Year



Die einde van nog ‘n jaar



Instructions:

Folio strap: Spesiale belangstelling

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA ontwikkelingsprogram

Photo: Ontmoet die Graan SA ontwikkelingsprogram span van Bothaville: Van links is dit Jane McPherson (programbestuurder), Willie Kotzé (opleiding en inligtingskoördineerder), Debbie Nel (kantoorassistent), Jenny Mathews (uitvoerende bestuur: Graan SA) en Nico Vermaak (bestuurder: Korporatiewe Dienste, Graan SA). 



Ons het aan die einde gekom van nog ‘n befondsingstydperk en finansiële jaar vir die Graan SA Ontwikkelingsprogram. Al die werk wat hierdie jaar gedoen is, is moontlik gemaak deur ruim befondsing wat aan die program geskenk is vanaf die Mielie Trust. Dit is noodsaaklik dat ons ons dank uitspreek, asook namens alle begunstigdes van hierdie program. 



In die geval van enige ontwikkelingsveld, is die vorderingstyd afhanklik van die individu en in baie gevalle kan dit as stadig waargeneem word. Sommige mense begryp vinnig, terwyl ander langer neem om die veranderinge te maak om van die huidige vlak tot by die verlangde vlak te beweeg. ‘n Eenvoudige skets van die ontwikkelingsprogram word as volg aangedui: 





Huidige vlak 									Verlangde vlak 





In ons program, werk ons hard daaraan om produsente van hul huidige vlakke, wat verskil van produsent tot produsent, tot die verlangde vlak van kommersiële, onafhanklike, volhoubare produsent te neem. Die verskillende projekte binne die program is ontwerp om aan die verskillende behoeftes van die verskillende groepe produsente te voldoen. 



Beweerde probleem tans			Ingryping			Verlangde uitkomste













											

Farmers Days 		























































	

Die program word vanaf Bothaville bestuur. In die organisasiestruktuur van Graan SA, val die program binne die afdeling van Korporatiewe Dienste, wat bestuur word deur mnr Nico Vermaak. Die ander personeel in die program is as volg:



Plek				Persoon 			Doel van die Pos 

Bothaville			Jane McPherson		Programbestuurder

				Debbie Nel			Kantoorassistent 

				Willie Kotzé			Opleiding en inligtingskoördineerder 

Zeerust				Tonie Loots			Provinsiale ontwikkelingskoördineerder 

Nelspruit			Jerry Mthombothi		Provinsiale ontwikkelingskoördineerder 

				Nonhlanhla Sithole		Kantoorassistent

Cathcart			Philipp Olivier			Provinsiale ontwikkelingskoördineerder 

Ladybrand			Johan Kriel			Provinsiale ontwikkelingskoördineerder 

				Jacinta Motloang		Kantoorassistent

Klerksdorp			Amos Njoro			Provinsiale ontwikkelingskoördineerder 

				Lerato Modise			Kantoorassistent



Die afgelope somerseisoen was ‘n ongelooflike moeilike seisoen a.g.v. die hewige droogte wat groot gebiede in die somerreënval area beïnvloed het. Sommige produsente kon glad nie plant nie, sommige het geplant, maar het byna geen opbrengs gehad nie, terwyl baie min gebiede ‘normale’ toestande beleef het. In baie gevalle word finansiering deur produsente gebruik om gewasse aan te plant – dit word geleen van banke of agri-besighede (ou 
Koöperasies). Relatief min produsente neem oesversekering uit, omdat die winsmarge op graanproduksie so laag is, om kostes tot ‘n minimum te beperk. 



In ‘n seisoen soos hierdie is daar ‘n paar produsente wat nie hul produksielenings kan terugbetaal nie en het daarom nie toegang tot verdere krediet vir die aanplant van die volgende oes nie. In die geval van ontwikkelende produsente, waar kapitaalreserwes skaars is, kan ‘n jaar soos die afgelope jaar ‘n ramp wees en verdere ontwikkeling tot kommersialisering verhinder. 



Ons gevorderde program vir produsente is besig om goed te ontwikkel en ons het reeds ons eerste Agri Besigheidskursus vir ‘n selektiewe groep produsente aangebied. Die aanbieding van hierdie kursus, tesame met die implementering van na-kursus werk, word gesien as die laaste stap tot kommersialisering deur ‘n produsent. Hierdie kursus bring al die inligting van die ander kursusse byeen en dien as ‘n fokuspunt vir die produsent op die sleutel prestasie areas wat hom instaat sal stel om te fokus op elke stap in die produksieproses op die regte tyd en volgens die korrekte standaarde. 



Ons opleidingsprogram het tot dusver die besigste jaar agter die rug – meer as 80 kursusse van begin Oktober 2006 tot 30 September 2007. Die ontvangs van die kursusse is egter deurlopend baie goed, die terugvoering vanaf produsente is baie positief en addisionele kursusse is in groot aanvraag. Die kursusse word tussen Februarie en November elke jaar aangebied omdat produsente te besig is gedurende die ander maande om die kursusse by te woon. Gedurende die somermaande, fokus ons op praktiese proewe, studiegroepvergaderings en ondersteuning aan individuele produsente. Ons het weereens goeie terugvoering vanaf voorligtingsbeamptes van die Departement van Landbou gehad en ons sien uit na die komende finansiële tydperk waartydens ons hulle sal kan bystaan met die praktiese kursusse – die toepassing van teorie in die praktyk is ‘n ongelooflike tekortkoming by hierdie beamptes. 



Ons gaan egter voort met uitsendings op die vier radiostasies - Lesedi, Motsweding, Ligwalagwala en Umhlobo Wenene. Dit bly ‘n uitstekende kontakmedium met die produsente, nie net vir tegnologiese oordrag nie, maar ook om produsente in te lig oor program-aktiwiteite. 



Pula-Imvula word voortgesit – dit het een die van die ‘gunsteling’ projekte geword binne die program en ons bly altyd trots op die voltooide tydskrif. Daar is ‘n groot hoeveelheid individue wat bydra tot die proses – personeel binne-in die program, ander personeel binne-in GSA, personeel vanaf die ARC-GCI in Potchefstroom, die vertalers wie altyd onder druk is om die werk te voltooi binne die streng tydraamwerk, die personeel by Infoworks (die redakteurs en uitgewers), die drukkers en massa afleweringsdienste – al hierdie prosesse elke maand! Pula-Imvula word ongelooflik goed ontvang en die hoeveelheid lesers groei elke maand – maandeliks word 16 500 kopieë versprei wat elke maand toeneem. 



Weereens spreek ons ons dank uit teenoor die Mielietrust vir hul volgehoue ondersteuning aan die program. 









