Year (Maize) 									Afrikaans

		

Graan SA produsenteontwikkeling – die afgelope jaar in oënskou



Instructions: 

Folio strap: Ontwikkelingsprogram vir produsente

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



As personeel van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente, is ons geseën en bevoorreg om deel te wees van dit wat ons glo ‘n verskil sal maak in die proses van landbou-transformasie in Suid-Afrika. Die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente is daartoe verbind om bevoegde, volhoubare, swart kommersiële produsente te ontwikkel. 



Die graanindustrie, veral produsente, staar baie uitdagende tye in die gesig. Daar is kwessies soos grondhervorming, ons moet kompeteer met internasionale graanpryse, ons sukkel met baie hoë pryse wat nie internasionaal kompeterend is nie en ons boer in ‘n droë land, wat ook die effek van aardverwarming ervaar. Ons het nie ‘n tekort aan uitdagings nie – wel aan oplossings! 



Bestuur

Ons moet egter ons seëninge in die program tel – ons het ‘n wonderlike span mense. Ons moet begin met die lede van die Graan SA Uitvoerende Bestuur (Hoofbestuur). Ons voorsitter, mevrou Jenny Mathews, is ‘n baie bekwame, betrokke en ondersteunende persoon. Ons was geseën om mnr Schalk Viljoen van die Wes-Kaap, wat homself beskikbaar gestel het om deel van ons werkgroep te vorm, te hê. Hy was ook vise-voorsitter van die komitee. Ons was bevoorreg om Schalk Viljoen en Andries Theron, beide van die Kaap, op die komitee te hê omdat hulle nuwe insig en perspektief tot produsente-ontwikkeling gebring het. Ons het baie getroue lede op die werkgroep. Mnr Gert Pretorius van Lichtenburg, mnr Moss Malo van Delareyville, mnr Jabulani Zitha van Nigel, mnr SK Makinana van Ugie en mnr Papi Nkosi van Hazyview. 



Ons is baie bly dat mnr Karabo Peele ook hierdie jaar deel van die werkgroep geword het. Hy verteenwoordig die Mielie Trust, ons hooffinansierder. Ons het daarin geslaag om mnr Dirk van Rensburg, ‘n vorige lid van die uitvoerende bestuur, te oorreed om as lid van die werkgroep aan te bly. Dirk is ‘n baie ondersteunende en toegewyde produsent van Arlington en ons waardeer sy bereidheid om ons met die ontwikkelingsprogram te ondersteun.



Met betrekking tot personeel, het ons gegroei tot 17 voltydse personeel, met 13 personeel op kontrakbasis. Die begroting vir die hele program is in die orde van R14 miljoen (die finansiële jare van die verskillende programme verskil van die finansiële jaar van Graan SA, wat die bedrag ‘n geskatte bedrag maak). In Bothaville het ons vir mevrou Jane McPherson (Programbestuurder), dr Willie Kotzé (Spesialis: Opleiding en Ontwikkeling), mnr Danie van den Berg (Spesialis: Velddienste) en mevv Debbie Boshoff en Annemarie de Beer (administratiewe ondersteuning). 



Die streekspersoneel is soos volg: 

Plek
 
Persoon
 
Assistent
 

 
Ladybrand
 
Johan Kriel
 
Dimakatso Nyambose
 

 
Zeerust
 
Tonie Loots
 
Connie Mosikare
 

 
Klerksdorp
 
Amos Njoro
 
Lerato Modise
 

 
Nelspruit
 
Jerry Mthombothi
 
Nonhlanhla Sithole
 

 
Mthatha
 
Lawrence Luthango
 
Nombulelo Makeleni
 

 
Vryheid	
 
Jurie Mentz
 
Sydwell Nkosi
 

 
						

Ons was baie jammer om die afgelope jaar totsiens te sê vir mev Jacinta Motloang van die Ladybrand-kantoor, wat ‘n onderwyspos in Manyatseng aanvaar het en mnr Piet Potgieter wat by VKB aangesluit het om hoof te wees van hulle produsente-ontwikkelingsafdeling. Ons is bevoorreg om nou met Piet Potgieter in sy nuwe posisie saam te werk. Ons sien onsself as deel van die groter ontwikkelingspan in Suid-Afrika en geniet dit om, met mense wat ons visie deel saam te werk. 



Mnr Jan de Villiers van Ficksburg het ingestem om die Winter Graan Trust-projek in die OosVrystaat te bestuur. Jan is ‘n bekende, afgetrede produsent wat ‘n leeftyd se ondervinding in koringboerdery het, met ‘n hart om dit wat hy weet oor te dra om produsente te bemagtig. Mnr Arthur Clayton van Sannieshof is steeds verantwoordelik vir die Sorghum Projek. 



Ander opleiers in die program is soos volg: 

Opleier
 
Plek
 

 
Eduard Foord
 
Ladybrand
 

 
Johan van der Merwe
 
Ladybrand
 

 
Attie Louw
 
Bloemfontein
 

 
Israel Mokoto
 
Wolmaransstad
 

 
Derrick Nqana
 
Nelspruit
 

 
Hendrik van Zyl
 
Cedara
 

 
Peter McGregor
 
Kokstad
 

 
Paul Jordaan
 
Barkley-Wes
 

 
Andre Malan
 
Bloemfontein
 

 
Jan de Villiers
 
Ficksburg
 

 
Arthur Clayton
 
Sannieshof
 

 
Alphons Dube


 
Middelburg, Mpumalanga


 

 
Marius Greyling
 
Potchefstroom 
 

 


Waardering 

Hierdie totale program word deur die Graan Trusts, die Mielie Trust, die Winter Graan Trust, die Olie en Proteïn Sade Ontwikkelingstrust en die Sorghum Trust befonds. Die bydraes van hierdie trusts is so groot! Sonder hulle sou daar baie min in die ontwikkelingsveld van graanprodusente gewees het. Ons wil weer eens ons opregte dank uitspreek vir hulle oorvloedige bydraes – ons verseker hulle van ons toegewydheid tot produsente-ontwikkeling. 





