NB: DIE VOLGENDE DOKUMENTE MOET HIERDIE AANSOEK VERGESEL:
In die geval van duette, 'n duetsketsplan van die perseel.
n Afskrif van die aanvraer se identiteitsdokument.
In die geval van minderjariges, die voorgeskrewe toestemming- en ondernemingsbrief deur die wettige ouers/voogde en 'n afskrif van hulle ID.
In die geval van nuutgeboude geboue, 'n okkupasiesertifikaat en 'n goedkeuringsertifikaat ten opsigte van elektrisiteit.
As die aanvraer die eienaar of koper is, moet 'n afskrif van die aanbod om te koop of die koopakte, waarin die okkupasiedatum gespesifiseer word, voorsien word. Die eienaar moet ook 'n afskrif van sy/haar identiteitsdokument voorsien.
As die aanvraer nie die eienaar is nie, moet 'n afskrif van die huurooreenkoms, waarin die okkupasiedatum gespesifiseer word, 'n afskrif van die eienaar se identiteitsdokument in geval van natuurlike persone of afskrif van registrasie van ander regspersone en die eienaar se geskrewe toestemming dat die applikant 'n diensrekening vir die eiendom by die Munisipaliteit mag open, voorsien word.
Waar die eienaar 'n verteenwoordiger aangestel het om sy/haar belang en die eiendom te bestuur, moet 'n afskrif van die aanstelling voorsien word.
As geen van bogenoemde voorsien word nie, sal die eienaar vir die totale geakkumuleerde uitstaande bedrag op die rekening aanspreeklik gehou word.
DEEL B: REKENINGBESONDERHEDE
PERSEEL:
SLEGS WOONSTELLE
Voltooi die keersy ook
SLEGS HUISE
Straatnaam en nommer
Erfbeskrywing en nommer
SLEGS PLOTTE
Gade: Volle name (soos in ID)
Paspoort- of identiteitsnommer
Werkgewer Telefoon
Voertuigregistrasienommer
Verwysings van persone wat nie op die perseel woon nie - Vriend/familie 1 2
Naam
Woonadres
Telefoon (insluitende kode)
Verwantskap
DEEL D: VERKLARING
Ek verklaar dat die inligting wat op hierdie aansoek voorsien is, waar en juis is.
Ek aanvaar die voorwaardes wat in die verordeninge en regulasies vir die beheer van elektrisiteit en water, soos van tyd tot tyd gewysig, uiteengesit is.
Ek verklaar dat, indien 'n dispuut van watter aard ook al (hetsy polities al dan nie) tussen my en die Munisipaliteit ontstaan, ek sal voortgaan om die volle maandelikse heffings te betaal. As 'n heffing vanweë sy onreëlmatigheid betwis word, onderneem ek om steeds 'n maandelikse bedrag gelyk aan die gemiddeld van die vorige drie maandelikse bedrae vir die betrokke heffing te betaal totdat my navraag aangespreek is.
Ek aanvaar dat as die depositobedrag onvoldoende is, die deposito verhoog sal word na die verlangde bedrag soos deur die Munisipaliteit bepaal (twee maal die gemiddelde maandelikse verbruike) plus bykomende verhogings as my rekening 'n risiko vir die Munisipaliteit word.
Ek aanvaar aanspreeklikheid vir enige opsporings-en/of regskoste wat aangegaan word vanweë enige wanbetaling aan my kant.
Ek aanvaar aanspreeklikheid vir enige uitstaande bedrae ten opsigte van die perseel indien Deel A nie korrek ingevul is nie.
Ek verklaar dat ek nie van betaling van my rekening kwytgeskeld word indien ek dit nie ontvang het nie.
Ek aanvaar dat rente, teen 'n koers wat die Munisipaliteit van tyd tot tyd kan bepaal, op alle agterstallige bedrae gehef sal word.
Ek aanvaar aanspreeklikheid vir verbruik op die perseel tot die datum waarop die Munisipaliteit skriftelik 'n kansellasiekennisgewing vir dienste van my sal ontvang, welke kennisgewing 48 uur voor kansellasie van die dienste ontvang moet word.
Ek aanvaar dat die Munisipaliteit die gesag het om 'n diens vanweë my wanbetaling van enige ander diens wat die Munisipaliteit lewer, te staak ongeag die Munisipaliteit se tariefstruktuur vir dienste, wat gratis basiese dienste kan insluit.
Ek aanvaar verantwoordelikheid om toe te sien dat meterlesers toegang tot meters het of, as alternatief, sal ek reëlings tref dat die Munisipaliteit die meters op my eie koste na buite die perseel skuif waar hulle gelees word.
Ek aanvaar die betalings wat ek maak, op 'n pro rata-grondslag aan uitstaande saldo's van die verskillende tipes heffings toegeken sal word.
HANDTEKENING VAN AANVRAER DATUM
SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK
Depositokwitansie ... Datum ... Bedrag ...
Aansluitkwitansie ... Datum ... Bedrag ...
Afgehandel deur: ...Nagesien deur: ...
Watersertifikaat: ... Elektrisiteitsertifikaat: ... Bewoningsertifikaat: ...
