Water (Maize)										Afrikaans

Verstaan die watersiklus



Instructions: 

Folio strap: Waardetoevoeging

Byline: Inligting verkry vanuit die Mielieproduksie onder Besproeiing Handleiding

Photos: Use the water cycle photo

 Use the transpiration photo



Die aarde het ‘n beperkte hoeveelheid water wat sirkuleer. Dit staan bekend as die watersiklus of hidrologiese siklus. 

Die siklus bestaan uit ‘n paar hoofdele, naamlik:

Verdamping en transpirasie;

Kondensasie;

Neerslag; en 

Opdamming. 



Verdamping

Verdamping vind plaas wanneer die son die water in riviere of damme verhit en die water verander in damp of stoom. Hierdie waterdamp verlaat die rivier of dam en verdamp in die lug. 



Transpirasie

Transpirasie is die proses waardeur plante deur hulle blare water verloor. Transpirasie en verdamping is die twee prosesse waarby water na die lug terugkeer. 



Kondensasie

Kondensasie is die proses waar waterdamp in die lug verkoel en verander na ‘n vloeibare vorm wat wolke vorm. 



Neerslag

Neerslag ontstaan wanneer so baie water in die lug gekondenseer het dat die lug dit nie meer kan hou nie. Die wolke word swaar en water val op die aarde in die vorm van reën, hael, ys of sneeu. 



Opdamming

Wanneer water op die aarde val as ‘n neerslag, kan dit óf in oseane, damme of riviere val, óf op land. Wanneer dit op die land val, sal dit intrek in die aarde en deel word van die grondwater wat plante en diere kan gebruik, of dit sal afloop en versamel in strome, damme, riviere en uiteindelik die oseaan – en die proses sal weer begin.



Hoekom benodig plante water?

Water hou die plant regop. Vars plantmateriaal kan uit 90% of meer water bestaan. Meeste van die sap is water en dit hou die plantweefsel regop. Wanneer die plant nie genoeg water het nie, sal dit verwelk en hang. Oormatige waterverlies sal die plant laat vrek.

Water koel die plant deur transpirasie af.

Water is ‘n boumateriaal wat die plant saam met koolstofdioksied gebruik om koolhidrate te vervaardig.

Water is oplosbaar en vervoer opgeloste minerale in die grond deur die wortels na die res van die plant.









