

Year (Maize)											Afrikaans



Nog ‘n jaar – nog ‘n sukses storie



Instructions:

Folio strap: Spesiale belangstelling

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Photos: 	



Ons het weer eens gekom aan die einde van nog ‘n suksesvolle jaar vir die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir produsente. Al die werk wat gedurende hierdie jaar afgehandel is, is ‘n resultaat van die ruim befondsing aan die program vanaf die Mielie Trust.



Jane McPherson en Willie Kotzé, van die Hoofkantoor van Graan SA in Bothaville, bestuur die Ontwikkelingsprogram. ‘n Addisionele pos vir “Spesialis: Velddienste” is geskep en Danie van den Berg is in hierdie pos aangestel. Danie is baie bekend in die projek en het uitstekende opleiding gegee gedurende die laaste drie jaar. Danie bestuur die personeel in die veld – die provinsiale ontwikkelingskoördineerders. Tabel 1 lys ander personeel betrokke by hierdie projek.



Tabel 1:



Plek				Persoon 			Doel van die Pos 

Bothaville			Debbie Boshoff			Kantoor assistent

Zeerust				Tonie Loots			Provinsiale ontwikkelings koördineerder 

Connie Mosikare 		Kantoor assistent

Nelspruit			Jerry Mthombothi		Provinsiale ontwikkelings koördineerder

				Nonhlanhla Sithole		Kantoor assistent 

Mthatha			Lawrence Luthango 		Provinsiale ontwikkelings koördineerder

Nombulelo Makeleni		Kantoor assistent

Ladybrand			Johan Kriel			Provinsiale ontwikkelings koördineerder

				Jacinta Motloang		Kantoor assistent

Klerksdorp			Amos Njoro			Provinsiale ontwikkelings koördineerder

				Lerato Modise			Kantoor assistent 



In die meer kommersiële areas fokus ons meer op die gevorderde produsente, omdat ons voel dat ons in die lig daarvan ons missie: “Om bevoegde, swart, kommersiële produsente te ontwikkel” wil bereik. Tyd, asook individuele aandag moet ook meer bestee word aan produsente wat alreeds op pad na kommersiële status is. In minder kommersiële areas, fokus ons op studiegroepe, wat die mees koste-effektiewe metode is om groot getalle produsente te bereik. 



Die opleidingsprogram brei steeds uit – met meer kursusse, asook ‘n steeds groter aanvraag na kursusse.



Ons wil weer eens ons opregte dank uitspreek teenoor die Mielie Trust vir hulle volgehoue ondersteuning aan die program – ons doen moeite, en sal volhou om hierdie program so effektief moontlik te bestuur en ondersteuning aan die produsente te gee. Ons waardeer die geleentheid wat aan ons as ‘n ontwikkelingspan verleen is. 

