Weeds



Onkruid – die las van gewasproduksie



Instruksies: 

Folio strap: Onkruidbeheer

Byline: Inligting verkry van Graan SA se handleiding: Gevorderde mielieproduksie en bemarking

Photos: 

Photo 1: Hierdie stuk grond in die Oos-Kaap is nie met enige onkruiddoder bespuit nie – daarom al die onkruid. 

Photo 2: Hierdie stuk grond, ook in die Oos-Kaap, is onmiddellik na planting met onkruiddoder bespuit. 

Photo 3: Sien jy die mielieplant raak? 

Photo 4: Die filter op die sproeier is verstop. 

Photo 5: Die spuite van die sproeier is verstop. 

Photo 6: Verstoppings kan voorkom indien die sproeier nie skoon en in stand gehou word nie. 



Foto’s 1 en 2 is van dieselfde stuk grond in die Oos-Kaap – die een met al die onkruid is nie met enige onkruiddoder bespuit nie, terwyl die ander onmiddellik na planting bespuit is – die verskil is baie duidelik!

 

Wat is onkruid?

Enige plant wat groei waar dit nie veronderstel is om te groei nie kan as ‘onkruid’ beskou word. Onkruid is problematies ten opsigte van graanverbouing omdat dit meeding vir vog en voedingstowwe, dit kan graan laat bederf of verkleur, hul saad mag giftig wees en dit kan peste en siektes huisves wat die beplande oes kan beïnvloed.



Onkruid versprei maklik en groei vinnig. Dit het dikwels baie goed ontwikkelde wortelstelsels en dit is aanpasbaar vir die meeste toestande. Dit is moeilik om te beheer, gehard en kompeteer aggressief met die gewas vir vog en grondvoedingstowwe. Onkruid het verskeie maniere van reproduksie en dit moet in ag geneem word as dit kom by die beheer daarvan. Onkruid kan saad skiet (gewoonlik baie vinnig en teelkragtig), sommige het ondergrondse stamme (risome), sommige het rankende oppervlakwortels (uitlopers), sommige het knolle/knobbels en ander bolle. In sommige gevalle, soos by neutgras, skiet dit saad en het dit knolle en risome wat dit selfs nog moeiliker maak om te beheer. Die saad van onkruid bly dikwels vir ‘n lang tyd lewensvatbaar – dit bly in die grond totdat toestande gunstig raak om te ontkiem. Onkruidsade ontkiem ook nie almal op dieselfde tyd nie – sommige ontkiem dadelik en ander sal op ‘n latere stadium ontkiem. Hierdie ontkieming word dikwels begin as die grond bewerk word.



Die wortels van onkruid penetreer dikwels dieper en meer ekstensief as die wortels van die gewas sodat dit in staat is om makliker te oorleef. Meerjarige onkruid het dikwels groot hoeveelhede kosreserwes in hul ondergrondse dele wat hul weer eens in staat stel om moeilike groeitoestande te oorleef.



Onkruid kan ook hul lewenssiklus in minder as een jaar of een seisoen voltooi (dit word eenjarige onkruid genoem), of dit kan vir langer as ‘n jaar maar minder as twee jaar leef (dit word tweejarige onkruid genoem), of dit kan vir ‘n lang tyd leef en elke jaar reproduseer (dit word meerjarige onkruid genoem).



Waarom is dit belangrik om onkruid by gewasse te beheer?

Onkruid ding mee met die gewas vir grondvog, voedingstowwe, spasie en lig. Hierdie mededinging benadeel die groei van die gewasse en belemmer ontwikkeling wat gevolglik die oesopbrengs verlaag. Die mededinging kan ook die gewassaad bederf (kontamineer), ‘n verlaagde opbrengs tot gevolg hê of ‘n afname in die kwaliteit van die gewas meebring. Die mededinging van onkruid verskil van gewas tot gewas en van onkruid tot onkruid – dit kan die oesopbrengs verlaag met so min as 10% of so veel as 98%.



Onkruid begin om met die gewas mee te ding sodra dit ‘n permanente wortelstelsel ontwikkel het – sodra dit verby die saailingstadium is. Onkruidbeheer moet gemik word om mededinging met die gewasse te verhinder, sowel as om die onkruid te verhoed om saad te skiet en gevolglik in staat te wees om met ‘n ander gewas op ‘n latere stadium mee te ding.



Elke produsent wat ernstig is oor graanproduksie verklaar oorlog teen onkruid. Dit is die nommer een vyand van die produsent. In die algemeen word onkruid meganies beheer of beheer deur die gebruik van onkruiddoders – of ‘n kombinasie van beide metodes. Doeltreffende onkruidbeheer behoort ‘n land waarop slegs die geplante gewasse groei tot gevolg te hê – geen onkruid hoegenaamd nie. Dinge kan egter in realiteit verkeerd gaan as die onkruid nie behoorlik beheer word nie.



Wat veroorsaak swak onkruidbeheer? 

Daar is basies drie redes vir swak onkruidbeheer: die een het te doen met die bewerkingstoerusting, die ander met die sproeitoerusting en die laaste het te make met die weer.



Bewerkingstoerusting

Slegte onkruidbeheer kan die resultaat wees indien:

Die bewerkingsmasjien nie behoorlik gespasieer is om te verseker dat die grond ten volle gedek word tussen die rye gewasse nie (dit mag dalk so verweer wees dat dit nie kan oorvleuel nie). 

Die bewerkingsaksie nie teen die korrekte diepte gedoen word nie – die wortels van die meerjarige onkruid kan in die vogtige grond agterbly wat dit in staat stel om later weer te ontkiem. 

Die bewerkingsaksie nie teen die korrekte spoed plaasvind nie – dit is belangrik dat bewerking relatief vinnig plaasvind sodat die grond net genoeg versteur word.

Die grond te nat is en die onkruid wat ontwortel is, steeds in kontak is met vogtige grond wat dit in staat stel om weer te groei. 



Sproeiertoerusting

Swak onkruidbeheer kan die gevolg wees van:

Die kalibrasie van die sproeier wat nie korrek is nie.

Die tydsberekening van die onkruidbeheer wat nie korrek was nie.

Die onkruiddoder wat gebruik is, was nie geskik vir die tipe onkruid op die land nie. 

Die filter van die sproeier wat verstop is (foto 4). 

Die spuite van die sproeier wat verstop is (foto 5). 

Die foutiewe tipe spuite wat gebruik is (onthou om keëlvormige spuite te gebruik om op plante te spuit en waaierspuite om in die grond in te spuit).

Indien die sproeier nie behoorlik skoongemaak en onderhou is na die vorige seisoen nie, kan verskeie verstoppings voorkom, sowel as wegvreting/korrosie weens die chemikalieë wat in die sproeier agterbly. 



Die weer

Sommige chemikalieë vereis reën nadat dit toegedien is sodat dit effektief kan werk – as daar nie reën is nie, word dit nie geaktiveer nie. 

‘n Baie warm en droë periode kan ook daartoe lei dat die chemikalieë onaktief bly. 

Swaar reën nadat die grond bewerk is kan ook daartoe lei dat die onkruid ‘herplant’ word.

 

Die belangrikheid van onkruidbeheer kan nie genoeg beklemtoon word nie. Sonder doeltreffende onkruidbeheer kan die verwagte oeste nie behaal word nie. Hoewel verskeie redes in hierdie artikel genoem word waarom onkruidbeheer nie doeltreffend is nie, verwys die meeste aspekte na bestuur. Dit is waarskynlik te laat vir hierdie seisoen, maar lesse geleer uit hierdie seisoen mag baie waardevol wees vir die volgende seisoen. Ons moet daarna streef om slegs ‘nuwe’ foute te maak deur te leer uit ons foute en regstellende maatreëls te tref vir die toekoms.

