en leier van die mense van Suid-Afrika en die wêreld. 



Vandag, met die viering van 20 jaar van vryheid van ons ikoon Madiba, laat my toe om kortliks terug te gaan op ons voetspore na die jaar 1988 en die voormalige President van die ANC,Oliver Tambo, aan te haal: “Een persoon vergestalt vandag die aspirasies van alle Suid-Afrikaners – Nelson Mandela.  



“Sy lewe simboliseer ons mense se brandende begeerte vir vryheid; sy gevangeneskap is die gevangeneskap van die hele Suid-Afrikaanse nasie; die stryd vir sy onvoorwaardelike vrylating, asook dié van alle politieke gevangenes en aangehoudenes, is die glorieryke stryd teen onregverdigheid, rasse-onverdraagsaamheid, en die onmenslikheid van mense teenoor ander mense.” 



Ons sal voortgaan met die sing van ‘n lied wat sê “Nelson Mandela, ha hona ya tshwanang lewena”. Vader Madiba, u behoort tot daardie ekslusiewe klub van groot leiers en staatmakers, soos u groot vriend en mentoor, wyle Kameraad Walter Sisulu, u boesemvriend en medevegter, wyle Kameraad Oliver Reginald Tambo, en ons groot leier en bevelvoerder van ons glorieryke volksleër, Kameraad Chris Hani. 



Die internasionale gemeenskap het sy agting en erkenning bevestig van Madiba se lank bestaande verbintenis tot die bevordering van konflikbeslegting, rasseverhoudinge, menseregte, versoening en geslagsgelykheid. Verlede jaar het die 192-lede van die Verenigde Volkere se Algemene Vergadering 18 Julie as “Nelson Mandela Internasionale Dag” verklaar.  Dit is die eerste keer dat die VN een dag verklaar het ter ere van ‘n enkele individu. Mandela Dag dien as ‘n katalisator  vir elke persoon om te besef dat hy of sy die vermoë het om die wêreld te verander deur sy of haar optrede. 



Vanjaar sal ons voortgaan om die inisiatief te neem wat ons verlede jaar onderneem het en sal ons by die internasionale gemeenskap aansluit om “Nelson Mandela Internasionale Dag” op 18 Julie, Madiba se verjaardag, te vier.   Ons nooi elke individu, organisasie, die privaat- en openbare sektore uit om hul kragte saam te snoer en die les te leer wat Madiba ons geleer het: “dit is in ons hande om die wêreld ‘n beter plek te maak”.  



Die vrylating van Nelson Mandela was nie ‘n geïsoleerde oomblik in die geskiedenis nie.  Dit was inderdaad die uitslag van die stryd wat gevoer is deur die African National Congress teen apartheid deur massa-optrede en massa-uitdaging, gewapende stryd, internasionale isolasie en diplomatieke betrokkenheid. Dit is presies waarom ons moet hulde bring aan die strydende massas van hierdie land.

Die jaar 2010 herdenk ook die die ontbanning van die ANC, die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party en ander organisasies. Agbare Speaker, in 2012 gaan die ANC sy honderjarige bestaan vier. 



Dit gaan 100 jaar vier van sy ononderbroke stryd om ons mense te bevry van die juk van kolonialisme en rasse-onderdrukking en die bou van ‘n demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese en voorspoedige samelewing.  Die ANC gaan terugkeer na die plek van sy geboorte, Mangaung, om sy honderdjarige bestaan te vier en Batho, in besonder, sal die gasheer wees vir gebeure wat bekend gemaak sal word om hierdie historiese gebeurtenis te vier. 



Die jaar 2010 sal ook in ons geskiedenis ingeprent word as die jaar wat Suid-Afrika en Afrika die wêreld se grootste sportgebeurtenis sal aanbied, naamlik die 2010 Fifa Wêreldbeker Sokkertoernooi. Ons is trots en voel geëerd omdeur hierdie gebeurtenis by te dra tot die moderne en hedendaagse geskiedenis. 











VOORKEURE



Agbare Speaker en Adjumk-speaker, die programme van die nasionale en provinsiale regering word aangedryf deur die prioriteite wat ons uitgestippel in die Verkiesingsmanifes, die Mediumtermyn Strategiese Raamwerk en die ANC se verklaring van 8 Januarie. Die Presidensie het die leiding geneem met die bekendstelling van die nuwe uitkomsgebaseerde benadering tot regering. 



In die Nasionale Staatsrede het President Zuma die volgende vyf voorkeurareas bevestig:



Onderwys

Gesondheid

Die skepping van ordentlike werk en ‘n volhoubare lewensbestaan.

Landelike ontwikkeling, voedselsekuriteit en grondhervorming

Die stryd teen misdaad en krrupsie.



Hierbenewens het President Zuma bevestig dat die regering ook sal werk maak om die effektiwiteit van plaaslike regering, infrastruktuurontwikkeling en en menslike nedersettings te verbeter. 



Ons sal die individuele pogings van alle provinsiale departemente en openbare entiteite aanwend om in samewerking met mekaar die beoogde resultate te verwesenlik.  Ons pogings sal verder versterk word deur ons planne en programme in ooreenstemming te bring met dié van plaaslike en distrikmunisipaliteite. 



Diensleweringsforums sal binnekort in elk van die voorkeur resultaatareas byeengeroep word  en elk van hierdie forums sal ‘n Diensleweringsooreenkoms onderhandel. Die provinsie gaan nie net op nasionale vlak aan hierdie Diensleweringsforums deelneem nie, maar provinsiale departemente gaan ook aan die forums deelneem op provinsiale vlak en word van hulle verwag om ‘n provinsiale diensleweringsooreenkoms met die Premier aan te gaan. 

Dit blyk dus duidelik dat ons verbind is om te reageer op die President se eis dat 2010 ‘n jaar van aksie moet wees”. 



Operasie Hlasela



Mnr die Speaker, die ontslape eerste President van Angola en digter, Agostino Neto, het by geleentheid gesê, “Die belangrikste ding is om die probleme van mense op te los.  

Ons regering sê “Die belangrikste ding is om die probleme van mense op te los”.

Ons belangrikste taak is om mense se probleme op te los. Niks meer en niks minder nie. 



Toe ons verlede jaar die bewind aanvaar het, het ons Operasie Hlasela bekend gestel ter najaging van ons pogings om die probleme van ons mense op te los.  Ons het so gedoen juis omdat ons begryp dat om die probleme van ons mense op te los, ons armoede, dakloosheid, misdaad en al die ander maatskaplike euwels die stryd aansê. 



In eenvoudige terme gestel beteken Operasie Hlasela ‘n strategie, gegrond op die ANC se verkiesingsmanifes, wat fokus op massa-mobilisasie, ingryping, samewerking en vennootskappe om gestalte te gee aan die begrip ”saam kan ons meer doen”.  

Dit is ‘n geïntegreerde diensleweringsmodel wat daarop gemik is om te sorg dat die onderskeie vlakke en departemente van regering saam kan werk in die beplanning en implementering van projekte en programme.  



Saam kan ons meer doen 



Operasie Hlasela gaan daaroor dat ons mense nuwe hoop gee. Dit gaan daaroor om ons mense se probleme op te los.  Om praktiese uitdrukking te gee aan hierdie begrip van oplossing van mense se probleme, wil ons ‘n getuigskrif voordra van Mme Khantso Elizabeth Maimane van die Boiteko Openbare Skool. Ek lees graag haar briedf aan hierdie agbare Huis. Sy het gesê:





“Dit is ‘n groot eer om hierdie brief te skryf. Ek is Khantso Elizabeth Maimane; ek was werksaam as Graad R onderwyser by Ons Anker Intermediêre Skool.   Gedurende Operasie Hlasela het die Premier besoek by ons skool afgelê. Ek het my hand opgesteek en gevra dat die Premier my ‘n permanente pos moet aanbied. U het aan my gesê u is alreeds permanent want u het opgeoffer deur op ‘n plaasskool te werk.



Ek dank u uit die diepste van my hart; u belofte is gestand gedoen. Ek is nou in ‘n permanente pos. Ek is baie dankbaar daarvoor, en beskou myself as baie gelukkig vandag. Vreeslik dankie. Ek is sprakeloos”.



Dit is nog ‘n voorbeeld wat wys hoe ernstig ons is om ons mense se probleme op te los. 



Agbare Speaker, die hoogaangeskrewe lid van die Orde van Ikhamanga, die Heer Wally Serote, skryf in die voorwoord tot sy epiese gedig die volgende:



“in helder daglig

moet ons self-ondersoek doen

al is daar onder ons diegene

wat soos mal honde aan’t blaf sal gaan”



Ons het dalk ‘n beter begrip van die eise wat die nuwe prestasie-gerigte resultaat benadering aan ons sal stel vanweë ons implementering van verskeie Operasie Hlasela opdragte wat ons sedert ons bewindsaanvaarding moes uitvoer.  Die afgelope 7 maande het uitsonderlike prestasies sowel as sekere swakhede in die implementering van Operasie Hlasela na vore gebring. 



Ons is egter oortuig daarvan dat wat Operasie Hlasela betref, ons op die regte pad is. In lyn met die nuwe resultaat-gerigte benadering, laat my toe om kortliks terug te rapporteer oor ons vordering met die implementering van Operasie Hlasela, terwyl ek terselfdetyd ook in hooftrekke uitstippel wat ons belangrikste regeringsprogramme behels. 







ONDERWYS



Onderwys en vaardigheidsontwikkeling vorm diie hoekstene van die voorkeur resultaatgebiede van ons regering. Ons onwrikbare standpunt oor onderwys word gesteun deur die Vryheidsmanifes: “Education shall be free, compulsory, universal and equal for all children”. 



Agbare Speaker, gedurende ons eerste paar maande aan bewind het ons 1069 tydelike onderwysers permanent aangestel.  Ons het ook ‘n vergadering van 1400 skoolhoofde byeengeroep om uitdagings en moontlike oplossings te bespreek. In reaksie op sommige van hierdie uitdagings het ons reeds weggedoen met die dubbelskofskole  deur die oprigting van 15 addisionele skole op verskeie plekke in die Provinsie. Twaalf van hierdie skole is funksioneel; hulle word reeds vir onderrig gebruik.  



Verlede jaar is ek bevoorreg om die opening van die Mehopung Laerskool by te woon saam met die Agbare LUR Makgoe. Hierdie skool akkommodeer nou meer as 1 000 leerders wat voorheen dubbelskofklasse by die aangrensende Masaleng Laerskool moes bywoon. In lyn met die beginsels van Operasie Hlasela het 500 mense uit die gemeenskap baat gevind by die skepping van tydelike werksgeleenthede gedurende die oprigting van die skool.



Hierdie jaar -die jaar van aksie – gaan ons nog drie skole opknap en opgradeer en meer klaskamers voorsien in die onderskeie stedelike en landelike gebiede. Ons gaan ook ‘n nuwe loodsprogram bekendstel waar gesondheidspraktisyns soos verpleegsters en maatskaplike werkers in die provinsie ontplooi sal word. 



Laat my toe om weer eens my persoonlike gelukwensinge oor te dra aan die hoofde van 38 skole wat ‘n 100% slaagsyfer behaal het gedurende die 2009 matriekeksamen. Daardie hoofde is hier saam met ons vandag. 



Geëerde gaste, ons betrokkenheid by die onderwyssektor is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie, maar ‘n voortgesette dialoog en program van aksie wat daarop gerig is om die voorsiening van gehalte basiese onderwys te verwesenlik. 

Agbare Speaker, laat ek weer eens herhaal wat ons as nie-onderhandelbaar beskou met betrekking tot onderwys:  Van leerders en leerkragte word verwag om skool by te woon, betyds in die klas te wees en vir sewe uur per dag onderrig te ontvang en te gee.  



Ons kinders in die Kleuterontwikkelingsentra sal voldoende voorbereiding ontvang vir skoolopleiding. In hierdie opsig gaan 200 Kleuterontwikkelingspraktisyne in die volgende boekjaar opgelei word en in poste aangestel word.



Die heringebruikneming van koshuise in plattelandse gebiede en die aanwending van ongebruikte skoolgeboue sal vanjaar verdere aandag ontvang. Ons het skoolkoshuise opgegradeer en vanaf die begin van hierdie jaar het die getal leerders wat in koshuise gehuisves word aansienlik vermeerder tot 2229. Ses bykomende koshuise gaan opgegradeer word om meer leerders te huisves. 



Verplegsters en maatskaplike werkers sal beskikbaar wees by hierdie skole en koshuise. Verder sal oorweging daaran geskenk word om huisvesting te voorsien aan leerkragte in landelike gebiede om hulle in staat te stel om al hul energie en ononderbroke aandag te wy aan die opvoeding van leerders in landelike gebiede.  Die LUR vir Onderwys sal meer hieroor uitwei in sy begrotingsrede.  



Dames en here, laat my toe om hulde te bring aan die opvoeders wat ons steeds met trots vervul deur jaar na jaar uitstekende resultate te lewer.  Die onderwysers in die Vrystaat het weer eens uitnemendheid bewys by die 2009 Nasionale Onderwystoekennings.  



Ons het 4 uit 8 toekennings ontvang, wat ‘n rekordprestasie was aangesien geen ander provinsie sedert die instelling van hierdie toekennings in die jaar 2000 soveel toekennings ontvang het nie. Hierdie leerkragte kom van die Laerskool Aurora in Welkom, die Laerskool Letotolo in Qwaqwa, die Tikwana Uitgebreide Skool in Hoopstad en die Hoërskool Meloding in Virginia. 



Dit is belangrik om daarop te let dat die Vrystaatse Provinsiale Regering vanjaar 2 300 beurse vir voltydse studie aan leerders in die Vrystaat toegeken het.  Een-en-tagtig bykomende leerders is ook ingeskryf vir kursusse in Maatskaplike Werk met behulp van die nasionale studiebeurs vir Maatskaplike Werkers. Beide swart en wit studente uit die provinsie het baat gevind by ons beursskema.   



Ek wil ook graag aankondig dat die Vrystaatse Provinsiale Regering drie studente sal borg wat die beste presteer op die gebied van Kommunikasie by die Vrystaatse Universiteit om deel te neem aan ‘n studietoer in September vanjaar na die Universiteit van Amsterdam in Nederland en die Universiteit van Mechelen in België.  



Verder gaan ons voort om ‘n hoë premie te plaas op opleiding deur ons leerder- en internskapinname te verhoog. 



GESONDHEID



Ons het onderneem om die Provinsiale Gesondheidsberaad byeen te roep om alle belanghebbendes saam te bring om die uitdagings te bespreek wat ons provinsiale gesondheidstelsel in die gesig staar en om kort- en langtermynstrategieë te ontwikkel wat daarop gemik is om hierdie probleme op te los. Die Gesondheidsberaad wat in Julie 2009 byeengeroep is het soos volg op van die kwessies besluit:



die vul van kritiese vakante poste binne ons Gesondheidsektor;

verbetering van die funksionering van die mediese depot; 

vermeerdering van verpleegposte;

heropening van verpleegkolleges;

verbetering van die bestuur van die Departement van Gesondheid;

versterking van die bestuurskapasiteit by ons hospitale, primêre gesondheidsorgsentra en klinieke.



Ons vordering met die implementering van besluite by die beraad was bevredigend. ‘n Duidelike omswaaistrategie wat ooreenstem met die regering se 10-punt plan  op gesondheid, is ontwikkel. 



Verder is ons besig om die uitkontraktering van skoonmaak en veiligheidsdienste by Bongani Hospitaal uit te faseer en is 105 werkers permanent hier aangestel. Sodra ons die huidige uitgekontrakteerde dienste by Pelonomi Hospitaal en Nasionale Hospitaal uitgefaseer het, beoog ons om meer permanente poste te skep.



Ons moet ok alle rolspelers betrek in ‘n debat oor die funksionering van die mediese depot, veral die bestuur daarvan, Agbare Speaker.

Ons sal sorg dat elke hospitaal en kliniek oor die nodige IKT-toerusting beskik, met inbegrip van fotokopieerders en faksmasjiene.



Wat betref die tekort van dokters in die Phumelela-gebied, gaan ons genoeg dokters aanstel sodat ons mense toegang kan kry tot beter gesondheidsdienste.



Twee belangrike immunisasie-veldtogte gaan gedurende die nuwe boekjaar bekend gestel word.  Die eerste van hierdie veldtogte gaan fokus op masels, polio en die voorsiening van Vitamine A. Die bekendstelling van hierdie veldtog sal in twee fases gedurende April en Mei plaasvind. Die veldtog sal by skole regdeur die Provinsie gevoer word. 



Die tweede veldtog sal oor die volgende drie maande bekend gestel word en sal fokus op H1N1-inentings van kwesbare groepe (met inbegrip van mediese tegnici in die voorste linie) en kinders onder die ouderdom van 15 jaar wat MIV-positief is. Hierdie veldtog sal alle Kleuterontwikkelingsentra, skole, plase en klein dorpies bereik.



As deel van die versterking van die bestuurskapasiteit van hospitale en die bespoediging van dienslewering, wil ek graag aankondig dat vanaf die eerste April alle HFB’s by hospitale sekere gedelegeerde magte sal kry wat hulle in staat sal stel om hul bestuur en finansiële sake te verbeter en sodoende die hospitale doeltreffend en doelmatig te laat funksioneer.  



Dames en Here, nadat kennis geneem is van die uitgebreide werk en verwante hulpbronne wat benodig sal word om die Nasionale Hospitaal op  te gradeer na ‘n moderne hoë-gehalte openbare gesondheidsorginstelling, is goedkeuring en befondsing verkry vanaf die nasionale regering vir die oprigting van ‘n nuwe hospitaal in Mangaung.  Die nuwe hospitaal sal dus die Nasionale Hospitaal vervang. 



Verder sal daar voortgegaan word met die opgradering van die Pelonomi Hospitaal en die tweede fase van bouwerk by die Trompsburg en Ladybrand hospitale. Opknappings by die Boitumelo Hospitaalsal sal ook bespoedig word. 



Ons gaan meer klinieke bou en die getal ambulanse vermeerder, veral in landelike gebiede. Die provinsiale regering is tans besig om nuwe innoverende finansieringsmodelle te oorweeg wat wat ons voorkeurvereistes wat betref mediese fasiliteite en toerusting verder sal aanpak. 



Met die bekendstelling van Operasie Hlasela op onderskeie plekke het ons doelbewus besoeke ingesluit aan sommige klinieke en hospitale in die provinsie.  Ons het ook ‘n inspeksie op die perseël van die sentrale mediese depot uitgevoer en in gesprek getree met die werknemers wat verantwoordelik is vir die bestuur van ons distrik- en provinsiale hospitale.  



Agbare Speaker, die stryd teen MIV en Vigs bly steeds ‘n prioriteit.  Ons wil elke persoon aanmoedig om ‘n aktiewe rol te speel om te verseker dat ons die verspreiding van die siekte in tooom hou.  Ons regering is steeds aan die voorpunt in die stryd teen MIV en VIGS. 



Ek doen ‘n beroep op die mense van die Vrystaat om openlik oor MIV en VIGS te praat, om op te hou om teen geïnfekteerde persone te diskrimineer en om aktief deel te neem aan aktiwiteite wat daarop gemik is om MIV en VIGS-verwante stigma te verminder.  Verder, Agbare Speaker, gaan ons die “Raak bewus van u status”-veldtog intensifiseer wat fokus op vrywilige berading en toetsing. 



Die President het gelas dat Premiers die leiding moet neem betreffende verantwoordelikheid vir die Provinsiale Vigsraad. Dit sal dienooreenkomstig in die Provinsie geïmplementeer word. Die Vrystaatse Vigsraad sal dus voortgaan met die bewusmakingsveldtogte wat sal help om die getal nuwe infeksies te verminder en die impak van MIV en VIGS op individue, gesinne, gemeenskappe en die samelewing te verlig.



In samewerking met Thailand gaan ons ‘n uitgebreide MIV en VIGS veldtog in Augustus 2010 afskop. Ons programme gaan ook ander oordragbare siektes soos Tuberkulose as teiken hê.  Ons gaan 1 000 gesondheidsorg beroepslui oplei in 2010 om spesifiek kwessies rakende TB-bestuur te hanteer. 



Dit is ‘n eer om te kan aankondig dat alle studenteverpleegsters wat hul studies in 2009 voltooi het, deur die provinsiale regering in diens geneem is. Die Thaba Nchu Verpleegkollege gaan op 1 April 2010 heropen. Dit is ‘n verdere bewys van ons verbintenis tot die verbetering van ons provinsiale gesondheidsorgdienste. 



‘n Omvattende hersiening van ons huidige hospitaal verwysingstelsel asook die lewering van mediese nooddienste is deur die Departement van Gesondheid geïnisieer. Hierdie hersiening is daarop gemik om die reaksietempo en gevolglik die effektiwiteit en doeltreffendheid te verbeter waarop ons gesondheidsorgdienste in stedelike en landelike gebiede lewer. 



DIE SKEP VAN ORDENTLIKE WERK EN VOLHOUBARE BESTAANSMOONTLIKHEDE



Agbare Sopeaker, verlede jaar het ons duidelik aangekondig dat ons tussen Junie en Desember 2009 50 000 werksgeleenthede sal skep.  Ons was vol vertroue dat ons regering, in samewerking met ons mense, die resessie sal deurstaan. 

Die effek van die ekonomiese afswaai was egter erger as wat ons verwag het. 



Hopelik is daar tekens dat ons provinsiale ekonomie stadig maar seker besig is om te herstel. Die Desemberindeks van die Vrystaat Barometer, saamgestel deur Sake 24 en BoE Private Kliënte, toon tekens van verbetering in sleutelsektore soos boukonstruksie en vervoer. 

Ekonome is versigtig optimisties oor die groeivooruitsigte van die Vrystaat gedurende 2010, maaar het gewaarsku dat dit tot 12 maande kan duur om die verliese van die vorige jaar terug te win. 



Volgens die 4de Kwartaallikse Arbeidsmag Opname wat vroeër vandeesmaand deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, is 32 000 nuwe werksgeleenthede in die Vrystaat geskep. Hierbenewens het die regering deur sy Uitgebreide Openbare Werke Program 27 116 werksgeleenthede geskep. Dit beteken ons het effektief ons teiken van 50 000 oortref.



Ons moet erkenning gee vir die samewerking tussen alle vlakke van regering, asook die private en informele sektor en al ons mense wat verseker het dat ons hierdie doelwit bereik het.



Agbare Speaker, vergelykings tussen die 3de en 4d4 kwartale in 2009 dui daarop dat sekere bedrywe suksesvol was met die skepping van werksgeleenthede; private huishoudings het met 15 000 toegeneem, die Mynwese met 9 000, Vervaardiging met 8 000 en Vervoer met 1 000. Hierdie industrieë was die hoofverskaffers van werk in die Provinsie.



Dit is egter kommerwekkend dat 10 000 werksgeleenthede in die Landbou-sektor in die Provinsie verlore geraak het. Ons sal kollektief saam moet werk met die Georganiseerde Landbou, onder die sambreel van die Vrystaat Landbou-unie en NAFU, om hierdie situasie om te draai.  Gevolglik sal daar ‘n aantal programme uitgestippel word deur die LUR vir Landbou wat daarop gemik sal wees om werksprestasie op die gebied van Landbou te verbeter.



Een van die suksesse van Operasie Hlasela was natuurlik die indiensneming van plaaslike arbeid op elke plek waar ons hierdie iinisiatief bekend gestel het. Die provinsiale regering het tydelike werksgeleenthede geskep in Hennenman, Jacobsdal, Jagersfontein, Paul roux, Virginia, Parys, Qwaqwa, Makgolokoeng, Cornelia, Marabastad in Kroonstad en Batho in Bloemfontein. 

Ons het daarop aangedring dat die indiensneming van hierdie werknemers alle inwoners van die provinsie, wit en swart, moet insluit. Hierdie werksgeleenthede voorsien ook ons mense met vaardigheidsontwikkeling rn opleiding, wat die moontlikheid vergroot dat hulle tot die langtermyn arbeidssmark kan toetree of hul eie ondernemings te begin.   



Dit bewys dat die VPR vasbeslote is om die probleme aan te pak waarmee ons mense opgesaal is.



Gedurende die volgende boekjaar gaan die regering voortgaan met werk wat verlede jaar begin is met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en ander befondsingsagentskappe ten einde die nodige fondse te bekom vir die volgende programme: die Harrismith Logistiese Spil, die N8-deurgangontwikkeling en die kantoorpark in Batho. Weens die omvang van die Harrismith Logistieke Spil Projek, is besluit om dit na die kantoor van die Premier te verskuif. Dit sal koördinasie vergemaklik aangesien die projek oor alle departemente deursny. 



Wat betref die Xhariep Oorgrenspark, het ons ‘n viskwekeryprojek in samewerking met die Chinese regering bekendgestel. Dit behels ‘n investering van R40 miljoen, en hierdie projek sal 100 werksgeleenthede teen die einde van hierdie jaar skep.



Die provinsiale regering, tesame met die Sentrale Universiteit van Tegnologie, het onlangs die Streeksinnoveringsentrum bekend gestel wat voorsiening maak vir die instelling van ‘n Matriek Saterdagskool, en die Menslike Hulpbronbestuurprogram vir amptenare van die Departement van Onderwys. Hierdie inisiatief sal bydra tot groter ekonomiese groei op streekvlak, vaardigheidsontwikkeling en kapasiteitsbou en navorsing en produkontwikkeling bevorder. 



Terwyl die meeste van hierdie programme langer as ‘n jaar sal neem om positiewe resultate te lewer, is ons sterk van mening dat hulle suksesvol sal wees en broodnodige volhoubare werksgeleenthede vir ons mense sal skep. 



Die Sonverhittingverwarmersprojek sal in April 2010 voortgesit word. Dit volg op die goedkeuring wat ons ontvang het van die Departement van Energie en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika. Ons het voorsiening gemaak vir ‘n verandering met die implementering van hierdie program aangesien die aanvanklike fase nou sal fokus op die verskaffing van sonverwarmingsgeysers aan geïdentifiseerde openbare entiteite soos skole en klinieke in die Provinsie. Die verskaffing aan huishoudings sal die volgende fase van implementering vanjaar uitmaak.  



In die komende jaar gaan die provinsiale regering fokus op die skepping van groen poste en ander inisiatiewe wat daarop gemik sal wees om die Vrystaat aan die middelpunt te plaas van ontwikkeling in ons land en die gekoördineerde stryd teen armoede en die implementering van die regering se teen-armoede strategieë. 



Agbare Speaker, die potensiaal van die toerismebedryf ten opsigte van werkskepping moet ontsluit word. Die provinsiale regering sal voorkeur gee aan die oorweging van sy deelname en ondersteuning aan sommige van die sleutel toerisme attraksies in die Provinsie, met inbegrip van die jaarlikse Lugskou in Bethlehem, die Kersiefees in Ficksburg, die Phakisa-NASCAR geleentheid in Welkom en die Fauresmith Internasionale Uithourit. 



Klimaatsverandering het ‘n merkbare effek op die lewens van mense in die Vrystaat. Die uitwerking van klimaatsverandering op die beskikbaarheid van water kom duidelik na vore in die watertekorte in sommige van die kleiner dorpies soos Paul Roux, Edenville, Jagersfontein, Zastron en ander. 



Die provinsiale regering, in samewerking met die Departement van Waterwese, Visserye en Bosbou gaan poog om onmiddelike hulp te verleen aan mense in hierdie gebiede. Waterbewaring moet egter ‘n voorkeur wees vir elke individu in die Vrystaat en Suid-Afrika. 



Die onwettige storting van mediese afval, soos wat verlede jaar in Welkom blootgelê is, benadruk die noodsaaklikheid om die implementering van die reguklerende raamwerk wat hierdie area dek, dramaties te verbeter. Die gewetenlose optrede van profytjagters, het ons mense blootgestel aan onaanvaarbare gesondheidsrisiko’s en ook die omgewing potensiёle skade aangedoen. 



Ons wens die Groen Skerpioene geluk met hul vinnige respons wat gelei het tot die inhegtenisneming van diegene wat betrokke is by die onwettige storting van mediese afval.   Die provinsiale Departemente van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake en Gesondheid, het opdrag ontvang om ‘n omvattende strategie en implementeringsplan oor die bestuur van mediese afval en onwettige storting van sulke afval te ontwikkel. Ons moet seker maak dat daar nie ‘n herhaling van sulke insidente in ons provinsie plaasvind nie.

 

LANDELIKE ONTWIKKELING, VOEDSELSEKERHEID EN GRONDHERVORMING 



Geagte  Speaker, kameraad Mark Shope, ‘n veteraan van die bevrydingstryd in ons land, het altyd gesê: “Ons veg vir ‘n Suid-Afrika waar elke kind ‘n pint melk per dag sal hê”. Ons moet dus ons voorneme om die Vrystaat in sy vorige glorie as broodmandjie van Suid-Afrika te herstel, herhaal.



Dienooreenkomstig moet ons sorg dat ons landbousektor genoeg voedsel produseer om ons mense te voed en vir uitvoerdoeleindes. Ons erken dat om hierdie doelwit te bereik, ons ons kommersiёle boere moet betrek om met hul kundigheid ons opkomende boere te help. Nagenoeg tien kommersiёle boere gaan geïdentifiseer word om opkomende boere wat bewys dat hulle goeie vordering maak, te mentor. Deur hierdie proses wil ons landbouprosessering en waardetoevoeging versnel.

Nieteenstaande die suksesse van sommige provinsiale boere, is ons terdeё daarvan bewus dat boere steeds uitdagings het, ook met toegang tot finansiering om volhoubare landboubesighede tot stand te bring, die hoё pryse om grond en die nodige masjinerie en implemente aan te skaf, toegang tot markte asook die swak plaas- en padinfrastruktuur.  Ons boere moet hul wins kan verhoog, die plaaslike uitvoermark verbreed en bykomende werkgeleenthede skep. 

In die 2010/2011-boekjaar gaan ons sowel swart beginnerboere as wit kommersiёle boere ondersteun. In vennootskap met ander toepaslike rolspelers soos boere, gaan ons landelike infrastruktuur en paaie verbeter. Ons gaan ook voort om die sekuriteit van plaaseienaars en plaaswerkers te prioritiseer. 

Ons gaan ook vier landbouskole vestig, want ons dink dit is  belangrik om reeds op skoolvlak jongmense te betrek by landbou. Dit sal verseker dat studente ‘n beter begrip het vir die studierigting op tersiêre vlak. Die landbouskole wat ons sal vestig, is Nampo, Seotlong, Boovel en Weiveld.

Die herinstelling van landbou-onderwys in ons skole sal die nodige aandag geniet. Ons is van voorneme om hierdie skole in die provinsie te vermeerder om ons status as die landboukern van Suid-Afrika te verhoog. 

BEPLANNING EN MENSLIKE VESTIGING

Een van die regering se vernaamste uitdagings is  die erfenis van verwronge ruimtelike beplanning uit die apartheid-era. As gevolg van hierdie beplanning woon ons mense ver van die gebiede van ekonomiese aktiwiteit, met geen of weinig toegang tot grond vir behuising  en beperkte toegang tot basiese munisipale dienste. 



Ons benadering tot menslike vestiging wil dus hierdie situasie verander. Ons klem op die bou van menslike nedersettings  beteken ‘n geïntegreerde, geko-ordineerde en holistiese benadering waar mense op plekke woon wat na-aan werksgeleenthede is. 

In ‘n poging om die erfenis van onderontwikkeling in ons landelike gebiede om te keer, het ons reeds begin om menslike nedersettings in gebiede soos Marabastad, Diyatalawa en Makgolokweng te ontwikkel. Ons is van voorneme om aandag te gee aan  alle behoeftes ten opsigte van onderwys, gesondheid, maatskaplike dienste en ontspanning. 

Vanjaar gaan ons ons planne ‘n stap verder voer en meer klem plaas op die stigting van nuwe dorpe en volhoubare nedersettings gekoppel aan ekonomiese aktiwiteite.  Ons gaan fokus op Mangaung, Botshabelo, Thaba Nchu, Qwaqwa, Odendaalsrus, Intabazwe (Harrismith), Kroonstad, Virginia en verskeie ander gebiede. Die dorpe in die Gariepdistrik bly ons fokusgebiede. Ons is van voorneme om  “G-hostel” and “Silver City”-hostel in Welkom en Bloemfontein te vernietig en hulle met behoorlike menslike huisvesting te vervang. 

DIE STRYD TEEN MISDAAD EN KORRUPSIE



Die bekamping van misdaad bly ons topprioriteit. Ons moet misdaadvlakke drasties verlaag om te sorg dat ons mense veilig is en veilig voel. Dus het ons doelwitte gestel om kontakmisdaad in die volghende boekjaar met 10% te verlaag. Dit vereis intensiewer samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens. 



Ons sal voortgaan met ons programme om misdaad en wetsoorteding die stryd aan te sê.



Ons sal ons gemeenskappe moet mobiliseer in ‘n oorkoepelende aksie teen misdaad. In die loop van die jaar gaan ons uitdruklik ons gemeenskappe die kern van misdaadbekamping maak. 



Ons pogings in die stryd teen misdaad sal strek tot by die beveiliging van staatseiendom en geboue. Ons gaan ‘n oudit van privaat veiligheidsmaatskappye uitvoer en siftingsprosedures instel om almal se veiligheid te verseker. Waar nodig gaan ons ons eie sekuriteitsbeamptes gebruik om staatsgeboue op te pas. 



Die provinsiale regering oorweeg die moontlikheid om polisiereserviste permanent as sekuriteitsbeampte te absorbeer  om ons kapasiteit op hierdie gebied te versterk.  Ons is ook van voorneme om  vervalle en ongebruikte regerings- en ander privaat geboue wat deur misdadigers gebruik word, te vernietig.

 

Geagte Speaker, een van die kritieke kwessies waarmee ons samelewing te kampe het, is die misbruik van alkohol en dwelms, veral onder ons jongmense. In Gariep is ons bekommerd oor die voortgesette teenwoordigheid van die “pap-sak” en die afmetings wat die gebruik daarvan aanneem. Ons gaan ‘n interdepartementele span uit verskeie regeringsdepartemente aanstel om te kyk na die afdwing van drankwetgewing Ons moet sorg dat die produksie van die “pap-sak” heeltemal uitgeroei word in ons provinsie



Die uitroei van korrupsie op provinsiale- en plaaslikeregeringsvlak bly ‘n prioriteit. Ons het begin met ‘n hersiening van ons hantering van korrupsiesake wat deur die Nasionale Teenkorrupsie-inbellyn na die Vrystaat verwys word, want ons het besef sake op die stelsel word nie dadelik gehanteer nie. Ons gaan die Provinsiale Teenkorrupsieforum hersaamstel en ‘n Teenkorrupsie-eenheid gaan in die Premierskantoor ingestel en geko-ordineer word. 



PLAASLIKE REGERING EN MENSLIKE NEDERSETTINGS



Die provinsiale regering is verbind tot nakoming van sy verantwoordelikhede en verpligtinge ingevolge die Omdraaistrategie vor Plaasliike Regering en die Tienpuntplan. Die werkverrigting van plaaslike regering sal regdeur die provinsie versterk word. 



Ons het ‘n aantal kwessies wat doeltreffend aangespreek moet word, geïdentifiseer om betekenisvolle verandering in ons mense se lewens te bring.  Dit sluit die volgende in: 

Verbetering van die hoeveelheid en gehalte van basiese munisipale dienste

Die ontwikkeling en aanvaarding van betroubare en geloofwaardige Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne 

Opbou en versterking van die administratiewe, institusionele en finansiёle vermoёns van munisipalitieite

Ontwikkeling en versterking van ‘n polities en administratief stabiele stelsel van munisipalitieite

Versnelling van die lewering van behuisinggeleenthede

Doeltreffende grondgebruik



Voorts gaan die provinsiale regering voort om plaaslike regering te versterk deur finansiёle hulp en ander kapasiteitbou-inisiatiewe. Dit sluit in die finansiering van kritieke personeel in munisipaliteite met ‘n lae kapasiteit. 



Ons pogings ter versekering van skoon munisipale oudits gaan hierdie jaar voort. Tot dusver het ons die oudit in alle munisipaliteite in die Gariepdistrik voltooi  en hulp verleen aan tesourieё  in hierdie munisipaliteite waar tekortkomins geïdentifiseer is.



Versnelde infrastruktuurvoorsiening aan ons mense in die munisipaliteite is uiters belangrik om te sorg dat ons township-opknappingsprogramme slaag.



Dus sal die provinsiale regering in noue samewerking met DBSA munisipalitiete bystaan wat nie hul Munisipale Infrastruktuurtoelaes ten volle kon bestee nie.  Hierdie bystand omvat kapasiteitbou, ontplooiing van tegniese personeel en verstandige finansiёle bestuur.



Adjunkspeaker, vanjaar gaan die reging voort met programme wat verlede jaar begin is  met die oog op die herlewing van ons townships. In 2010 gaan ons ons program Operasie Hlasela-programme  uitbrei na  22 ander plekke in al vyf distrikte van die Provinsie Vrystaat. Ons bly verbind tot die Gariepdistrik asook die verbetering van Botshabelo, Thaba Nchu, Harrismith en Qwaqwa as ontwikkelingsprioriteite. 



Die Presidensiёle Inbellyn het ‘n platform geskep vir  mense om ons aandag op diensleweringprobleme te vestig. Die aard van klagtes is nie beperk tot kwessies rakende plaaslike regering nie, maar handel ook oor dienste wat nasionale departemente lewer. 



Om ons responsvermoё  te versterk, het ons ‘n sterk span uit amptenare van alle vlakke van regering op die been gebring om hierdie klagtes doeltreffend te hanteer.  Voorts gaan ons bestaande inbellyne in die provinsie konsolideer om te sorg dat ons slegs een inbellyn in die Premier se Kantoor het.



INFRASTRUKTUURONTWIKKELING 



Geagte Speaker, veel is gesê en daar moet geen twyfel bestaan nie dat die provinsiale regering deeglik bewus is van die toestand van paaie in die Vrystaat.  Die swaar reёns die afgelope ses maande het bygedra tot die agteruitgang van die paaie. Ons het die afgelope paar maande wyd oor hierdie saak geraadpleeg. 



Ek moet noem dat die provinsiale regering nagenoeg R15 biljoen nodig het om ons paaie op te gradeer en ander in stand te hou. Dit verg dus kreatiewe en buitengewone middele om die situasie te hanteer. Vir hierdie doel het die regering ‘n gesamentlike tegniese komitee met die privaat sektor gestig  om die nodige fondse te verkry en ons padinfrastruktuur dringend te herbou. Ons oorweeg ook verskeie ander befondsings-opsies en modelle om kapitaalbeleggings te bekom om aandag aan die situasie te gee.



As deel van die padopgraderingsprogram, gaan die pad tussen Bultfontein en Dealesville en die pad tussen Bultfontein en Boshof in die komende boekjaar aandag kry. Die regering sal sorg dat die weegbrug op die R70-pad opgegradeer en ten volle funksioneel is teen die einde van die boekjaar. 



Padveiligheidsbewustheidsprogramme sal verskerp word en deur die jaar volhou word. Dis nie ‘n prioriteit wat net met Paasfees en oor die Kersvakansie aandag kan geniet nie. Ons moet sorg dat ons ‘n geslag verantwoordelike padgebruikers grootmaak en ons padveiligheidsprogramme sal ook in  skole ingestel word.  



Geёerde gaste, baie is al vermag met die herinstelling van die treindiens tussen Bloemfontein en Thaba Nchu. Ons gaan nou saamwerk met die Openbare Spooragenstskap van Suid-Afrika om te sorg dat die trein tussen  Thaba Nchu en Bloemfontein so gou moontlik in werking is, nadat die nodige raadpleging gedoen is. 



Die projek is vertraag as gevolg van die hofsaak deur sommige partye wat daardeur geraak is, wat ons suksesvol verdedig het en sodoende die pendelaars se belange beskerm het. Die spoorverbinding gaan baie help om veiliger openbare gehaltevervoer vir ons mense te bring. Die provinsiale regering het ook veiliger omgewings vir gebruikers van openbare vervoer oorweeg met opgradering van taxistaanplekke. In hierdie boekjaar gaan ons die nuwe “groen’ konsep vir taxistaanplekke invoer. 



Om ekonomiese groei te skep, gaan die regering voort om meer hulpbronne in infrastruktuurontwikkeling in die  volgende boekjaar te belê. In hierdie verband gaan R2 biljoen bestee word aan die bou en onderhoud van skole, klinieke, hospitale, regeringsgeboue, sportgeriewe, biblioteke en museums.



Weens die finansiёle beperkings as gevolg van die negatiewe wêreldwye ekonomiese situasie, het die regering eenvoudig nie voldoende fondse om die groot infrastruktuuragterstande aan te pak nie.  Aangesien hierdie administrasie egter van die standpunt uitgaan dat  “oplossing van die mense se probleme die belangrikste is”, het ons deur ons Tesourie begin met samesprekings met die nasionale regeringsdepartemente om ons toe te laat om die privaat sektor te betrek om fondse te genereer om maatskaplike infrastruktuur en regeringskantore te bou en in stand te hou.



NASIEBOU EN MAATSKAPLIKE SAMEHORIGHEID 



Geagte  Speaker and Adjunkspeaker, Suid-Afrika gaan as  gasheer van die  2010 FIFA Wêreldbeker in die kollig wees. Die pad na 2010 was lank, beginnende met die hartseer verlies van die 2006-Wêreldbeker tot die vreugdevolle feesvierings toe die  2010-wenbod aangekondig is. Uiteindelik gaan Afrika en Suid-Afrika hul regmatige plek op die wêreldverhoog inneem met die aanbied van die wêreld se grootste sportgebeure. 



Ons is oortuig dat Suid-Afrika die toernooi vasbeslote en met waardigheid gaan aanbied.  Ons gaan volhou om te sê  “Suid-Afrika en Afrika, dit is tyd!”  Ons gaan wys ons is ‘n land en kontinent van veelvuldige moontlikhede, terwyl ons die toernooi die onvergeetlikste gaan maak wat geslagte na ons met trots en heimwee sal onthou.



Meneer die Speaker, die aftel het begin. Ek spreek my waardering uit teenoor u en die Wetgewer wat ons toegelaat het  om die kleredragkode te verslap ter viering van die Sokker-Vrydagveldtog. Ons vra alle Vrystaters om by ons aan te sluit in hierdie veldtog en hul ondersteuning te wys deur op Vrydae die Bafana Bafana-truie te dra. 



Die veldtog poog nie net om entoesiasme vir die toernooi aan te wakker en ons ondersteuning vir  Bafana Bafana te toon nie, maar om patriotisme te toon wanneer duisende besoekers ons provinsie binneval. Gedurende die Konfederasiebeker was besoekers verbyster, geprikkel en getrakteer deur ons mense en veral die SIWELELE-ondersteuners



Ongetwyfeld is die Vrystaat en Mangaung gereed om gasheer te speel vir die lande Meksiko, Japan, Kameroen, Nigeriё , Griekeland, Slowakye, Paraguay, Frankryk, Switserland, Honduras en natuurlik ons eie span, Bafana Bafana, gedurende die groepwedstryde wat in die gasheerstad  Mangaung gespeel word. 



Agbare Speaker, laat ons aan ons gaste wys dat ons Suid-Afrika op ons skouers dra. Ons sal voortgaan om elke Vrydag ons Bafana T-hemde dra. Ons vertrou dat die nasie ons Leier, Mnr Jacob Zuma, se oproep aan Suid-Afrikaners sal gehoorsaam deur kaartjies te koop  en die wedstryde sal bywoon om ons nasionale span, Bafana-Bafana te ondersteun.



Op 11 Junie verf ons die hele Vrystaat goud en groen in Bafana se kleure. 



Val aan met sokker, Bafana-Bafana, val aan!



Geagte Speaker, ons deelname aan en prestasie in sport en ontspanning is indirek verbind tot die bevordering van nasiebou en maatskaplike samehorigheid. Op hierdie terreine word bruё gebou oor kulturele en etniese verskille heen tussen mense en ‘n sin vir samehorigheid word gekweek.  Dit bring mense bymekaar, bevorder inklusiwiteit en deelname deur mense uit verskillende lae van die samelewing. 



Ons gaan deelname deur lede van die gemeenskap verskerp deur aktiwiteite  soos skolesportprogramme om ons gesondheidsvlakke te verhoog en jongmense weg te hou van misdaad en dwelms. Ons het Operasie Hosela Ka Bolo van stapel gestuur waar 32 skole vanoor die provinsie met mekaar wedywer as deel van die bevordering van skolesport en terselfdertyd die 2010 Sokkerwêreldbeker in ons provinsie. 



Mense wat nie by die stadion kan wees nie, gaan die geleentheid kry om wedstryde by die openbare toeskouergebiede wat in verskeie gemeenskapsale regdeur die provinsie ingerig gaan word, te kyk. Ter herhaling van President Zuma se woorde in sy Staatsrede, laat ons bankvas agter die nasionale span, Bafana-Bafana staan . Ons is getuies van hul grootse prestasie gedurende die  2009-Konfederasiebeker. Ek glo vas dat hulle, met ons onbetwisbare ondersteuning, ons trots gaan maak.  



Meneer die Speaker, dis ook vir ons belangrik om voortreflike prestasies deur ons sportmanne en –vroue gedurende 2009 te erken en te vier.  Verlede jaar het ons met die privaat sektor saamgespan ter ondersteuning van Tumelo Pedi wat op internasionale vlak in gewigstoot meegeding het. In Desember het hy teruggekeer van Indiё as die Statebondkampioen in sy gewigkategorie.



Mizan Viljoen het ook ‘n goue medalje gewen in die Jeug E-kategorie gedurende die 11de Tweekamp-Wêreldkampioenskap in Monaco. Ons salueer ook die prestasies van Juan Smith en Heinrich Brussow wat goue medaljes gedurende die Drienasie-rugbyreeks verower het. Altesaam 54 van ons atlete het goue, silwer en brons medaljes in verskeie sportaktiwiteite soos karate, rugby, sokker, moderne vyfkamp, krieket, tafeltennis en so meer ontvang. 



Die Provinsie Vrystaat en sy mense moet ons erfenis en kultuur bevorder en vier. Die provinsiale regering gaan voort om toepaslike geleenthede soos MACUFE te skep om hierdie doelwit te verwesenlik. 



Geagte  Speaker, ons weet dat ons nie genoeg aandag gegee het aan die kulturele sektor van ons provinsie nie en ons gaan dus ‘n breё beraad in ons provinsie met belanghebbendes en rolspelers in hierdie sektor in die komende jaar hou. 



DIE JEUG



Geagte Speaker, ons is bewus van die feit dat die toekoms van ons land en mense by die jeug lê. In ooreenstemming met die President se handhawing van jeugontwikkeling, gaan ons voort om jeugsake  as kern van die vordering van ons provinsie in stand te hou. 



Ons bly werk met die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap ter bevordering van jeugdeelname aan die ekonomie, jeuginligtingsdiensprogramme en ‘n nasionale jeugdiens. Aangesien die Wet op die Vrystaatse Jeugkommissie verlede jaar herroep is, is die Direktoraat Jeugsakebestuur in die Premierskantoor gestig om te sorg dat die provinsiale fokus op die jeug volhou word. Regeringsdepartemente gaan sorg dat hierdie prioriteit in hul onderskeie programme en projekte volhou word. 



Ons vra die jeug om te verstaan dat Suid-Afrika aan hulle almal behoort. ‘n Formasie van die jeug, swart en wit, moet sentraal staan as werkers, entrepreneurs en professionele persone in diensleweringsaktiwiteite. 



GESLAG



Geagte Speaker, na 15 jaar van demokrasie en ons gestelde prioriteit om na geslagsgelykheid te streef, moet ons hoofstroomgeslagsverteenwoordiging in die provinsiale asook plaaslike en distriksmunisipaliteite evalueer. Ook moet ook besin oor die vordering wat gemaak is met ekonomiese bemagtiging van vroue in die provinsie. Dis ‘n projek wat in die komende jaar deur die Kantoor van die Premier gelei sal word.

 

Voorts gaan die regering voort om programme gerig op beskerming van vroue en kinders in verhoudings waar mishandeling voorkom te prioritiseer. Die veldtog ter bestryding van vroue- en kindermishandeling as deel van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders gaan opgeskerp word. 



Spesiale klem gaan ook geplaas word op mensehandel wat al hoe meer in ons provinsie posvat. Ons het ‘n toename gemerk in gevalle van jong meisies wat uit hul ouerhuise gelok word met beloftes van werk en dan verval in prostitusie en dwelmmisbruik.  Ons het onlangs ingegryp en 11 jong vroue wat in die mensehandelkring vasgevang was, verwyder.



Beurse is gegee aan sewe van hierdie jong vroue om by VOO-kolleges te studeer en vier is na rehabilitasiesentrums verwys.  Die regering, in samewerking met wetstoepassingsagentskappe, gaan harder werk om mensehandel in ons provinsie uit te roei.

 



GESTREMDES 

Ons moet almal besef dat gestremde Suid-Afrikaners deur die Handves van Menseregte in ons Grondwet beskerm word.  Die Handves vind uiting in die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie van 1999, wat diskriminasie op grond van gestremdheid verbied. Die 1997-witskrif oor die Geïntegreerde Nasionale Gestremdheidstrategie volg ‘n maatskaplike menseregte- en onwikkelingsbenadering tot gestremdheid. 

Geagte Speaker, ons moet daarna streef om ons implementering van toepaslike wetgewing en die beleidsraamwerk te verbeter en te versterk.  Die provinsiale regering moet die leiding neem om alle sektore in ons samelewing betrokke te kry in die destigmatisering van gestremdheid wat dikwels lei tot stereotipering en mites. Ook moet die regering sy kommunikasiemetodes hersien en aanpas aangesien daar ‘n tendens is om in ‘n taal wat baie mense nie verstaan nie, te kommunikeer. 



Die meeste gestremde kinders leef in uiterse armoede en het swak toegang tot behoorlike onderwysgeleenthede.  Die Departement Onderwys  beplan om in die nuwe boekjaar 13 openbare spesiale skole op te knap en op te gradeer. My kantoor het ook begin met ‘n oudit van die stand van fasiliteite en behoeftes van alle openbare spesiale skole in die Vrystaat. Die doel met die inisiatief is om aandag te gee aan meer as net die fisiese infrastruktuurbehoeftes van sulke skole. 



Ons gaan ook evalueer of ons voldoende vordering gemaak het om te sorg vir nakoming in terme van openbare geboue met voorgeskrewe norme en standaarde oor toeganklikheid vir gestremdes.  



Ook gaan die doelbewuste werwing van gestremdes in die staatsdiens voort en ons gaan die privaat sektor betrek om hierdie program aktief te bevorder.

 

INTERNASIONALE BETREKKINGE



Die wyse woorde van daardie voortreflike seun van Kuba, ‘n revolusionêr en nasionale held, Jose Marti: “Nie net is ons Kubane nie, maar deel van die mensdom, en ons veg vir die eer en welsyn van die hele Mernsdom", inspireer ons.



Die Vrystaatse regering gaan voort om sy betrekkinge met die revolusionêre van Kuba in die komende boekjaar te versterk.  Ons word steeds bevoordeel deur die kundigheid van Kubaanse ingenieurs en dokters. Aan hulle sê ons, lank leef die gees van internasionale solidariteit!  Aluta Continua!



Voorts gaan die Vrystaatse regering voort om met verskeie lande te skakel oor  beleggingsmoontlikhede. 



SLOT 



Geagte Speaker, vanjaar is die 55ste herdenking van aanvaarding van die Vryheidsmanifes in Kliptown deur mense verenig, nie deur kleur nie, maar deur ‘n gedeelde saak. Ons bly verbind tot die Vryheidsmanifes wat die hoop en aspirasies van Suid-Afrika se mense, swart en wit, verwoord.



Die jaar 2010 is ook die 50ste herdenking van die Sharpeville-slagting op 21 Maart, waar onskuldige burgerlikes helder oordag deur die apartheidsregering afgemaai is,  wat alle vorme van vreedsame verset tor ‘n einde gebring het. In daardie jaar, 1960, is die ANC en ander politieke organisasies verban.

 

Ons het dus ‘n plig om ons helde en heldinne wat wat hul lewens verloor het in die stryd om vryheid en demokrasie te bly eer en ons het ‘n verantwoordelikheid om die demokratiese winste van ons mense te verdedig.

 

Die jaar 2010 is ook die 30ste herdenking van die 1980-skoolboikotte in Mangaung en die brutale, barbaarse moord op twee studente, Daniel Papi Makotoko en Thulo Jeremiah Sejake. Weer eens laat sak ons ons revolusionêre baniere ter ere van hierdie voortreflike seuns van ons revolusie wie se bloed die boom van vryheid gevoed het. 



Aan diegene en vele ander wat hul lewens verloor het in aktiewe diens gedurende die moeilike, pynvolle jare van ons stryd, sê ons “julle het nie tevergeefs gesterf nie”. Ewigdurende glorie vir alle helde en heldinne van ons mense wie se stoflike oorskot begrawe lê oor die lengte en breedte van ons land, die kontinent en die wêreld. 



Geagte Speaker, ons buig ook ons hoofde ter ere van Teboho ”Shoes” Sikisi en Mandla Mdali, wat ons in November verlede jaar verloor het . Hulle sluit aan by ‘n lys patriotte in die provinsie en nasionaal wat ons liefdevol sal onthou vir hul onvermoeide pogings om die apartheidstelsel op sy knieё  te dwing en ‘n samelewing te bou wat werklik nie-rassig, nie-seksisties, vry en demokraties is.

 

Dames en here, laat ek weer eens almal in die Vrystaat vra om ons gaste met ope arms en warm harte  te verwelkom en hulle te trakteer op die beste gasvryheid ooit.  Ons is dit verskuldig aan OR Tambo wat ons vereer deur ons internasionale betrekkinge; dus het ons die “Orde van die Kameraadskap van Oliver Reginald Tambo” as die hoogste eer wat ons land aan ‘n buitelandse burger kan verleen. 



Dit is die "Jaar van Saamwerk” om doeltreffende dienslewering te bespoedig”.



Die Uitvoerende Raad het ‘n besluit geneem om aan te sluit by die President en die Land en hierdie jaar te verklaar as die  “Jaar van saamwerk om doerltreffende dienslewering aan ons mense te bespoedig”. 



Dus beteken dit dat Operasie Hlasela na die volgende rat oorslaan, waar spoed en noodsaaklikheid aan die orde van die dag is. In 2009 het ons die fondament gelê vir Operasie Hlasela en ‘n begrip vir ons nuwe metode van werk geskep.  2010 is die jaar van Aksie, Aksie en meer Aksie. Slegs deur bewuste en doelbewuste aksies gaan ons ons mense se probleme oplos. 



President Zuma het aan die Parlement gesê:  “Die waarde van goeie ideale en goeie beleide lê in hul implementering en die impak daarvan op mense se lewens.” Laat ons die woorde ter harte neem en prakties uitvoering gee aan ons strategieё en planne. 



Deur saam te werk kan en sal ons meer doen om ‘n beter Vrystaat te bou. 



Ons sal sterk wees op die aanval, vinnig, met spoed en met vaardigheid.

Ek dank u; Ke a leboha; Ndiyabulela, Ngiyabonga. 



Baie dankie!  Haak Vrystaat!



Amandla Ngawethu,



Matla ke a rona









