Weather



Weervooruitsigte vir die 2007/2008 somerproduksieseisoen



Instructions:

Folio strap: Weer

Byline: Corné Louw, landbou ekonoom: Produksie/Insette, Graan SA

Figuur 1 - November

Figuur 2 - Desember

Figuur 3 - Januarie

Figuur 4 - Bothaville

Figuur 5 - Reitz

Figuur 6 – Schweizer-Reneke

Figuur 7 – Bethal

Waarskynlikheid

Maande





Die afgelope seisoen se reënval, veral in die kritiese tydperk vanaf Januarie 2007 tot Maart 2007, was swakker as dieselfde tydperk in 1992, wat self erg onder droogte toestande deurgeloop het. Daar is heelwat gebiede, veral rondom Gauteng en die westelike dele van Mpumalanga, waar die afgelope jaar die laagste reënval sedert 1915 in hierdie periode aangeteken is.



Volgens mnr. Johan van den Berg van ARS is daar baie sterk aanduidings dat ŉ redelike sterk La Nina ontwikkeling besig is om plaas te vind. Daar word verwag dat die La Nina verskynsel ten minste tot in die herfs van 2008 sal voortduur. As gevolg hiervan is die kanse baie goed vir goeie reën in die kritiese produksiemaande vanaf Desember 2007 tot Maart 2008.



In Figure 1 tot 3 word die waarskynlikheid om ten minste normale reënval te ontvang, aangetoon. Geel dui op ŉ normale waarskynlikheid terwyl groen bo-normaal en bruin ŉ ondernormale waarskynlikheid aandui. Die vooruitskouing vir die komende vyf maande dui op ŉ meer normale (geel) tot ŉ bo-normale (groen) waarskynlikheid vir reën. Dit is veral in die midsomer gedeeltes (Desember 2007 en Januarie 2008) waar die kanse vir reën bogemiddeld is.



Figuur 1 – 3	:	Waarskynlikheid (%) vir ten minste normale reënval.

Rooi		:	Minder as 20% kans ten minste normale reënval.

Donkerbruin	:	20% tot 40% kans vir ten minste normale reënval.

Geel		:	40% tot 60% kans (normaal)

Groen		:	60% tot 80% kans (bo-normaal)

Blou		:	Meer as 80% kans (vêr bo normaal).



Vooruitsigte vir individuele lokaliteite



Die waarskynlikheid (%) vir ten minste 20 mm reën per 10-dae periode is vir ŉ paar lokaliteite in Figure 4 tot 7 bereken. Waarskynlikhede gegrond op die langtermyn, (alle jare as gemiddeld) word aangedui as die rooi lyn en waarskynlikhede vir die 2007/2008-produksieseisoen (soortgelyke jare as die 2007/2008-seisoen) in blou.



Blou kolle dui op periodes met goeie of bogemiddelde kanse vir reën. Gegewe die ontwikkeling van ŉ La Nina verskynsel, lyk die kanse vir reën oor die algemeen bogemiddeld vir veral Desember, die eerste deel van Januarie asook die eerste deel van Februarie en Maart.



Die bogenoemde inligting is verkry uit die Mielievisie nommer 75 soos opgestel deur mnr Johan van den Berg van ARS. Die volledige inligting en ook vooruitsigte vir ander individuele lokaliteite kan op Graan SA se webblad (www.graansa.co.za) besigtig word.



