Yellow (Maize)										Afrikaans
Hoekom word gewasse geel gedurende nat seisoene?
Instructions:
Folio strap: Waardetoevoeging
Byline: Leon van Rensburg, Professor Grondfisika, Departement van Grond, Gewas en Klimaatwetenskap, Universiteit van die Vrystaat 
Photo: Vergeling
Caption: Versuiptoestande beïnvloed die groeiproses van die meeste plante.
‘n Engelse historikus, H.G. Willis, het die standpunt gehad dat die geskiedenis van die mensdom ‘n wedloop tussen leerproses en ramp is. Vir gewasprodusente in die somerreënval dele in Suid-Afrika, veral die in die semi-woestyn dele, is hierdie wedloop ‘n daaglikse realiteit. 
Gewasproduksie praktyke in semi-woestyn dele is aangepas om die altyd teenwoordige bedreiging genaamd droogte, te verhoed. Ons doen dit deur plantdigtheid te manipuleer, optimum bemestinginsette na aanleiding van langtermyn opbrengs, bewerkingspraktyke om water te bewaar en filtrasie te verhoog, gebruik te maak van optimum plantdatums en die seleksie van droogtebestande kultivars, ensovoorts. Hierdie kultivars val in die algemene groep van plante wat genoem word mesofiete, wat die beste groei in vogtige, maar goed deurlugte grond. Hulle wortels is goed aangepas om in die grond te soek vir water en voedingstowwe, byvoorbeeld die wortels van mielies sal die grond penetreer teen ‘n tempo van 24 mm per dag, en maksimum dieptes van 2 tot 2,4 m, bereik, afhangend van grondeienskappe.
Wortelontwikkeling kan ernstig beperk of verhoed word deur oortollige reën, soos die geval gedurende die huidige seisoen waar gewasse in Desember en Januarie geplant is. Te veel reën op grond met swak dreinering sal ontwikkel in die opbou van watervlakke in die grond tot waar dit die lug daarin sal vervang. Die eerste sigbare fisiologiese proses wat negatief beïnvloed sal word, is wortelrespirasie; plante benodig sekere vlakke van lugvoorsiening (suurstof) aan sy wortels. Navorsers het tydens eksperimente getoon dat wortelgroei binne minute kan stop onder toestande met geen suurstof. Plante verskil egter in verdraagsaamheid teenoor versuiptoestande. Hidrofiete (rys) byvoorbeeld, is goed aangepas om toestande met geen suurstof te kan verdra. Hierdie plante sal egter vrek in goed deurlugte grond. Wortels van plante is baie sensitief vir toestande met geen suurstof, byvoorbeeld peulgewasse (droë bone, soja, ens.) vrek na ‘n paar dae van vloedtoestande. Eerste simptome van skade tydens versuiptoestande kan sigbaar wees na een tot twee ure en permanente skade na 24 uur, veral op warm, sonnige dae.
Wanneer wortelrespirasie verhinder word, word ander lewensbelangrike funksies van plante soos groei, water en voedingstofinname ook versteur. Ten spyte van volop reën, kan plante nie die water en voedingstowwe absorbeer nie. Afhangende van die groeifase, is sekere plantsimptome sigbaar. Wanneer wortelrespirasie byvoorbeeld verminder word gedurende die vegetatiewe fase van mielies, word die opname van water proporsioneel verminder, wat weer die opname van voedingstowwe beïnvloed. Die mees sigbare simptoom is die vergeling van blare as gevolg van die afname van die chlorofil inhoud. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die gebrek aan stikstof in die plant, alhoewel fosfaat, kalium en ander voedingstowwe ook afwesig is. Tydens hierdie fase sal die plant stikstof van die ouer blare na die jonger blare vervoer om groei te handhaaf. Aanhoudende versuiptoestande sal uiteindelik lei tot afname in groei en opbrengsverliese.
