Weeds										Afrikaans



Ons het oorlog verklaar teen ONKRUID



Instructions:

Folio strap: Onkruidbeheer

Byline: Jane McPherson, programbestuurder van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente

Photos:



Die mees skadelike vyand van die produsent wat gewasse kweek, is onkruid en in ons ontwikkelingsprogram het ons besluit dat hierdie die jaar is waarin ons oorlog verklaar teen onkruid.



In baie dele waar somergewasse geproduseer word, was dit ‘n baie goeie produksieseisoen. Ongelukkig is dit waar dat gunstige toestande vir gewasse, ook gunstig is vir onkruid. Daar was gedurende die jaar lande, waar dit moeilik was om die gewas tussen die onkruid te sien. Die verliese wat dit vir die boer meebring, is veelvuldig. Gedurende die afgelope paar jare het gewas boere dit moeilik gevind om wins te toon – ons kan nie bekostig om onnodig enige graan te verloor nie. 



Jy mag wonder waarom dit nodig is om bekommerd te wees oor onkruid in April. Op die oomblik is daar geen rede om onkruide in die huidige oes te beheer nie, omdat hulle alreeds skade aangerig het (behalwe om die ontwikkeling van saad te stop wat in die volgende jaar die land kan besmet). Om egter die vyand effektief te bestry, moet jy kennis dra van die vyand – jy kan nie iets bestry wat jy nie ken nie en nie sal herken nie. Dit is ‘n baie goeie tyd om deur die lande te beweeg en te sien watter onkruide teenwoordig is – die onkruide nou teenwoordig, sal waarskynlik in die volgende jaar ook daar wees (en ook in die jaar daarna as jy nie nou drastiese stappe neem om hulle te beheer nie). 

Identifiseer die onkruid;

Maak ‘n nota van watter onkruide teenwoordig is op watter land;

Vind meer uit oor die onkruide wat jy gesien het. Is die onkruid:

Breëblaar;

Smalblaar (grastipe); en

Hoe vermeerde dit – deur saad, wortels of knolle ens.

Wat is die beste metode om hierdie onkruid in die gewas te bestry (wisselbou, meganiese beheer of plaagbeheer)?

Watter tyd van die jaar is die beste om hierdie onkruide te bestry (dit mag wees gedurende die winter voordat jy die volgende oes aanplant)?

Watter chemikalieë is geregistreer om op hierdie onkruide te gebruik?

Wanneer behoort die chemikalieë in die grond of onkruid aangewend te word? 



Wanneer jy al die inligting het oor die probleemonkruide, sal jy in ‘n goeie posisie wees om hulle in die volgende seisoen te beheer – wees voorbereid sodat jy die geveg kan wen en uiteindelik die oorlog! 

