



SLENKDALKOORS



 Slenkdalkoors affekteer hoofsaaklik diere, maar het ook die vermoë om mense te infekteer. Dit veroorsaak ‘n matige griepagtige toestand in meeste mense, maar kan ook ‘n erge siektetoestand tot gevolg hê.  SDK is hewiger in diere, insluitende vee en wild; dit kan aanleiding gee tot aborsies en vrektes. 

Slenkdalkoors word deur ‘n virus veroorsaak wat familie is van die Flebovirus genus.



Enige persoon met nabye kontak met diere in of van areas in die Provinsie Vrystaat wat vermoedelik deur Slenkdalkoors besmet is of van enige geaffekteerde area wat met die volgende tekens en simptome presenteer moet met die naaste gesondheidsfasiliteit in verbinding tree:  

Griepagtige simptome;

Hoofpyn

Spier- of gewrigspyne;

Nekstyfheid;

Sensitiwiteit vir lig;

Braking.

Slenkdalkoors kan voorkom word deur die volgende stappe te volg:

1. Vermy kontak met geïnfekteerde diere, veral liggaamsvloeistowwe.

2. Moenie siek of sterwende diere wat vermoedelik met SDK besmet is vir konsumpsiedoeleindes slag nie.

3. Dra gepaste beskermde kleredrag (bv. handskoene, maskers) wanneer siek diere of vermoedelik siek diere gehanteer word.

4. Vermy alle diereprodukte (bloed, vleis en rou melk) van onveilige diere.

5.  Kook rou melk voordat dit gebruik word.

6. Alle diereprodukte uit die area waar die siekte uitgebreek het moet deeglik gekook word.

7. Diere moet nie van een gebied na ‘n ander verskuif word nie.

8. Identifiseer en vernietig muskietbroeiplekke en beskerm uself teen muskietbyte deur bv. langmouklere snags te dra en deur muskietafweermiddels te gebruik, en probeer om buitelug-aktiwiteite in die aand te vermy.

9. Laat alle diere ingeënt word teen Slenkdalkoors.

10. Alle dooie diere moet moet onder toesig van ‘n Omgewingsgesondheidspraktisyn verwyder word. 

11. Besoek asseblief u naaste gesondheidsfasiliteit indien een of meer simptome ondervind word.



Vir nader inligting besoek die naaste gesondheidsfasiliteit of skakel die volgende nommer: 0800 53 55 54.



